Twee maklike grimeervoorkomste vir elke dag

Grimeerkenner en grimeerkunstenaar Marlinette Newman het onlangs by die Stylvol hoofkantoor ’n draai gemaak en vir ons twee maklike grimeervoorkomste vir elke dag gewys. Een oogomlyner-voorkoms vir Justine en ’n oogskaduvoorkoms vir Suzanne. Lees meer en kyk na die video oor Marlinette se handige wenke hier: Deur Justine Kroes

Kyk die video hier:

Voorkoms 1

Natuurlike oogomlyner vir Justine

Onderlaag

  • As jou onderlaag nie wil aanbly nie, veral met heeldag se masker-aan-en-af, gebruik ’n make-up setting spray oor jou hele gesig.
  • Spuit dit aan voordat jy jou onderlaag aansit. En terwyl dit nog ’n bietjie nat is, kan jy jou onderlaag aanwend.
  • Gebruik die onderlaag wat op jou borsel of spons oorbly, op jou ore, en bring die onderlaag ook na jou nek toe af, sodat daar geen definitiewe lyn sigbaar is nie.
W Beauty Make Up Setting Spray (R169)
Sorbet Cover & Go Foundation (R280)

Verbloemer

  • Marlinette se raad: Gebruik eerder verbloemer om enige puisies of pigmentasiemerkies toe te maak in plaas daarvan om dik onderlaag oor jou hele gesig aan te wend.
  • Ons wil graag hê dat ons onderlaag jeugdig en gesond (soos vel) lyk en ons gebruik verbloemer om net daardie areas wat pla toe te maak.
Clarins Everlasting Concealer (R400)

Skep dimensie

  • Vir die volgende stap is dit belangrik om dimensie te skep op die gesig deur die metode van “contouring” (kontoer).
  • Dit is belangrik om te verstaan dat contouring en bronzing twee verskillende tegnieke en grimeerstappe is.
  • Vir kontoer is dit belangrik om bruin met ’n grys ondertoon te gebruik en vir verbronser is ’n warmer skakering ’n moet om daardie kleur aan die vel terug te besorg.
  • Kontoer: gebruik jou grysbruin aan die kant van jou wang waar jy graag definisie wil skep en wangbene vorm. En gebruik ’n “blend” metode met jou kwassie om die lyn bietjie sagter te maak.
  • Verbronser: die doel hiervan is om ’n gesonde gelaat te skep, sodat dit lyk asof jy ’n bietjie in die son was. Probeer altyd dink waar die son natuurlik op jou gesig val – op die voorkop,’n bietjie op die neus, bo-op die wange, ’n bietjie op die ken
Catrice Sun Lover (R125,95)
W Beauty Angled Blusher Brush (R129)
MAC Cosmetics Bronzing Powder (R510)

Blosser

  • ’n Gesonde kleur blosser helder jou gesig op. Wees versigtig om nie die blosser te naby aan die mond en neus aan te wend nie, dit sal jou gesig afwaarts trek.
  • Wend op die appels van die wange aan met ’n uit en op aksie wanneer jy met die kwassie vee.
Stila Putty Blush duo (R640)

Poeier

  • Wend poeier aan net waar dit nodig is – ons wil hê die vel moet nog gloeiend en gesond lyk.
  • Wend jou poeier langs die kante van jou neus, op jou voorkop en ken aan. Dink aan jou olierige T-sone.
LA Girl Pro Setting Powder (R70)

Wenkbroue

  • Pasop om nie te donker te gaan met jou wenkbroue nie.
  • Begin eers van die middelpunt af uitwaarts om jou wenkbroue in te vul. Eerder ligter aan die voorpunt en stadig en egalig donkerder na die buitepunte toe.
  • ’n Maklike manier: volg die lyn onderkant jou natuurlike wenkbroulyn en vul dan met kort hale die res van jou wenkbroue in. Onthou ons wil hê dit moet soos fyn haartjies lyk.
  • As jy ’n potlood gebruik, gebruik daarna ’n skoon maskaraborseltjie om die voorkoms effens te versag.
  • Eindig met ’n gekleurde wenkbroujel om die haartjies te tem en op hul plek te hou.
Clarins Eyebrow Pencil & Brush (R335)

Oogskadu

  • Om die oog voor te berei, gebruik ’n room-oogskadu as ’n voorbereidingslagie, dit gee klaar die kleur wat jy nodig het en maak alles mooi egalig.
  • As die fokus ’n oogomlyner gaan wees, hou dalk die oogskadu meer minimaal.
  • Gebruik ’n neutrale bruin skakering en wend aan die buite voutjie van jou ooglede aan, dit skep net bietjie definisie om die oë.
  • Wend dan daardie selfde kleur net liggies aan die onderkant van jou oog onder die wimperlyn aan om nog ’n bietjie definisie daar te skep.
MAC Cosmetics Pro Longwear Cream Eyeshadow (R330)

Oogomlyner

  • Gebruik ’n donkerbruin skakering, sagter as swart vir elke dag se dra.
  • Moet nie bekommerd wees om ’n perfekte lyn te trek nie, trek eerder kort lyntjies in kort hale so langs mekaar teen die wimperlyn af.
  • Gebruik ’n kleiner borseltjie en meng saggies daardie lyn in om dit meer egalig en sagter te maak.
  • Gebruik dan die oogomlyner wat aan die borseltjie oorbly aan die onderkant van die oog.
  • Vermy dit eerder om ’n definitiewe lyn onder jou oë te trek, dit lyk hard en verouder jou voorkoms.
Elizabeth Arden High Drama Eyeliner (R280)
Chanel Angled Eyeliner Brush (R575)

Grimeersproei

  • Eindig met ’n makeup setting spray, dit sal sorg dat jou grimering heeldag aanbly.

Voorkoms 2

Oogskaduvoorkoms vir Suzanne

Grimeerskets deur Marlinette

Onderlaag

  • Maak seker dat die kleur wat jy aan jou gesig aanwend dieselfde kleur as jou bors is.
  • Moenie onderlaag op jou hand toets nie, toets dit op jou gesig.
  • Moenie dadelik onderlaag gaan koop nie, neem ’n houertjie saam winkel toe, vat van die onderlaag saam huistoe en toets dit ordentlik by die huis.

Oogskadu

  • Begin eers met oogskadu voordat jy verbloemer doen – baie keer mors die oogskadu, daarom wil ons eintlik eers skoonmaak en na die tyd die verbloemer aanwend.
  • Vir die oogskadu werk ons met 3 kleure, ’n ligter skakering, ’n medium kleur en ’n donker kleur.
  • Gebruik nou die neutrale room (of ligte) oogskadu oor jou hele ooglid om die area goed voor te berei. Dit sal ook enige rooiheid verbloem.
  • Volg met die medium skakering (’n naturlike bruin) en wend in die vou van die oog aan. Dunner aan die binnekant en dikker na die buitekant toe, vee enige oortollige oogskadu van jou borseltjie af en meng saggies die medium skakering in klein sirkelbewegings in. Gebruik nou dieselfde skakering aan die onderkant van jou oë.
  • Laastens die donkerder skakering – gebruik ’n donkerbruin en sit net ’n klein bietjie van die oogskadu op jou borseltjie. Hierdie kleur wil jy net aan die buitehoeke aanwend, amper ’n “c” of driehoekvorm aan die buitehoeke van jou oë. Om die donker skakering net aan die buitehoeke van die oë te gebruik, help dat die oë groter en meer oop lyk.
  • Gebruik ’n klein bietjie grimeerverwyderaar op ’n oorstokkie en maak dan onder die oë skoon waar daar oogskadu gemors het.
Chanel Les Beige Healthy Glow Natural Eyeshadow Palette (R1190)
Estee Lauder Blending Shadow Brush (R580)

Verbloemer

  • Jou verbloemer moet so 1 tot (op die meeste) 2 skakerings ligter as jou onderlaag wees.
  • Wend jou verbloemer aan net waar jy dit nodig het: aan die binnehoeke van die oog – dit laat jou meer wakker lyk.
  • Verbloemer aan die buitehoeke van die oë om jou oog te “lig” en jou jonger te laat lyk.
  • Wend ook rondom die lippe aan – dit sal keer dat jou lipstiffie “bloei”.
Smashbox Skin Flawless 24 Hour Concealer (R450)

Lippe

  • As jy graag wil hê jou lipkleur moet langer hou, kies ’n mat lipstiffie.
  • Wend met ’n borseltjie aan om daardie mooi lyn te kry. Begin in die middel van die lippe en meng dit uitwaarts.
Maybelline Superstay Matte Ink Lipstick (R189,95)

Blosser

  • Gebruik dieselfde kleur wat jy op jou lippe gebruik het, en wend dit aan jou wange as ’n blosser aan. 
  • Tik dit met jou vingers aan en meng dit met ’n kwassie sagter.
  • Om ’n mat lipstiffie op jou wange te gebruik help ook dat dit langer hou.
  • Wanneer jy jou blosserkleur kies, maak seker dit is dieselfde ondertoon as jou lipkleur vir eenvormigheid.
The Body Shop Angled Blusher Brush (R235)

Maskara

  • Dis ’n verskriklike belangrike stap meen Marlinette – moet dit nie uitlaat nie!
  • Probeer om jou maskara nie net aan die punte van jou wimpers aan te wend nie. ’n Goeie wenk – hou ’n spieël in jou hand aan die onderkant van jou gesig sodat jy afkyk na die spieël toe – dit sal dit makliker maak om onder by die wortels te begin.
L’Oreal Paradise Mascara (R209)

Meer oor Marlinette:

Marlinette is ‘n haar-en-grimeerkunstenaar in Kaapstad, volg haar op instagram hier. Of stuur vir haar ‘n epos marlimakeup@gmail.com

Lees ook: Oefening en jou vel; 10 redes hoekom dit goed én sleg is

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Amalia Uys
Amalia Uys se nuwe lob en nog 9 mooi lob-haarstyle
error: Content is protected !!