Ken jou skoonheidsbestanddele, wat is azelaïensuur (Azelaic Acid)?

As die skoonheidswêreld ooit ’n “stille presteerder” velsorgbestanddeel gehad het, was dit beslis azelaïensuur.

Teenoor ander bekende velsorgbestanddele soos retinol en vitamien C, kry azelaïensuur nie altyd dieselfde lof en prys wat dit verdien nie, maar versolgkenners is dit eens, hierdie veeldoelige bestanddeel hoort in jou velsorgroetine. Of jy nou sukkel met puisies, oneweredige veltonus of rooiheid, is azelaic acid dalk net die skoonheidsbestanddeel wat jy misgekyk het. Deur Justine Kroes

Wat is Azelaic Acid?

Azelaïensuur is ’n suur wat natuurlike voorkom wat van gars, koring en rog afkomstig is, maar in velsorgprodukte word dit meestal sinteties vervaardig vir suiwerheid en stabiliteit. Dit staan bekend as ’n sagte maar kragtige bestanddeel wat rooiheid, puisies en donker vlekke verminder. Omdat dit anti-inflammatories is, is dit ideaal vir mense met rosacea of sensitiewe velle wat nie sterk aktiewe bestanddele kan gebruik nie. Met gereelde gebruik word veltekstuur fyner, vel lyk egaliger en daarby ook gekalmeer.

’n Velsorgbestanddeel wat gereeld deur velsorgkenners en dermatoloë voorgeskryf word, veral vir die wat nuut is tot aktiewe bestanddele. ’n Bestanddeel wat fantastiese resultate lewer sonder om jou vel se sperfunksie te belemmer.

4 Funksies van azelaïensuur

Wat presies doen azelaïensuur en wie behoort die bestanddeel te gebruik?

Velsorgkenner Sonette Donker van SkinFundi deel met ons:

1. Vir die wat met aknee sukkel:

Hierdie bestanddeel beveg bakterieë wat aknee veroorsaak. Dit streel boonop inflammasie wat deur aknee veroorsaak word. Die afskilfer-eienskappe werk goed om porieë te ontstop en skoon te kry. Azelaïensuur gaan sagkens te werke op jou vel sonder om jou vel uit te droog.  

2. Verfynde veltekstuur

Jou azelaïensuur werk saggies om vel af te skilfer, dooie velle te verwyder en die produksie van nuwe velselle aan te hits. Met gereelde gebruik sal hierdie afskilfereienskappe ’n glansende en verfynde veltekstuur skep sonder om soos ander sure die vel moontlik te irriteer.

3. Pigmentasie en donker merkies

Pigmentasie word direk met azelaïensuur aangespreek, hierdie bestanddeel belemmer die werking van tyrosinase, ’n ensiem wat jou produksie van melanien beheer. Die azelaïensuur maak dat daar minder melanien geproduseer word, wat oor tyd donker merkies al hoe valer en ligter sal laat lyk.

4. Rosacea en rooiheid

Azelaïensuur belemmer die inflammatoriese prosesse in die vel, wat die voorkoms van rosacea-uitbrake verminder. Deur dooie velselle liggies te verwyder, voorkom dit verstopte porieë sonder om sensitiewe velle te irriteer.

Versterk die vel vel se sperfunksie, met tyd lyk die vel kalmer, minder reaktief en meer veerkragtig teen eksterne agressors.

Waar pas hierdie bestanddeel in my velsorgroetine in?

As jy nuut is met die gebruik van azelaïensuur, is dit belangrik om eerder stadiger met ’n laer konsentrasie van die produk te begin.

Doen dit so:

  • Reinig heel eerstens jou gesig
  • Wend jou azelaïensuur serum/room oor jou hele gesig aan of selfs net daar waar jy probleemareas ondervind.
  • Volg hierna op met ander serums en jou bevogtiger.

Moenie jou azelaïensuur saam met hierdie produkte gebruik nie:

Terwyl azelaïensuur fantasties werk saam met die meeste velsorgprodukte en bestanddele (soos hialuroonsuur, niasinamied en seramides) wees versigtig om dit saam met die volgende bestanddele te gebruik:

Sterker afskilferingsure:

Soos glikolsuur of salisielsuur, deur te veel sure gelyktydig op jou vel te gebruik, kan dit vel irritasie veroorsaak.

Hoë sterkte retinol

Indien jou vel nog nie gewoond geraak het aan jou retinol nie, mag ’n hoë konsentrasie retinol saam met ’n azelaïensuurproduk dalk te veel wees vir sensitiewe velle.

Bensoïelperoksied

Saam kan hulle oormatig uitdrogend wees en mekaar se doeltreffendheid verminder.

Hier is ’n paar om te probeer:

Sonette beveel die Dermaceutic Dual+ aan “hierdie produk is geformuleer met ‘n unieke kombinasie van twee verskillende vorme van azelaic acid, dubbele aksie teen pigmentasie kolle en puisies.

Azelaïensuur is ’n doen-dit-alles velsorgbestanddeel vir ’n vel wat gladder, kalmer en meer eweredig vertoon. Indien jy op soek is na ’n sagwerkende multitasker bestanddeel wat verskeie velsorgprobleme aanspreek sonder enige newe-effekte is azelaic acid dalk die probeerslag werd.

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
9 Moeitelose planne vir hare op warm somersdae
error: Content is protected !!