Hier is idees vir lui-naweek-haarstyle, want min van ons is lus om ‘ure’ voor die spieël te sit en hare doen, veral as dit mooi weer is. Deur Suzanne Kotzé
Dankie tog vir bykomstighede, wat nou groot nuus is, dit maak lui-naweek-haarstyle baie makliker.
Lui-naweek-haarstyle vir meer tyd saam met familie en vriende
Bo-bolla
Hierdie is een van ons gunsteling maklike naweek-haarstyle wat ewe goed vir bob, lob en langer haarstyle werk. Dit hou die hare uit jou gesig terwyl jou hare steeds los is. Psst ’n serpie rondom jou bo-bolla is ook nou groot nuus.
Die deurmekaar bolla
Ideaal vir minder skoon (ja oukei, vuilerige) hare. As jou hare silwerskoon is, gebruik gerus ’n droë sjampoe of tekstuursproei om te keer dat jou hare uit jou bolla glip. Spuit haarsproei op ’n kam voordat jy jou hare na agter kam om ’n poniestert te maak.
Hier is ’n oulike You Tube tutorial wat ons gesien het:
Haarstrikke, hoe groter hoe beter
Haarstrikke is tans groot nuus, hoe groter hoe beter, en kan selfs ongedoende hare dadelik omtower. Die geheim om nie ‘dogtertjie’ te lyk met jou haarstrik aan nie, is om jou uitrusting minimalisties en modern te hou. Vermy blommetjierokke en frilletjies en valle saam met strikke. Dit kan ook werk vir bob- en lob-hare. Niks keer jou om ’n stelling te maak en die strik ook by kort hare te dra nie.
Droë sjampoe
“As jy vandag jou hare geblaas het, en dit nie weer môre wil doen nie, skaf ’n droë sjampoe aan. Dit laat dit lyk asof jou hare ‘vars geblaas’ is en laat dit nog ’n dag langer hou,” sê Francois van Tosca Salon, Tygervallei, Kaapstad.
Pureology Refresh & Go Dry Shampoo (R490) is Francois se gunsteling
Maak ’n vlegsel
“As jy jou hare gewas het, maar nie nie lus voel vir hare doen nie, wend ’n produk soos GHD Curl Hold Spray Curly Ever After (R320, Labelle) aan jou klam hare aan. Maak ’n vlegsel en bind dit vas met ’n mooi scrunchie. As jy later die dag iets aan het, maak die vlegsel los en dan het jy natuurlike beach waves,” sê Francois.
Lees ook: Haarscrunchie: dra dit so
Krulle
“As jy jou vars krulle die volgende dag ook wil laat mooi lyk, slaap met ’n los vlegsel. Neem jou haardroër die volgende oggend en blaas warm lug daarop. Laat jou vlegsel afkoel en maak dit dan los,” is Francois se raad.
Serpies
Francois sê: “Serpies is die nuwe in-ding. Maak ’n poniestert met jou hare die volgende dag en wend ’n silikoonserum (soos die van Kérastase ) aan, en bind jou gunstelingserpie om jou poniestert.”
Wees kreatief met jou serpies en bind dit om jou vlegsel of vleg dit saam met jou hare in.
Haarbande
Een van ons gunsteling en maklikste maniere om jou hare te laat mooi lyk en dit werk goed vir lang of kort hare.
Lees ook: Haarbande en kopbande; ons gunstelinge