chemiese afskilfering
chemiese afskilfering

’n Ontspannende chemiese afskilferings-gesigbehandeling

Mens sou nie sommer ’n chemiese afskilferings-gesigbehandeling kan ontspannend wees nie. As dit by gesigbehandelings kom voel dit gewoonlik asof jy moet kies tussen ontspanning of ’n behandeling wat hard werk, maar Optiphi se chemiese afskilferings-gesigbehandelings is beide. Deur Suzanne Kotzé

Ek en Justine is altwee bederf met ’n Optiphi Skin Rejuvenation Peel (R700, vir ’n 60minute behandeling) by die Lifeday Spa, Waterfront, Kaapstad. 

Meer oor die chemiese afskilferings-gesigbehandeling

Maar eers wat is chemiese afskilfering?

Dit klink erger as wat dit is. ’n Produk met ’n chemiese basis (soos glikolsuur in ons behandeling) word op jou vel aangewend en maak dooie velselle los en vreet lagies beskadigde vel af.

Dit is ’n medies beheerde brandwond.

Jy het nou waarskynlik allerhande drogbeelde in jou kop. Ontspan! Alhoewel dokters dieper gesigafskilferings doen, is die tipe behandeling wat ons gedoen het so lig, dat ons skaars rooi was na die tyd.

Tydens die Optiphi Skin Rejuvenation Peel is glikolsuur saam met intensiewe hidrerende produkte gebruik wat verhoed dat daar enige sigbare afskilfering of vel-sensitiwiteit is na die behandeling. Glikolsuur is afskomstig van suikkerriet en is deel van die alfahidroksiesure (of AHA’s) familie. Hierdie tipe suur sklifer die boonste lagie van die vel af, wat velhernuwing aanmoedig.

Namate ons ouer word, neem die tempo van ons selfhernuwing af. 

Wat kan jy verwag tydens die chemiese afskilferingsbehandeling?

Die behandeling word spesifiek vir jou vel aangepas na ’n vel-analise. Volgense Justine se terapeut was pigmentasie, dehidrasie en onderliggende puisies haar grootste velprobleme. Myne was dehidrasie en pigmentasie. 

Jou vel word eers deeglik gereining. Daarna word die chemiese afskilfering (25-35% afhangend van hoe gewoond jou vel aan die tipe produkte is) aangewend. 

Justine sê: “Ek voel so hier en daar ’n prikkel (meer van ’n jeukgevoel). Terwyl die aktiewe bestanddele werk, word my voete lieflik gemasseer en ek raak byna aan die slaap.”

Justine het byna aan die slaap geraak, maar ek het regtig aan die slaap geraak tydens die voet-massering.

Ek was al baie vir gesigafskilferings en gewoonlik is dit ’n vinnige in-en-uit behandeling, wat goed werk, maar allermins ontspannend is. 

Hierdie Optiphi behandeling met die voetmasserings in die lieflike omgewing was egter so ’n bederf. Soos Justine het ek ’n effense jeukerige gevoel tydens die behandelings agtergekom, maar dit het my nie gekeer om aan die slaap te raak nie. 

Nadat die suurbehandeling verwyder is, is ’n super-hidrerende masker aan albei van ons se velle gesmeer. Hierna is ’n masker aangewend om nog meer te bevogtig, gevolg deur ’n getinte sonskerm om ligte rooiheid te verdoesel. 

Toe ons mekaar sien na ons behandeling was ons behoorlik glansend van geluk. Ons albei se velle het sagter, gladder en beslis meer bevogtig gevoel na die tyd. 

Jy kan ook jou eie Optiphi gesigbehandeling tuis doen. Nou nie ‘n chemiese afskilfering nie, maar een waar jy kies watter gesigbehandeling jy wil doen, die produkte word by jou afgelewer en jy maak ‘n afspraak met ‘n terapeut wat aanlyn is (Zoom) en jou help om jou vel-analise en gesigbehandeling te doen. Sy is die heeltyd ‘by jou’ en vertel jou wat om te doen.

 Optiphi Professional At Home Introductory Treatment Kit vir alle veltipes (R350).

Optiphi Intermediate Professional Treatment Kit vir sensitiewe, probleem velle of velle wat met pigmentasie sukkel (R450)

Optiphi Advanced Professional Treatment Kit vir veroudering, glans of velle wat met pigmentasie sukkel (R550)

Lees ook: Stylvol toets mikronaaldterapie

en Stylvol toets die dermaplaning behandeling

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
STRL?
STRL? Skoon. Sonder [Wreedheid]. Straal(end).
error: Content is protected !!