Foto: Ilundi

Ons gunsteling slingersakke

Ons het al ’n ruk gelede ons oorgroot Mary Poppins handsakke weggebêre. Julle weet, daardie handsakke – waarin jy wel alles kon inpas maar nooit iets kon vind nie! Ons vervang dit deesdae met petite slingersakke (crossbody bags), of dink aan die destydse moonbags wat jy oorkruis oor jou lyf kan dra. Dit lyk sjiek en mooi afgerond, boonop kan jy ten minste nou alles in jou handsak bykom. Deur Justine Kroes

15/07/2022

5 Redes hoekom slingersakke ons gunsteling is:

  1. Dit is vleiend, dit skep ’n diagonale lyn oor jou bolyf en vir die meeste liggaamsvorme is dit verslankend.
  2. Dit gee vorm en struktuur aan ’n uitrusting. Veral as jy oorgroot en lospassende rokke of kledingstukke dra werk dit soos ’n gordel, maar beter.
  3. Jy kan als sien en maklik bykom by dit wat jy nodig het. Geen lekkers van 2012 wat nog onder in jou handsak rondbons nie.
  4. Jy laat nie sommer weer jou handsak agter nie – op die toonbank as jy betaal of in die winkel-trollie nie. Jou sak is veilig oor jou bolyf gekruis.
  5. Dit lyk sommer net sjiek, afgerond en cool.
Swart Moonbag ( Nina Skep Take me to the Moon Bag R2500); Pienk en room slingersak (Country Road Branded Camera Bag R699)

Slingersakke vir enige vrou

Ons het albei klein slingersakke vir elke dag se gebruik – daardie sak wat jy gryp want jy weet (selfs al is dit bont van kleur en patroon) dit pas byna by enige uitrusting. Country Road se nuwe ontwerpe wat jy gemaklik oor jou lyf kan gooi is is van ons gunstelinge.

Country Road Slingersakke;

Country Road Branded Camera Bag (R699)
Country Road Recycled Polyester Crossbody Bag (R699)

Stonecamp Bling Updated Pouch

Hierdie is een van ons gunsteling slingersakke. Ons mede blinkerliefhebbers sal verstaan – ’n tikkie “bling” maak enige uitrusting beter. Daar is beslis ’n sakkie vir elke persoonlikheid; beskikbaar in 5 verskillende blinkerskakerings – gold bling, black bling, pink bling, white bling, en gold bling.

Die veelsydigheid van die sakkies is wonderlik, dit skep daardie “wow” effek by jou T-hemp, denim en tekkie uitrusting. Knip eenvoudig die slinger/bandjie gedeelte los, en siedaar, jy’t ’n palmtas vir jou aand-uit voorkoms!

Stonecamp Bling Updated Pouch (R890)
Stonecamp Bling Updated Pouch (R890)

Willow Tree Designs

Ons hou ook baie van die bont ontwerpe van Willow Tree Designs en die feit dat jy die bandjie kan ruil om ’n totale ander handsak voorkoms te skep.

Willow Tree Designs Tangerine Leather Bag abstract strap (R1599)
Willow Tree Designs Blue Bag Strap (R360)
Willow Tree Designs Camel Leather Bag, metallic strap (R1599)

Moon bags

Hoort lankal nie net meer in jou Pa se 90’s klerekas nie. Hierdie ontwerp is al ’n geruime tyd groot nuus en ons kan nie sommer genoeg daarvaan kry nie.

Suzanne sê:

Hierdie sakkie is my elkedag-dra-sakkie. Dit is ook ’n wenner as dit by reis kom. Groot genoeg vir jou paspoort, sonbril, beursie, handeroom en lipsalf. Dit gee boonop ook vorm aan los rokke of bostukke. Ek dra graag die sakkie gekruis oor my lyf, maar jy kan dit ook op die ‘gordel’ manier dra, in ware ‘moonbag’ styl.

Nina Skep Take me to the Moon Bag (R2500)
Nina Skep Take me to the Moon Bag (R2500)

Justine sê:

Ek het eeue geled vir my ‘n (sommer ‘n sakpas) swart moon bag aangeskaf en dit is die beste sakkie, veral op dae wat ons groot shoots stileer. Dan dra ek al my shoot toerusting soos klampe, kleefband en haakspelde saam my rond – ek hoef dan nie heen en weer te skarrel nie!

Dit voel ook so gemaklik aan – ek het al party aande by die huis ingestap en eers ’n uur later besef ek dra steeds my moonbag gekruis oor my lyf.

Hier is ‘n paar moon bag gunstelinge:

Willow Tree Designs Yellow Lunar Bag with Decor Strap (R1399)
Ilundi Mini Lunar Onyx (R899)
Zana Check Yellow Moon bag (R350)
Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
verligting-vir-droë-velletjies
Verligting vir kinders se droë velletjies
error: Content is protected !!