kamp skoonheid
kamp skoonheid

Kamp smuktassie – pak dit in:

Indien kamp en die buitelug jou binnekort roep is hierdie artikel vir jou, lees gerus ’n klompie kamp-skoonheidstruuks en moet-hê produkte vir jou kamp smuktassie. Kyk, ons sal nie sê ons is gesoute kampeerders nie – maar ons het al genoeg deur die jare gekamp om ’n slim skoonheidstruuk of twee te leer. Hier is ons beste kamp-skoonheidswenke en moet-hê produkte om jou volgende kampsessie ’n plesier te maak. Deur Justine Kroes

24/03/2023

Sonbeskerming

Sonbeskerming is ons nommer een belangrike kamp-skoonheidswenk – ’n seergebrande vel is genoeg om enige vakansie te bederf!

As jy kamp is die kans goed dat jou vel baie die son sal sien – daarom is ’n breëspektrum sonskerm met ’n hoë SBF-faktor ’n moet.

Onthou om genoeg saam te neem vir jou gesig (en lyf!) asook genoeg vir die hele gesin.

Lees meer hier oor sonskerm vir jou familie:

Hier is ’n paar gunstelinge:

Avene SPF 50+ Intense Protect (R360)
Optphi Solar Spritz (R478)

Velsorg

Wanneer jy kamp is die kans goed dat jy ’n paar lae SBF iewers deur die loop van die dag aangewend het, geswem het of dalk voor die kampvuur gesit het. Dus is dit baie belangrik om saans voor jy inkruip op jou opblaasmatras jou gesig goed te reinig.

Gesiglappies

“Wipes” of reiniging of gesiglappies (by dosyne!) is ’n absolute moet-hê – gebruik gesiglappies vir enigiets van grimering verwyder tot selfs om taai kinderhande skoon te vee.

Bioderma Sensibio H20 Biodegradable Cleansing Wipes (R390)
NIVEA Daily Essentials Gentle Facial Cleansing Wipes (R49,99 Clicks)

Daar is selfs deesdae higiëniese “wipes” beskikbaar as ’n warm stort nie ’n opsie is waar jy kamp nie. Hier is ‘n klompie gunstelinge:

Woolworths Deodorant Wipes (R19,99)
Lil-lets Feminine Wipes (R20,99)
Eko-vriendelike lappies – Soak It Eco Wet Wipes (R29 Cape Union Mart)

Miselwater

As jy nie “wipes” het nie, is miselwater (Micellar Water) en watteballetjies die volgende beste opsie. Wees op die uitkyk vir klein botteltjies wat makliker is om in te pak.

Garnier Skin Active Micellar Cleansing Water (R59,99)

Hidrerende produkte

Gebruik daarna sommer ’n hidrerende gesigmasker waarmee jy kan aanslaap – teen die volgende oggend lyk jou gesig vars en gehidreerd – selfs al het jou opblaasmatras dalk heelaand afgeblaas!

Sothys Hydra Plumping Mask (R750)

Watersproei

’n Watersproei – nie net handig om ’n sonbrand of velirritasies te streel nie – maar werk heel goed as jy gou jou gesig of selfs hande moet reinig en daar is nie skoon water byderhand nie.

Avene Thermal Springwater (R260 vir 300ml)

Alles-in-een-room

‘n Alles-in-een-room is altyd handig om byderhand te hou vir brandwonde, insekbyte, krap plekkies of ‘n uitslag. Hierdie een hou ons altyd byderhand:

Avène XeraCalm A.D Lipid-Replenishing Balm (R365)

Grimering

Op kamp is minder natuurlik meer, dink aan vinnige, alles-in-een produkte. Ons besef grimering is nie ’n moet nie – maar met ’n klein bietjie gaan jy ver kom – ons belowe!

Vel

’n BB-room of getinte bevogtiger wat natuurlik lyk (en sommer ’n goeie SBF bevat) is ’n bonus.

Garnier Skin Naturals BB Cream (R156 Clicks)

Lippe & wange

’n “Lip & Cheek” tint wat jy sommer oor jou wange en jou lippe kan vee, besorg ’n tikkie kleur aan jou gesig.

The Body Shop Sheer Touch Lip & Cheek Tint (R220 Clicks)

En ’n waterdigte maskara is ’n moet, ingeval van reën, swem of sweet.

Clarins Wonderperfect Mascara 4D Waterproof (R465)

Nog ’n wenk is om jou wimpers te kleur, dan hoef jy nie te gepla te wees met maskara nie.

Julienne Brow Tint Kit (R113)

Spieëltjie

’n Handige kompakspieëltjie vir grimering aanwend wat maklik wegpak. Kyk net hoe oulik is die een met ’n liggie daarby;

LED Travel Compact Makeup Mirror (R199)

Hare

Droë sjampoe

Droë sjampoe sal op kampvakansies nog jou beste vriendin word! Droë sjampoe verfris vuil hare tussen wasse. Spuit op jou haarwortels en vryf net soos jy sou as jy hare gewas het. Die droë sjampoe gee sommer ’n ekstra bietjie volume aan jou hare. (Pssst as jy nie droë sjampoe het nie, werk ‘n klein bietjie babapoeier net so goed om oortollige haarolies te absorbeer). Droë sjampoe met geure verbloem ook enige kampvuurreuke vir ’n varser voorkoms.

Batiste Dry Shampoo (R99,99 Clicks)

Vleg, vleg vleg!

Wenk: As jy lang hare het, behoort ’n Franse vlegsel (of enige vlegsel styf teen jou kopvel) jou kamp haarstyl te wees. Ongewaste hare wat na kampvuur ruik het nog nooit so sjiek gelyk nie. Deur swem, bergklim en na lui middagslapies sal jou hare steeds netjies lyk.

Kopbande

Vir die res van ons wie se hare te kort is of dalk vingers het wat sukkel met vleg: probeer haarbykomstighede om ongewaste hare weg te steek. ’n Mooi haarband of haarknip doen altyd die truuk. ’n Haarband vir winderige dae is veral ’n wenner, of as jy net nie lus het vir hare doen nie.

Mr Price Headband (R29,99)
Jakop Linen Headband (R290)
Malinki Black Gingham Headband (R350)

Slim reishaardroër

’n Klein opvou reishaardroër neem nie te veel spasie op nie en sal handig te pas kom op kampplekke waar daar krag is.

Clicks Safeway Compact Hairdryer (R159)

Nog ’n paar handige moet-hê items

’n Waterdigte stortsakkie wat jy sommer maklik kan ophang. Sorg dat jy een saamneem met verskillende houertjies sodat dit wat jy nodig het maklik kan kry en terugsit. Bv. ’n plekkie waar sjampoe, lyfwas en room kom, een waaraan jou gesigrome pas.

Thandana Roll Up Toiletry Bag Laminated Fabric (R999)
Thandana Ladies Cosmetic Bag Set Laminated Fabric (R999)

As jy nie ’n waterdigte sakkie kry nie, werk ’n plastiekmandjie net so goed om al jou stortbenodighede heen en weer te dra.

FANWU Shower Caddy (R289)

Gooi normale grootte produkte oor in kleiner reis-grootte botteltjies – dit sal sommer die dra van produkte badkamer toe en terug makliker maak!

Travel Boarding Bag (R199)

Stortplakkies om gedeelde badkamerkieme te vermy.

Spesiale handoeke wat blitsvinnig droogword en nie baie pakplek opneem nie.

Mr Price Sport Large Quick Dry Travel Towel (R99,99)

Moet nie jou tandeborsel vergeet nie – kyk net hoe oulik is die Curaprox Dental Care Travel Set met als op een plek.

Curaprox Dental Care Travel Set (R259 Cape Union Mart)

Muskiet en goggaweerders is nog ’n moet – loer hier na al die verskillende opsies.

Naas sonskerm is ’n noodhulpkissie wat al die benodigdhede bevat nog ’n belangrike item om in te pak.  Loer hier na ‘n handige een.

Neem ’n naelborseltjie saam om jou voete mee te skrop saans, want kampgrond sit mos oral vas, ook in elke klein krakie.

Clicks My Earth Bamboo Nail Brush (R35,99)
Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Wat sê jou puisies oor jou gesondheid? Oosterse gesigsdiagnose 101:
error: Content is protected !!