Haarbande en kopbande; ons gunstelinge

Haarbande en kopbande is nie net wonderlik om uitgroeikleur weg te steek nie, maar dit kan enige ‘bad hair day’ beter maak. Ons deel graag handige haarbandwenke, ons gunstelinge op die oomblik en nog ’n paar wat op ons wenslysie is. Deur Justine Kroes en Suzane Kotze

Justine en Suzanne se gunstelinge:

Justine:

Toe ek hierdie Mr Price haarband met versierings aanpas het ek dadelik gevoel asof ek op ’n Dolce & Gabanna loopplank hoort. My styl is gewoonlik meer minimalisties maar ek kon eenvoudig nie die versoeking weerstaan nie, en dit teen R30! Ek weet sommer as ek ’n slegte haardag het gaan hierdie haarband blitsvinnig daardie probleem oplos.

Suzanne:

Dit voel of hierdie pienk en rooi haarband sommer my hele gesig laat ophelder. Two Tone Twisted Alice Band (R99, Woolworths)

Ses haarband wenke:

  1. Pas aan voor jy koop. Sommige kopbande het harde dele op hul punte, wat seer kan druk agter jou ore.
  2. Kies ’n kleur wat kontrasteer met jou haarkleur.
  3. Maak seker jou ore steek nie uit soos “pixie” oortjies nie, druk jou hare netjies rondom die haarband in om dit te verhoed.
  4. As jy ’n Kapenaar is, is ’n haarband goeie medisyne teen hare wat in jou gesig waai.
  5. Minder is meer, los eerder bonkige oorbelle as jou haarband groot en bont is – jy wil liefs nie soos ’n krismisboom lyk nie!
  6. Daar is iets vir almal, satyn, fluweel, met versierings en kristalle of selfs kopbande wat jy rondom jou kop kan vasbind. Vind een wat by jou styl-persoonlikheid pas.

Nog gunsteling haarbande en kopbande op ons wenslysies:

Malinki Alice Braids (R350)
Jakop Handgemaak (Vanaf R250)
Malinki Mustard Velvet Headband (R250)
Mango Amanda Hairband (R449 Superbalist)
Face It Fashion Cherry Red Headband
Malinki Alice Braid Jacaranda (R350)
Superbalist Leopard Ruffled Headband (R129)
Mr Price Multi-colour Stone Headband (R50)
Mr Price Beaded Alice Band (R99,99)
Mango Hairband Girasol (R499 Superbalist)
Forever New Ellie Satin Headband (R179)
Woolworths Plaited Alice Band (R79,95)

Lees ook: Ons gunsteling oornagsakke – nou op ons wenslysie

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Nuut op die Stylvol-skoonheidstafel
error: Content is protected !!