Só help Leandie du Randt se visualiseringsbord haar om haar drome te bewaarheid; sy gesels met Stylvol en vertel meer. Maak 2021 jou jaar vir groot droom en dankbaar wees. Wie weet dalk help ’n visualiseringsbord jou ook! Ons gaan beslis nou begin knip en plak aan ons s’n. Deur Suzanne Kotzé
’n Visualiseringsbord (vision board) of ’n droom- of doelwitbord is ’n collage van prente en/of woorde wat jy gebruik om jou visie of drome uit te beeld. “Dit kan in die vorm van ‘n digitale collage wees of ’n Pinterestbord of ’n stuk papier met prentjies uit tydskrifte van goeters wat jy oor jou lewe wil spreek. Dit kan enige iets wees; van materialistiese goed – soos ’n selfoon of ’n veilige motor tot ’n manier van leef, soos ’n gesonde leefstyl, of die perfect romantic partner. Alles wat jy oor jou lewe wil spreek en vir jouself wens,” vertel Leandie.
Leandie du Randt se visualiseringsbord

Waar het jy van ’n visualiseringsbord geleer?
Ek het die eerste keer daarvan geleer in die boek The Magic, deur Rhonda Byrne.
Maak jy ‘n fisiese visualiseringsbord of ‘n elektroniese een?
Ek het altyd ’n fisiese een gemaak met tydskrif-prentjies, woorde en Bybelversies. Ek het selfs op een ’n blanko tjek uitgeskryf van ’n bedrag geld wat ek wou hê.
Deesdae doen ek ’n elektroniese een omdat ek baie meer op my foon is en gereeld daarna kan kyk. Ek het dit selfs al ge-save as my screensaver op my foon, want dan kyk jy baie daarna.
Hoe meer jy na iets kyk, hoe meer bêre jy dit in jou onderbewussyn en word jy daartoe aangetrokke.”
So myne is deesdae elektronies. Ek het selfs ’n secret vision board op Pinterest ook.
(Op Pinterest kan jy enige van jou borde secret maak sodat ander mense nie kan sien wat jy pin nie)
Ek skryf ook my vision-board as ’n lysie onder die notas op my foon en dan lees ek dit so een keer per week deur om net weer daai vision in my hart en mind te sit. Ek dink gereeld daaraan en ek dink dit is waar die true power lê. Jy moet daaraan dink en jou verbeel dat dit reeds waar is.
Wat het jy al op jou visualiseringsbord geplak wat waar geword het?
Alles op my vision board word jaar na jaar waar. As dit nie presies so gebeur nie, gebeur iets beters in die plek daarvan.
Dit was vir lank op my vision board om op te tree as beoordelaar vir ’n live show. Enige iets soos SA’s Got Talent. Baie keer kry jy nie spesifiek iets nie maar as jy ’n breë term insit, dan is dit meer geneig om waar te word. In 2019 was ek betrokke by die Mej SA kompetisie, maar nie as ’n finale beoordelaar nie, en toe sit ek op my visualiseringsbord dat ek die finalé wil beoordeel by die Mej SA-kompetisie en toe gebeur dit!

Foto: Casper Willemse

Foto: Casper Willemse
Moet jy jou visualiseringsbord begin en dadelik klaarmaak? Of is dit ‘n proses waar jy nog prentjies kan byplak?
Dit is ever changing en interchanging. Jy kan foto’s of prentjies en lysies (as jy meer van ’n lysie mens is) bysit. Jy kan ook wat waar geword het aftik of die prentjie afhaal as jy wil. Daar is nie reëls om iets te envision vir jou lewe nie, behalwe dat dit waaraan jy dink positief en met dankbaarheid moet wees. Dit waaraan jy die heeltyd dink, trek jy aan.
Leandie du Randt se 8 wenke vir ’n visualiseringsbord
1. Jou drome is nie te groot nie
Die groot rede hoekom baie mense nie ’n visualiseringsbord wil maak nie, is omdat hulle dink hul drome is te groot en dat dit onmoontlik is om waar te word. Maar dit is nie vir ons om te besluit nie hoe iets gaan waar word nie. Dit is hoekom ek aan die Here glo, want Hy is almighty en ever powerful. Ek is nie gepla met die how nie, maar met die what.

Foto: Canva.
Hierdie is wat ek wil doen en wat ek oor my lewe wil spreek. Ek hoef nie te worry hoe nie, ek moet net weet dat dit gaan gebeur, want He can do anything. En ’n mens is powerful want jy is ’n co-creator van jou lewe.
In die Bybel staan dieselfde krag waarmee Liewe Jesus uit die dood opgestaan het leef binne ons. So ek voel mens moet meer verantwoordelikheid aanvaar en aktief saam met die Here jou lewe beplan en dit op jou visualiseringsbord sit. Sê bv. vir jouself ‘ek wil ’n gesonder leefstyl hê’ en ‘ek gaan klein bietjie vir klein bietjie begin om daai aanpassings te maak’ om bv. ’n gesonder leefstyl te hê.
2. Wees dankbaar
Dit is ook belangrik om eers dankbaar te wees vir dit wat jy het, want as jy nie dankbaar is vir dit wat jy het nie, hoe kan die Here jou met meer toevertrou?
Hoe meer dankbaar jy is vir dit wat jy het, hoe meer sal jy ontvang.
Wees dankbaar vir goed soos jou gesondheid. As jy gesond is, is jy die rykste mens op hierdie planeet. As jy gesond is, kan jy ’n beter werk kry of uitgaan saam met jou vriende. Alles gaan oor perspektief.
3. Moenie op ‘eendag’ fokus nie
’n Groot fout wat mense maak is om te dink: “Eendag as ek ’n vision het, gaan ek gelukkig wees. Of eendag as hierdie waar word, gaan ek gelukkig wees. Dit is nie waaroor ’n visualiseringsbordgaan nie. ’n Visualiseringsbord kom uit ’n plek van ek is reeds dankbaar vir alles wat ek het. Ek weet ek gaan ’n beter werk kry, of ek gaan die perfekte partner vir my kry, maar op die oomblik, terwyl ek wag (sonder angstigheid) is ek dankbaar vir bv. my vriende nou, of my single lewe sodat ek tyd aan myself kan spandeer, of die werk wat ek reeds het.
4. ‘n Visualiseringsbord hou jou verantwoordbaar
As ek iets op my visualiseringsbord gesit het, hou dit my verantwoordbaar daarvoor.
5. Droom weer soos ’n klein dogterjie
Dit is vir my so lekker om te droom. As klein dogterjie het ek gereeld gedroom en dan op verbeeldingsvlugte gegaan en dit is wat ons as vroue ook moet doen. Ons moet weer in kontak kom met ons imaginary childlike spirit. Ons moet die lewe wat ons vir onsself sien en wil hê imagine en vashou aan daai prentjie en dankbaar wees daarvoor. Jy moet jouself sommer in daai nuwe kar sien of by jou troudag, of met die baba in jou arms of wat ookal jy wil hê.
6. Doen wat jy kan om jou drome te bewaarheid
Terwyl jy wag met hierdie beautiful prentjie in jou kop van wat jy vir jouself imagine, gaan jy aan met jou lewe en elke dag doen wat wat jy kan om die Here te help om jou daar uit te kry en die goed wat jy nie kan doen nie, los jy vir Hom. Maar die goed wat jy fisies kan doen, moet jy doen. Dit is ’n give en take tussen jou en die Here.
7. Bid voordat jy jou visualiseringsbord maak.
Word stil en vra dat die Here jou lei voordat jy jou visualiseringsbord maak. Vra vir die Here wat jy moet aantrek na jou lewe toe.

8. Moenie te spesifiek wees nie
Hou wat jy envision breed eerder as te spesifiek. Jy kan altyd meer spesifiek word soos dinge gebeur en aanpas daarby. Soos met my Mej. Suid-Afrika-visie.
Lees hier hoe jy jou eie visualiseringsbord kan maak