Ons gesels met Leandie du Randt oor gewigsverlies-leuens; die grootstes wat vroue hulself vertel. As aanbieder van Slank sien sy hierdie dikwels. Sy vertel ook wat vir haar werk. Deur Suzanne Kotzé.
Leandie du Randt oor gewigsverlies-leuens
Aangesien Slank seisoen onlangs weer begin wys het, het ons besluit om met Leandie du Rant oor gewigsverlies-leuens te gesels. Sy sien hierdie leuens nie net op Slank nie, maar ondervind van hierdie ook in haar persoonlike lewe.
Gewigsverlies-leuen 1
My man gaan meer van my hou en my meer aantreklik vind
Ek het al met so baie vriendinne hieroor gepraat en dit al self beleef dat ’n man eintlik meer aangetrokke is tot ’n mens wanneer jy gemaklik is met jouself en goed voel in jou gees. Hulle wil jou net geniet en sien dat jy confident en mooi voel in jou eie klere en lyf en in die slaapkamer. .
Gewigsverlies-leuen 2
As ek gewig verloor gaan ek gelukkig wees
“Die werk om gelukkig te voel kom van binne, en jou gewig gaan geen trauma of seer uitsorteer nie. Pak dit aan saam met die Here, jou vriende en ‘n sielkundige, indien nodig.”
Gewigsverlies-leuen 3
Almal is mooier as hul maer is
Vind die punt waar jy vir JOUSELF net reg lyk en voel en wat jy kan handhaaf deur nog steeds die lewe te geniet en nou en dan ’n bottel wyn en ’n burger kan geniet.
Gewigsverlies-leuen 4
Ek moet die heeltyd gesond eet om maer te bly
Hierdie is so ’n groot leuen en onrealisties. Ek leef by die 20/80 reël waar ek 80% van die tyd gesond eet en binne my kiljoules-inname vir die dag bly. Die ander 20% van die week geniet ek net waarvoor ek lus is en worry nie oor die kilojoules nie. Dit is gewoonlik oor die naweek.
Gewigsverlies-leuen 5
My verhouding met kos maak nie saak nie
Jou verhouding met kos MAAK SOVEEL SAAK. ’n Mens moet dit vier om te kan eet en proe en mens moet jou kos BLESS voordat jy dit inneem.
Leandie se boek
Leandie du Randt se boek ‘My Hacks vir die Lewe’ sal in November op die rakke wees en daarin spreek so ook van hierdie kwessies aan.
Slank Seisoen 6
As aanbieder van Slank sê Leandie: “Ek geniet dit veral omdat elke deelnemer se gesondheidsdoelwitte so uniek is. Sodoende kan meer mense met die deelnemers identifiseer en die nodige raad kry.” Die sesde seisoen van seisoen van Slank is tot einde September op kykNET, DStv-kanaal 144 om 17.30 te sien.
Lees ook: Leandie du Randt se visualiseringsbord