Druk en rol, hidreer en geur met Nuxe Huile Prodigieuse® Florale Roll-on

As jy gereeld Stylvol lees weet jy teen die tyd al dat ons reuse aanhangers van Nuxe se ikoniese Huile Prodigieuse® is. Soveel so dat ons vriendinne ook nou al mal is hieroor en dit al ’n staatmaker deel van enige groepgeskenk geword het. En die nuwe aanrol weergawes van Huile Prodigieuse® Florale en Huile Prodigieuse® Or Florale voel behoorlik asof jy ’n tikkie glansende Lente aanrol. Deur Suzanne Kotzé.

35 jaar van die ikoniese Huile Prodigieuse®

Huile Prodigieuse® was in 1991 die eerste keer in Franse apteke te koop en het sedertdien ’n internasionale ikoon geword. Die oorspronklike veeldoelige olie bevat ’n unieke kombinasie van sewe botaniese olies wat jou vel, hare en naelvliesies maklik bevogtig sonder dat dit swaar of taai voel.

Die feit dat daar vandag wêreldwyd glo een bottel elke ses sekondes verkoop, is ’n bewys van hoe geliefd dié is.

Ons sê dit weer, hierdie is dikwels die enigste rede waarom ons ons lyf behóórlik bevogtig. Wanneer’n lyfolie só maklik is om aan te wend en só sensories is, ryk (en ruik) ons keer op keer daarna.

En nou, net betyds vir lente, is goedvoel lekkerruik glans nou makliker as ooit om te gebruik.

Huile Prodigieuse® Florale en Huile Prodigieuse® Or Florale Roll On

Nuxe het pas die geliefde Huile Prodigieuse® Florale en Huile Prodigieuse® Or Florale in ’n handige, speelse aanrol weergawe bekendgestel. Dit volg ’n jaar ná die oorspronklike Huile Prodigieuse® Roll-on, wat verlede jaar bekendgestel is.

Huile Prodigieuse® Florale (R785 vir 60ml, beskikbaar by Orleans Cosmetics), en Huile Prodigieuse® Or Florale Roll On (R835 vir 60ml, Orleans Cosmetics) Dit is by verskeie ander winkels soos Woolworths en Bash ook beskikbaar.

’n Lentegeur waarvan ons hou

As jy reeds mal is oor Huile Prodigieuse®, gaan die Florale-weergawes jou waarskynlik gelukkig maak. Dit kombineer dieselfde bekende, veelsydige olie-ervaring met ’n vars blommegeur wat perfek voel vir die lente en die somer.

Die Huile Prodigieuse® Florale gee die vel ’n pragtige satynagtige glans, terwyl die Huile Prodigieuse® Or Florale dit ’n stap verder neem met klein, glansende pienk pêreldeeltjies wat ekstra glans en skitter gee.

Die aanrol maak dit nóg makliker om te gebruik

Die nuwe roll-on is meer as net ’n ander manier om olie aan te wend. Die roller gly maklik oor die kontoere van jou lyf en versprei die perfekte hoeveelheid olie waar jy dit nodig het. Dit maak die hele ritueel vinnig, presies en nog belangriker, baie lekker.

En dis waaroor ons veral mal is. Met die lente in die lug het ons soveel pret om die Florale-olies aan te wend. ’n Bietjie op die bene, arms en décolleté; ’n vinnige aanrol voor jy aantrek; of ’n ekstra tikkie glans wanneer jy saans uitgaan.

Die olie het steeds die kenmerkende droë afwerking waarvoor Huile Prodigieuse® bekend is, so jou vel voel gevoed en sag sonder om vetterig te wees.

Van lyf tot hare en selfs jou wangbene

Een van die redes waarom Huile Prodigieuse® so ’n kultusproduk geword het, is sy veelsydigheid. Die olie kan van kop tot tone gebruik word.

Op jou lyf 

Rol dit oor jou bors, arms en bene en fokus veral op droë areas. Vir ekstra glans kan jy die Or Florale liggies op jou skouers en décolleté dep.

Op jou gesig

Rol ’n klein hoeveelheid in jou handpalm, masseer dit liggies tussen jou hande en werk dit in jou vel in. Of gebruik die roller direk op jou gesig met sagte, sirkelbewegings. Met die Or Florale kan jy selfs ’n bietjie op die bokant van jou wangbene of in die middel van jou voorkop aanbring vir ’n subtiele highlighter-effek.

In jou hare

Rol ’n klein hoeveelheid in jou hande, vryf dit liggies saam en vee dit deur die lengtes en punte. Dit werk wonderlik om wegvlieghaartjies te tem. Die Or-weergawe gee boonop ’n ekstra tikkie glinster aan jou hare. Nuxe se produkte is veganisties en die olies bevat 96% natuurlike bestanddele

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Koester jou droë wintervel met hierdie 5 stappe
error: Content is protected !!