Instant Vortex VersaZone with ClearCook
Instant Vortex VersaZone with ClearCook

Hoera vir ’n veelsydige dubbelgrootte lugbraaier met ’n glasvenster!

Hierdie dubbelgrootte Instant Vortex VersaZone met ClearCook-lugbraaier is net die heel beste! Nie alleen het dit ’n glasvenster nie, maar die reuse laai verdeel in twee en kan selfs op verskillende temperature en op verskillende funksies gestel word. Deur Suzanne Kotzé, foto’s Tegan Smith

promosie

Die deurkykvenstertjie van die Instant Vortex VersaZone met ClearCook-lugbraaier

Ons het verlief geraak op die gerief van hierdie oulike venstertjie toe ons die Instant Vortex ClearCook lugbraaier vroeër die jaar getoets het. En nou het die groot VersaZone dit ook! Gewoonlik maak jy vinnig die lugbraaierlaai oop om te kyk of die kos al reg is (en dan ontsnap so baie hitte). Met die venster skakel jy bloot die liggie aan, en jy kan presies sien hoe vêr jou kos al is. Dit is ook so bevredigend om te sien hoe jou kos verbruin.

Die reuse-laai van die Instant Vortex VersaZone met ClearCook-lugbraaier

Die groot laai is groot genoeg om tot twee heel hoenders of 3 kilogram wors in gaar te maak.

Dit het die grootste enkele laai van alle lugbraaiers in Suid-Afrika. (8,5 liter en 240 mm x 320 mm).

Die laai verdeel

Die laai verdeel maklik. Jy haal bloot die afskorting in die middel uit, en jy het twee kante waarin jy twee verskillende geregte kan gaarmaak. Dit is ideaal om byvoorbeeld hoender of vleis aan die een kant gaar te maak en aartappels of skyfies aan die ander kant.

Die laai se twee kante kan op verskillende temperature gestel word!

Ja, jy het reg gelees. Aan die een kant kan jy byvoorbeeld aartappelskyfies teen 200 °C en aan die ander kant jou hoender teen 180°C gaarmaak.

Die laaie se kooktyd kan verskil en gelyk klaarmaak

Danksy die SyncFinish™ funksie, kan jy die kos tegelykertyd insit en as dit een kant korter as die ander kant moet kook, begin dit bloot later, sodat die twee kant op dieselfde tyd gaar is. Nou hoef jy nie meer byvoorbeeld jou groente later in te sit of vroeër uit te haal nie.

Jy kan slegs een kant gebruik, as jy min kos het

Jy hoef nie die hele laai te gebruik as jy minder kos het om gaar te maak nie. Jy kan dit stel sodat jy net die een kant gebruik. So spaar jy elektrisiteit.

Die vlekvryestaal afwerking

Met die vlekvryestaal afwerking voel dit soos iets wat tuishoort in ’n wafferse sjef se kombuis.

Wye verskeidenheid funksies

Die funksies sluit in lugbraai, rooster, bak, opwarm en dehidreer.

Koop dit hier

Die Instant Vortex VersaZone met ClearCook (R4 999) is beskikbaar by @home winkels, Bash en Yuppiechef

Kry ons maklike hoendergyro resep hier
Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Christi Panagio
Christi Panagio: 7 vrouwees-waardes wat ek vir my dogters wil leer.
error: Content is protected !!