Die haarscrunchie is beslis vanjaar se topkeuse as haarbykomstigheid. Die haarscrunchie ’n handige moet-hê mode-item. Dra dit om jou hoë poniestert, lae bolla en selfs ’n dubbele poniestert – ons wys jou hoe. Deur Justine Kroes
Loer na die video hier:
Hoë poniestert
Hierdie haarstyl werk goed vir gekrulde en reguit hare.
Maak jou hare eers vas met ’n kleiner rekkie sodat swaar hare nie afgetrek word as dit net met die haar-scrunchie vasgemaak is nie.
Bind nou jou gunsteling scrunchie om jou poniestert. Vir daardie esktra 90’s gevoel, trek twee klein stukkies hare langs jou gesig uit sodat dit loshang.
Dubbele poniestert
Hierdie styl het my beslis teruggeneem in tyd (skooldae styl!). Ek gaan defnitief hierdie styl meer dra, dit lyk sjiek en gesofistikeerd.
Verdeel jou hare in twee (bo en onder). Maak die boonste gedeelte eerste vas, draai jou haarscrunchie om die boonste poniestert. Maak nou die onderste gedeelte vas aan die boonste poniestert en maak nog ’n scrunchie om die ponie vas.
Half op- half af
Hierdie is lekker eenvoudig en ek hou daarvaan omdat die styl ’n effek van voller hare skep.
Kam die hare aan die bokant en kroon van jou kop almal netjies bymekaar, bind vas met rekkie en volg met haarscrunchie.
Twee bollas “space buns”
Met hierdie haarstyl wil ek sommer al die Spice Girl-liedjies kliphard sing! Die 80’s en 90’s bly steeds groot nuus en ek sal nie skaam wees om hierdie styl strand toe te dra nie. My dogtertjies se gesigte het albei opgehelder toe hulle die “space buns”-styl sien en net daar moes ons almal dieselfde lyk.
Verdeel jou hare bo in twee seksies, en maak twee poniesterte. Draai nou elke ponie om die rekkie totdat ’n bolla vorm en maak dit vas met nog ’n haarrekkie. Bind laastens jou scrunchies om jou twee bollas.
Lae bolla
Hierdie styl werk die beste met ’n supergroot haarscrunchie. Ek hou nogal van die organza-scrunchies en die dramatiese effek wat dit skep.
Maak jou hare eerstens in ’n lae poniestert vas. Verdeel die poniestert in twee seksies. Draai (twist) die eerste seksie en draai dit dan al om die rekkiegedeelte van die poniestert en bind dit vas met ’n klein rekkie. Doen diesefde met die ander helfte van die poniestert.
Hierdie metode skep ’n voller, netjieser lae bolla. Bind nou jou scrunchie om jou lae bolla.
Pssst: hierdie styl werk die beste as hare nie silwerskoon is nie, en is veral ’n goeie haarstylopsie vir lui dae.
Lees ook: ghd Gold: golwende krulle