Wie sou kon dink dat ’n mens Suid-Afrika se Veldskoen en Hollywood in dieselfde sin sou kon gebruik! Hollywood aktrise en filantroop Briana Evigan (van “Step up” roem) en Suid-Afrika se eie Veldskoen spog nou al met die tweede vrystelling van die stylvolle stewel wat positiewe voetspore in Suid-Afrika (en wereldwyd!) laat. Lees meer oor die stewel wat ’n verskil maak en hoe Briana Evigan en Veldskoen se paaie en voetspore gekruis het. Deur Justine Kroes
17/05/2024
Veldskoen x MoveMe Stewels
In 2022 is die eerste swart leer “Ranger” stewel deur Veldskoen en Briana Evigan vrygestel, nou twee jaar later word die bruin leer weergawe, die “Traveler” stewel, deel van die Veldskoen x MoveMe skoene reeks.

Aan die onderkant van die “Traveller” stewels, nes met die eerste “Ranger” stewels, is daar positiewe woorde op die sool van die skoene, sodat die skoene fisies ‘n positiewe spoor en boodskap agterlaat waarookal jy sou loop. Die woorde “kind” en “happy” is aan die onderkant van die bruin “Traveler” stewel en die woorde “Love” en “Trust” aan die onderkant van die swart “Ranger” stewel.
Die Veldskoen MoveMe Traveller stewel is te koop op www.veldskoen.com teen R1 999. Klik hier.
Stewels laat positiewe spore

Toe Briana Evigan en Nick Dreyer, CEO van Veldskoen vroeg in 2021 deur ’n gemeenskaplike vriend aan mekaar voorgestel is, was dit duidelik dat Briana ’n verskil wou maak, en ook natuurlik dat sy versot is op stewels. ‘Ons het toe saam beplan en sy het die eerste stewel van die Veldskoen x MoveMe reeks ontwerp – die res soos hulle sê “is history!”. Die idee van die woorde aan die onderkant van die sool was Briana s’n, die woorde is uiters belangrik vir haar.’

50% van die netto wins van die verkoop van elke paar Veldskoen x MoveMe stewels word aan plaaslike gemeenskappe in Suid Afrika geskenk. Hierdie donasie word gebruik vir die verbetering van water, kos en energie in minder bevoorregte areas.
Briana en venoot Stuart Newton se nie-winsgewende organisasie MoveMe is gestig om ’n skeiding te oorbrug wat aan beide mense en diere skade veroorsaak, om aksie en verskil aan te moedig op ’n plaaslike vlak, maar ook op ’n globale vlak, is Briana se missie. Die Abundant Village in Mpumalanga is die eerste projek van die MoveMe beweging en dit is presies waarheen daardie 50% van verkope van die stewels sal gaan.
Briana deel meer met Stylvol:
Stylvol: Wat is jou gunsteling deel van die traveler boot?
Briana: “Ek is ’n groot aanhanger van reis. Ek glo “reis” is tot vandag toe die heel beste klaskamer waarin ek al gesit het. Reis verander keer op keer my lewe. My reise het vir my al so baie geleer, en ek hoop dit doen vir ander ook. Om uit te gaan, die wêreld te sien en in ander se voetspore te volg, maar ook om te leer hoe jou eie voetspore ander kan lei”.
En natuurlik is ek net ’n reuse aanhanger van ’n goeie bruin stewel!
Die traveler stewels is so veelsydig ek dra dit by byna enige uitrusting van ‘n styfpassende swart rokkie, by my gemakdrag of ’n lospassende “baggy” broek.



Stylvol: As jy vir Suid-Afrikaners een boodskap kon gee, wat sou dit wees?
Briana: “Neem inisiatief, volg jou drome, die res sal in plek val. As jy glo, moet nooit moed verloor nie en moet nie dat iemand in die pad van jou drome staan nie. “Visions are real, they are to be followed.”
Meer oor MoveMe en Abundant Village
Briana en die MoveMe beweging se heel eerste projek in Suid-Afrika is in Bushbuck Ridge, Mpumalanga. Die projek het die afgelope drie jaar grootliks gegroei en ’n reuse impak gemaak deur die verbetering van ’n skool, die verskaffing van mediese voorraad vir ’n plaaslike kliniek en werkskepping vir vroue in hierdie gemeenskap.
Met ’n onlangse besoek en impakstudie word daar beoog om verbeteringe aan ’n skool se sportgronde te maak. Daar word ook beplan om ’n eko-vriendelike kombuis te bou wat aan kinders van die gemeenskap maaltye gaan verskaf. Die doelwit is om hul hulpbronne uit te brei sodat die kombuis meer as een maaltyd per dag aan byna 150 kinders kan verskaf.
Loer hier om meer te leer oor MoveMe en Abundant Village en die film wat vrysgetel is: