rpt

Stylvol toets: Mikronaaldterapie

Ek het onlangs die BioMedical Emporium se Gold Standard Microneedling behandeling gaan toets en die mikronaaldterapie se resultate op die vel is besonders. Hierdie estetiese behandeling word beskryf as ’n kollageen induksie (collagen induction)-behandeling. Mikro-beserings word met behulp van fyn-fyn naaldjies (mikronaalde) op die vel gemaak deur middel van ’n dermapenstelsel, waarna hierdie beserings natuurlik herstel en nuwe kollageen gevorm word wat die vel jonger en meer helder laat voorkom. Deur Justine Kroes

Kyk na die video hier:

Wat is mikronaaldterapie?

  • Mikronaaldterapie maak gebruik van ’n toestel wat amper soos ’n pen lyk.
  • Die kop bevat ’n paar uiters fyn naalde wat dan teen ’n sekere spoed oor die vel beweeg en klein gaatjies in jou veloppervlak maak.
  • Hierdie mikrobeserings veroorsaak dan dat die vel homself herstel en nuwe kollageen word dan gevorm wat die vel gladder en jonger laat voorkom.
  • Die diepte van die mikrobeserings word bepaal deur die diepte van die naald wat gebruik word. ’n Estetiese velkundige kan 0,5mm gebruik en ‘n estetiese dokter tot 2,5mm diep.
  • Met die BioMedical Emporium se Gold Standard Microneedling word ’n serumkombinasie van retinol en hialuroonsuur boonop deur middel van die mikronaald dieper in die vel ingepons.

Vir wie is mikronaaldterapie bedoel?

Vir enige iemand wat sukkel met pigmentasie en vergrote porieë (ek sukkel hiermee) maar hierdie terapie word ook gebruik vir die behandeling van aknee, teenveroudering en die vermindering van die voorkoms van velletsels.

Hoe werk dit?

Stap 1: Reiniging

Reiniging is belangrik in enige estetiese behandeling van die vel om seker te maak die vel se oppervlak is silwerskoon.

Die BioMedical Emporium se jel-gesigreiniger wat hiervoor gebruik word, bevat salisielsuur (salicylic acid) wat die pH van die vel normaliseer en veral ook ’n anti-inflammatoriese uitwerking op die vel het.

Stap 2: Anti-oksidantserum

BioMedical Emporium se Conditioning Serum word dan aangewend. Hierdie anti-oksidantserum berei die vel voor vir die chemiese afskilfering wat volg. Dit onderdruk ook die inflammasiemerkers in die vel sodat die vel vinniger kan herstel.

Stap 3: Glikolsuur-afskilfering

Glikolsuur-afskilfering is ’n tegniek wat deur middel van ’n 25%-glikolsuuroplossing  aan die veloppervlak aangewend word. Enige dooie velletjies word hierdeur verwyder.

Hierdie afskilferingsproses verseker dat die mikronaaldterapie meer effektief sal werk. Dit help ook dat die serums ook sodoende dieper die vel kan binnedring.

Stap 4: Aanwending van retinolserum

Die Gold Standard-kombinasieserum van retinol en hialuroonsuur word op die vel gespuit deur middel van ’n naald om seker te maak ’n eweredige hoeveelheid word regoor die vel versprei.

Stap 5: Mikronaaldterapie

Die mikronaald word nou gebruik om die hierdie goue standaard-serum na die dieper lae van die vel te versprei.  

Die serum, in kombinasie met die mikrobeserings wat deur die mikronaald veroorsaak word, stuur dan teenliggame na die boonste gedeelte van die vel om sodoende die vel te herstel sodat nuwe kollageen dan gevorm word.

Stap 6: Wond-behandeling

Vir die finale stap word BioMedical Emporium se bekroonde Wound Occlusive-room aangewend – hierdie room help met die heling van die mikro-wondjies op die vel.

Dit bestaan uit ’n effens taaier emulsie wat die vel seël om seker te maak dat geen vuiligheid die vel binnedring nie, en dat die heling van die vel in ’n steriele omgewing plaasvind. Nadat die Wound Occlusive aangewend is, het die sigbare rooiheid van my vel sommer onmiddellik verminder.

Was die mikronaaldterapie seer?

  • Nee, glad nie, ek het al van te vore ’n Dermapen-behandeling laat doen waar ’n verdowings- room voor die tyd aangewend is, maar die BioMedical Emporium mikronaaldterapie was pynloos en heeltemal hanteerbaar, die naald was ook net 0.5mm diep.
  • Dit was effens gevoelig hoe nader die mikronaalde aan die been beweeg, byvoorbeeld op die neus en voorkop area.

Na-sorg vir die vel

Dit is belangrik om die sperfunskie van die vel gesond te hou (die laag wat vog binnehou). Daarom word ’n toetsgrootte buisie van BioMedical Emporium se Peptide Therapy room saamgegee vir tuissorg. Sodra my vel plek-plek effens droog begin voel het, het ek hierdie room blitsvinnig aangewend en enige droogheid was dadelik iets van die verlede.

Hoe het my vel na die mikronaaldterapie gelyk?

  • My vel het effens rooi en geswel gelyk direk na die behandeling, maar reeds ’n uur later was daar minimale rooiheid en geen swelling nie.
  • Vir die eerste dag mag jy glad nie grimering dra nie. Ek het ’n sensitiewe vel en was bekommerd dat my vel ’n geruime tydjie sal neem om te herstel. My vel het wel twee dae later effens begin afskilfer; nie oor groot gedeeltes nie, dit het eerder gelyk na fyn krummels wat afskilfer. Glad nie ongemaklik droog, styf of trekkerig nie.
  • Na vyf dae was my vel glansend verby! Hierdie vel het lanklaas so sag gevoel, my vergrote porieë op my wange lyk werklik vir my minder sigbaar en die lekkerste is dat my gesigroom en grimering so maklik en foutloos aanwend.
Stylvol toets mikronaald-terapie
Effens geswel en rooi direk na behandeling
Stylvol toets mikronaald-terapie
Uur na behandeling, geen swelling, amper geen rooiheid.

Kontak BioMedical Emporium om jou afspraak te maak.

Lees meer oor: Hidrerende gesigmaskers wat werk

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Avène, Frankryk besoek, hoogtepunte en wat ek geleer het
error: Content is protected !!