sonskerm
sonskerm

Familiesonskerm en sonskermwenke vir jou gesin

Hierdie tyd van die jaar soek ons groot buise familiesonskerm wat deur almal van babas tot grootmense gebruik kan word. Ons gee sonskermwenke en raad oor hoe om jou kinders te leer om reg sonskerm aan te wend. Deur Suzanne Kotzé, foto’s Raincoat Media en Photography Ellis

Die ‘nuwe’ SONdebok: hoë energie sigbare blou lig

Teen hierdie tyd weet ons almal hoe skadelik UVA (bekend as die ‘ageing’ strale wat dieper penetreer en meer skade aanrig) en UVB (bekend as die ‘burning’ strale) vir ons is. Nuwe wetenskaplike navorsing wys egter dat hoë energie sigbare blou lig ons velle selfs nog dieper as UVA strale penetreer.

Hoë energie sigbare blou lig penetreer ons vel nie net dieper as UVA strale nie, maar dit het ook meer energie en rig daarom selfs meer skade aan.

Die strale bereik jou onderhuid (hypodermis) waar dit oksidasie in jou velselle en DNS-skade veroorsaak. Dit kan aanleiding gee tot meer veroudering en die ontwikkeling van velkanker.

Soos ons weet word bloulig ook deur ons fone, tablette en rekenaarskerms uitgestraal. Die intensiteit van bloulig wat deur die son uitgestraal word kan egter tot 1 000 keer meer wees as wat deur skerms uitgestraal word. Volgens navorsing sal jy minstens drie maande se skermtyd moet hê om gelyk te wees aan een uur in die son.

Familiesonskerm: Eau Thermale Avène Intense Protect 50+ met TriAsorb™ filter

Eau Thermale Avène Intense Protect 50+ R329 beskikbaar by Superbalist

Die nuwe Eau Thermale Avène Intense Protect 50+ is ’n breëspektrum sonskerm wat jou vel beskerm en geskik is vir jou hele gesin, van babas tot grootmense en swanger vroue. Dit is die ideale familiesonskerm. Jy kan dit gebruik op beskadigde vel nadat jy ’n tatoeëermerk gekry het, en op vel wat sukkel met die newe-effekte van kankerbehandeling.

  • Dit bevat ’n anti-oksidant wat strelend is
  • Die unieke tekstuur word maklik geabsorbeer
  • Jou vel voel vir tot agt uur lank gehidreerd
  • Die formule respekteer die seelewe se biodiversiteit
  • Die formule is effektief onder ‘intense’ sonligkondisies (ideaal vir al ons Suid-Afrikaanse avonture)

Die sonskerm bevat ’n spesiale TriAsorb™ filter wat bewys is om die DNS-skade wat veroorsaak word deur hoë energie sigbare blou lig tot 95% te verminder.

TriAsorb™ filter geïnspireer deur ons natuurlike melanien se fotobeskerming

Melanien (wat natuurlik in ons vel voorkom en ook kleur gee aan ons vel) beskerm ons vel teen die effek van sonstrale en sonbrand. Melanien beskerm ons ook teen hoë energie sigbare blou lig.

Dit absorbeer en reflekteer skadelike strale

Volgens Eau Thermale Avène se studies is TriAsorb™ die eerste organiese filter wat kort en lang strale UVA en UVB en hoë energie sigbare blou lig absorbeer en reflekteer.

Verminder DNS-skade

Dit is bewys om die DNS-skade wat veroorsaak word deur hoë energie sigbare blou lig tot 95% te verminder.

6 Sonskerm wenke

  1. Vermy direkte sonlig gedurende die warmste tyd van die dag; tussen 11 en 4.
  2. Kies ’n sonbeskermingsfaktor van minstens 30-50.
  3. Dra beskermende klere (T-hemp, sonbril en ’n hoed). Vir kinders is helder, kleurvolle UV duikpakke goeie opsies.
  4. Babas en jong kinders moet so min as moontlik aan direkte sonlig blootgestel word.
  5. Wend jou sonskerm 20-30 minute voor sonblootstelling aan. Moenie tot op die strand wag voordat jy sonskerm aansmeer nie!
  6. Wend sonskerm weer aan na elke twee uur.

Leer jou kinders (en jouself) hoe om sonskerm reg aan te wend

Die meeste van ons smeer nie die regte hoeveelheid sonskerm aan nie, en vergeet ook dalk van belangrike dele soos ore en tone.

Gebruik hierdie as ’n gids

Buise

  • 1 vingerlengte produk op jou gesig en nek (onthou jou ore)
  • 2 vingerlengtes produk vir elkeen van die liggaamsones ( 2-11). (Jou voete en tone is deel van sones 6 en 7)

Sproei (gewoonlik vir lyfsonskerms)

  • Grootmense: 12 sproeie per sone (sone 2-11)
  • Kinders: 6 sproeie per sone

Pompbottels (gewoonlik is hierdie vir jou gesig)

  • 6 pompe vir jou gesig- en nekarea

.


Hierdie artikel is geborg deur Eau Thermale Avéne maar ons gee ons eerlike mening.

 

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
lui naweek-haarstyle
Lui-naweek-haarstyle
error: Content is protected !!