endocare-radiance-c-ferulic-edafence-serum.jpeg
endocare-radiance-c-ferulic-edafence-serum.jpeg

Glansende vel met Endocare Radiance C Ferulic Edafence Serum

Na twee maande se gebruik van Endocare Radiance C Ferulic Edafence Serum, het ek eindelik iets wat ek nog altyd nastreef: ’n meer glansende vel. Deur Suzanne Kotzé


My glansende vel obsessie het waarskynlik begin toe ek baie jare gelede as ’n tydskrif-assistent begin werk het en die skoonheidsredakteur, Elaine Nixon-Campbell opgemerk het: “Het jy al agtergekom dat ryk mense altyd glansende vel het?” Sy het verduidelik dat dit is omdat hulle tyd en geld spandeer aan gereelde professionele gesigbehandelings. Al het ek dit nog nooit nagestreef om ryk te wees nie, het ’n glansende vel wel ’n doelwit geword.

Van toe af het ek elke keer wanneer ek vir ’n gesigbehandeling moes gaan of ’n vraelysie moes invul oor my vel se behoeftes, geskryf ‘glansende vel’.

En ek weet ek behoort seker nou meer behep met plooie en sproete te wees, maar glansende vel bly steeds hoog op my lysie van veldoelwitte.

En ek is nie alleen nie, want talle studies wys dat daar baie vroue is vir wie ’n dowwe vel ’n groter probleem is wanneer dit by veroudering kom as plooie!

Endocare Radiance C Ferulic Edafence Serum

Endocare Radiance C Ferulic Edafence Serum (R1 146 vir 30ml, onlineskinshop.co.za)

Nadat ek ’n ruk lank die Endocare Radiance C Ferulic Edafence Serum gebruik, merk my tienerniggie teenoor haar ma op: “Suzanne lyk so ryk.”

Eers kon ek nie verstaan wat sy daarmee bedoel nie, want ek het presies dieselfde klere aangehad as wat ek gewoonlik dra en daar was niks anders aan my hare nie, en toe kom die besef dat dit dan seker beteken sy sien ook dat my vel meer glansend lyk! Ek het my verbeel dat dit meer glansend lyk, maar ’n spieëlbeeld is ook so subjektief.

Die vier dinge waarvan ek die meeste hou van Endocare Radiance C Ferulic Edafence Serum

1. Die aanwender

Die aanwender is lugdig en een pomp is gelykstaande aan een gebruik. Jy behoort 80 pompe uit te kry, wat jou dan 80 dae sal hou as jy dit (soos ek) slegs soggens gebruik of 40 dae as jy dit soggens en saans gebruik.
So gebruik jy die botteltjie en aanwender.

Die aanwender van hierdie serum is wonderlik! Dit trek presies die regte hoeveelheid vir een aanwending op. Ek is nooit presies seker hoeveel druppels serum om te gebruik nie, so hierdie aanwender maak dit maklik. Jy draai bloot die doppie oop en druk die wit knoppie op die doppie wat dan die regte hoeveelheid uitpomp.

2. Die tekstuur

Die tekstuur van die serum is fluweelagtige en nie so loperig soos baie ander serums nie. Dit smeer en trek goed in en laat geen taai lagie agter nie.

3. Die bestanddele

Die serum bevat Edafence (afkomstig van ’n plant in Antartika) wat help om jou vel teen besoedeling te beskerm. Dit bevat ook Vit C (5%), Vit E en ferulsuur (ferulic acid) wat ’n kragtige anti-oksidant is en ook help om jou vel helderder te laat lyk. Dit bevat ook groeifaktore wat help met vernuwing. My vel voel beslis ook meer gehidreerd na gebruik.

4. Dit laat nie my vel sensitief voel nie

Al word hierdie serum nie aanbeveel vir mense met sensitiewe velle (of die met ekseem en rosacea nie) irriteer dit nie my vel nie. Soms as ek serums of velsorg-produkte met baie aktiewe bestanddele gebruik, begin my vel rooi en jeukerig voel. Ek het dit glad nie ondervind met hierdie serum nie.

Hoe en wanneer om die serum te gebruik

Gebruik een pompie van die serum voordat jy jou bevogtiger aansmeer. Dit is ekstra belangrik om sonskerm te gebruik saam met die serum, want dit mag jou vel (soos alle produkte wat vitamien C bevat) meer sonsensitief maak. Die serum word deur dieselfde maastkappy (Cantabria Labs) vervaardig wat ook die wonderlike sonskermreeks Heliocare maak. Ek gebruik Heliocare 360°Pediatrics Mineral SPF 50+, aangesien dit nie my oë laat branderig voel nie.

Hierdie is ’n geborgde artikel, maar ek gee my eerlike mening oor die produk.


Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
ghd rise
ghd Rise; ’n warmborsel vir volume
error: Content is protected !!