Maklike hoendergyro resep

Hierdie maklike hoendergyro het ’n staatmaker in ons huise geword. Van ’n vinnige aandete tot vir kosblikke met die oorskiet. Boonop kan jy dit sommer in jou lugbraaier gaarmaak! Deur Suzanne Kotzé. Foto’s Tegan Smith

Ons het hierdie hoendergyro en groosterde aartappels in ’n Instant Vortex VersaZone with ClearCook lugbraaier gaargemaak.

Bestanddele vir hoendergyro

  • 3-4 hoenderborsies (afhangend van grootte)
  • Olyfolie (Willowcreek se aanspuit olyfolie werk wonderlik as jy ’n lugbraaier gebruik.
  • 500g baba-aartappeltjies
  • Slaaiblare (ons verkies ’n mengsel van roket en botterblare)
  • Babatamaties om te rooster
  • Sprietuie
  • Onpitte olywe
  • Tzatziki-sous
  • 250ml Griekse joghurt
  • Komkommer
  • Vars kruisementblare opgekap
  • Knoffel
  • Suurlemoen
  • 4 platbrode of pitas (Ons koop graag platbrode by ’n Libanese bakery in Claremont, Kaapstad, hiervoor)

Gyro speserymengsel

  • 1 Eetlepel gedroogde oreganum
  • 1 Eetlepel paprika (ons verkies die gerookte paprika)
  • ¾ teelepel komyn
  • ¾ teelepel knoffelpoeier
  • ½ teelepel uiepoeier
  • 1 ½ teelepel sout
  • ¾ teelepel peper

Maak dit so

Hoender

  • Spuit of vryf hoenderborsies liggies met olyfolie
  • Meng die gyro-speserymengsel en vryf dit oor die hoenderborsies
  • Bak teen 180°C vir 20 minute

Aartappels

  • Sny die aartappeltjies in die helfte en spuit of bedruip liggies met olyfolie
  • Vryf die gyro-mengsel oor
  • Bak teen 200 °C vir 20 minute

Ons het alles saam gebak in die verdeelbare laai van die Instant Vortex VersaZone with ClearCook-lugbraaier. Die verskillende kante van die laai kan teen verskillende grade bak.

Tzatziki

Rasper min of meer 2 koppies komkommer (net so met die skil aan), gooi bietjie sout oor en plaas dit in ’n sif sodat oortollige vog kan uitdrup.

Kap kruisementblare fyn en roer dit, die knoffel en so min of meer 1 eetlepel suurlemoensap by die joghurt in. Roer die komkommer by en hou eenkant.

Bou jou gyro

Die lekkerste ding van gyro’s bou, is dat jou gesinslede elkeen self kan bysit wat hulle wil hê.

Pak jou platbrood uit en begin jou bestanddele in die middel uitpak. Begin met die blare, gevolg deur die hoenderborsies (in repe gesny).
Plaas die tzatziki bo-op die hoender en druk die geroosterde tamatie plat daarop, sodat dit tamatiesap oor die joghurt loop.
Sit ontpitte olywe en fyngesnyde sprietuie bo-op.
Vou jou platbrood toe en smul!

Ons bedien die geroosterde aartappels as ’n bygereg, maar sommige mense verkies om dit ook in die gyro te sit.

NS Jy kan hierdie ook in pita’s sit as jy dit verkies.

Lees meer oor die Instant Vortex met ClearCook hier
Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Maak jy een van hierdie 5 tandeborselfoute en wat is ’n watervlosser?
error: Content is protected !!