Die Naguilklub
Die Naguilklub

Die Naguilklub se onthullings in ‘Meer as net ’n ma’

Stigterslede van Die Naguilklub en skrywers van “Meer as net ’n ma” verklap drie dinge/ervarings elk wat hulle nie gedink het hul ooit vir iemand anders sal vertel nie, wat nog te sê in ’n boek skryf. Deur Suzanne Kotzé

Ons is so trots op ons vriendinne by Die Naguilklub se boek “Meer as net ’n ma”. Soos lede van die aanlyngemeenskap weet, is die drie bekend vir hulle eerlike en opregte deel van hul ouerskapsreis, en die boek is geen uitsondering nie. Ons het elkeen van hulle gevra om drie dinge/oomblikke te deel wat hulle nooit vóór hulle ouers geword het ooit gedink het hulle sou ervaar of deel nie.

Stigters van Die Naguilklub Suzanne Smit, Juanli Theron en Lente Swift deel hul belewenisse met ons:

Die Naguillklub se stigterslede is Suzanne Smit (links), Juanli Theron (middel) en Lente Swift (regs)

Suzanne Smit

1. #MomGuilt:

“Geniet elke oomblik” is ’n mite. Jy gaan nié elke oomblik geniet nie, en hierdie stukkie realiteit het my verras – dit was ’n groot ontnugtering. En daarmee saam het ek so skuldig daaroor gevoel. Maar uiteindelik het ek besef: Al geniet ek nie elke oomblik nie, is elke oomblik die moeite werd, lag of huil.

2. ’n Gedeelte van jou sterf af as jy ’n mamma word

Die oomblik wanneer jy ‘n mamma word, sterf ’n gedeelte(s) van jouself vir altyd af, maar jy kry soveel mooier gedeeltes by.Saam met die sagte rondings van mammawees, maak jou hart ook plek vir sagter landings.

3. Niemand is verhewe bo angs en PTSV nie.

Ek het gedink angs en PTSV is vir die wat nie sterk genoeg is om die lewe se uitdagings te kan face nie. Trots het haar baas kom vang. Na ons NICU-ervarings het angs het my ’n paar jaar later ingehaal, en ek sou nooit kon dink dat ek dit sou ervaar nie, wat nog te sê daaroor skryf en deel.

Daardie stukkie kwesbaarheid het uiteindelik so baie beteken: ek het genesing ervaar deur daaroor te skryf en te skryf en te skryf.

Juanli Theron

1. Balans

Een van die moeilikste lesse wat ek moes leer, is oor balans. Dis óók ’n mite! Soms kan jy jou glasballe (familie, geliefdes, ens.) tydelik met jou rubberballe (jou werk, ens.) balanseer, maar dis byna onmoontlik om dit permanent perfek reg te kry … en dit is oukei. Vang die balle soos dit hop, hou die delikates teen jou hart vas.

En laat die druk op jouself ’n bietjie gaan – jy doen jou bes.

2. Time-out vir ma’s is belangrik

Soms is dit nodig vir ‘n mamma om haarsélf in time-out te sit en asem te haal wanneer self-regulering uitdagend raak. Wees genadig met jouself in oomblikke wanneer alles te veel begin voel, want jy is ook net ‘n mens. Tien minute vir jouself kan lewens red op ‘n dol dag.

3. Selfsorg is nie selfsugtig nie

Dis ‘n clichè vir ‘n rede: You can’t pour from an empty cup. Voordat ek ’n ma geword het, het ek gedink goeie ma’s is selfloos en altyd onbaatsugtig. Nou weet ek dat selfsorg nie selfsugtig is nie; dis noodsaaklik.

Lente Swift

1. Dis soms swaar om ’n mamma te wees

Ek het nooit gedink ek gaan die moed hê om hardop te kan erken hoe swaar dit soms is om ’n mamma te wees nie, en dat ek die meeste van die tyd geen idee het wat ek doen nie.

2. Twee goed kan terselfdertyd waar wees

Ek hoef nie alles wat ek is en voel en waaroor ek wonder in net een kampie te sit nie. Ek kan tegelyk in dankbare verwondering oor my kinders staan én huil van frustrasie omdat skuldgevoel net te diep in my siel sny.

3. Seuntjies is gross

Seuntjies is gross en hulle liggaamsvloeistowwe het ’n manier om in jou mond te beland. Wie vertel die grillerige detail hiervan? Ek, blykbaar ek.

Meer as net ’n ma is by uitgesoekte boekhandelaars en ook op Takealot te koop.

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
’n Plantgebaseerde dieet; al die verskillende tipes
error: Content is protected !!