Gebruik hierdie lente-skoonheidswenke om uit jouself uit jou bleek winterkokon te wikkel en die lente met lewenslus te omhels. Deur Suzanne Kotzé
15/09/2023
Ons weet elders in die land skyn die son reeds lankal, maar Kapenaars is nog besig om uit ’n lang bleekbene-winter te ontwaak. Ons is reg vir sonskyn en vitamien D, maar baie van ons sukkel nog met die gedagte aan benewys en energiek te lyk.
Lente-skoonheidswenke en staatmakerprodukte
1. Kies helder lippe en lyk jeugdiger (en meer energiek).
Coco Chanel het nie verniet gesê: “If you are sad, add more lipstick and attack” nie.
In ’n wetenskaplike studie is dit bewys dat helder lipstiffie jou jonger kan laat lyk. Volgens die studie is daar al hoe minder kontras tussen verskillende dele van ons gesigte soos ons ouer word. Die kleur van jou wenkbroue en lippe, word al hoe valer soos ons ouer word, terwyl ons velle weer donkerder lyk. Deur ’n helder lipstiffie aan te smeer, skep jy weer kontras en lyk dan ook as ’n gevolg jeugdiger.
2. Verf dopamiene naelverf aan jou vingerpunte
As jy kleursku is, bly goedvoel helderkleurige naels ’n maklike manier om bietjie kleur aan jou voorkoms te gee. Na die dopamien kleur-ontploffing (veral op sosiale media) in mode, dekor en ook grimering, weet ons dat helder kleure jou glo ook beter kan laat voel. Volgens sielkundige dr. Hannelie van Zyl-Edeling, is daar algemene kleur-assosiasies wat in ons kultuur gemaak word.
Van hierdie kleur-assosiasies kan jy gerus op jou naels gebruik.
- Rooi: energie en selfvertroue
- Geel: geluk, lewenslus en optimisme,
- Pienk: kalm, soet, liefde en romanse
- Groen: hernuwing en vreedsaamheid
- Oranje: energie, ambisie, aktiwiteit, sosialisering, bevryding
Lees ook: Kleurterapie; neem so beheer met kleur
3. Voel vroliker met ’n goedvoel geur
Sitrusgeure (soos lemoen, suurlemoen, bergamot en neroli) is gewilde note in parfuum, juis omdat dit ’n opbeurende effek het. Dit word veral as ’n topnoot (die geure wat jy eerste ruik) gebruik, omdat dit oombliklik daardie vars, vrolike gevoel aanwakker. Vrugtige, blommegeure is ook gewild vir lente en somer.
Energiek en kalm met Nuxe Prodgieux ® Neroli le Parfum
Die geur het aromatiese vars note van Bergamot, Verbena en Petitgrain (die essensiële olie afkomstig van die groen blare en stingels van die bitterlemoenblom). Laventin en lemoenbloeisels skep ’n kalmerende geur terwyl die basisnoot muskus is.
Vreugdevol en romanties met Kate Spade Chérie Eau de Parfum
Chérie, wat liefling of liefste in Frans beteken, wil die vreugdevolle energie van New en die romanse van Parys vasvang met die vrugtige, blommegeur van Chérie.
4. Raak onstlae van dowwe, dooie velle af
Jy het heel waarskynlik die ‘afskilferingstap’ afgeskeep gedurende jou wintervelsorgroetine. Dooie velselle wat as ’n gevolg ophoop, veroorsaak dat ons velle dof en moeg lyk. En as jy steeds nie baie lus voel vir afskilferaar wat met water (brrr) afgespoel moet word nie, probeer gerus hierdie wonderlike afskilferaars wat vrugtesure bevat. Hierdie tipe afskilferaars is juis ook beter vir mense met sensitiewe velle as tradisionele korreltjierige afskilferaars (wat mikroskopiese klein snytjies in jou epidermis kan verooosaak as die korreltjies te groot en grof is).
Neostrata Restore PHA Renewal Pads
Ek is mal oor hierdie lappies (wat soos dun ronde watte-sirkels lyk en werk) wat deurweek is met poli-hidroksie suur. Dit irriteer glad nie my sensitiewe vel nie en dit is so maklik om te gebruik! Wenk: maak seker jy draai die doppie van die houertjie styf toe, anders droog die lappies uit. Maak seker jy neem net een doekie op ’n slag, en as jy klaar is met jou gesig, smeer sommer die agterkant van jou hande ook.
Gatineau Exfoliating PHA + BHA Glow Tonique
Madame Gatineau het reeds in die 1950’s die wêreld se heel eerste korreltjie-vrye gesigafskilferaar (die bekende Radiance Enhancing Gommage) bekendgestel. Dis beslis rede genoeg om op Gatineau staat te maak as dit by korreltjievrye afskilferaars kom. Die Exfoliating PHA + BHA Glow Tonique kan daagliks gebruik word nadat jy jou gesig gereinig het. Dit werk soos ’n tradisionele ‘toner’, maar dit raak ook van dooie velle ontslae.
Filorga Sleep & Peel Micro-Peeling Night Cream
As jy lui is vir afskilfer, is hierdie room wonderlik, want dit is ’n twee-in-een aandroom en afskilferaar wat werk terwyl jy slaap. Die inspirasie vir hierdie room is professionele afskilfering en die room bevat alfa-hidroksie- en beta-hidroksiesuur van 4.5% en ook strelende bruin alg as bestanddeel. Dit is geskik vir senstiewe vel en jy word wakker met ’n vel wat helderder en gladder lyk.
5. Vitamien C vir glans
Ons maak staat op vitamien C sodra daar ’n sweempie van verkoue is. Vitamien C is egter net so belangrik vir ’n gesonde, stralende vel. Net soos ons in ons geestesoog sien hoe die vitamien C in lemoene ‘kieme’ vernietig, so help vitamien C om ons vel teen vrye radikale (wat ons vel se DNS beskadig) te beskerm. Die regte formule en verpakking is uiters belangrik, want die vitamien kan wel onstabiel wees. ’n Vitamien C serum is van die serums waarop ons die meeste staatmaak.
6. Gee ekstra aandag aan jou lyf
Lyfafskilfering en bevogting was dalk ook nie so hoog op jou prioriteitslys gedurende die winter nie. Lyfafskilfering sal help dat jou skeermes nie so vinng stomp word nie (minder dooie velselle wat in jou lemmetjie vassit) en help dat jou vogroom of olie beter penetreer en dat jou selftan (selfverbruiningsroom) meer eweredig aansmeer en lyk.
Ons (en vele ander skoonheidsbloggers) is gaande oor Environ Body EssentiA Derma-Lac ® Lotion (uitgesoekte salonne en R400 by deluxeshop.co.za. Dit bevat alfa-hidroksiesuur en werk veral goed op dele wat ekstra droog en grof is, soos knieë, hakke en elmboë. Smeer dit eers aan hierdie dele en dan meng jy dit met Body EssentiA Body Oil (R435, deluxeshop.co.za) wat jy dan oor jou lyf aansmeer. Dit werk ook baie goed om ingroeihare te voorkom.
7. Gee fopkleur aan bleek bene
Dis een ding om te wens die son wil skyn, maar ’n ander om eindelik ’n somersrokkie aan te trek en dan byna verblind te word deur jou beenkleur. Melkwit bene lyk natuurlik pragtig by sommige mense, maar ons verkies ’n tikkie kleur. Maak seker jy skilfer goed af (minstens ’n week voodat jy selfverbruiningsprodukte aansmeer) en bevogtig ook gereeld. Dit sal help keer dat jou knieë, elmboë en hakke streperig uitkom.