Hoe kies jy die regte sjampoe?

Watter sjampoe om te kies is nie altyd maklik nie. Hier is opsies en raad vir verskillende haartipes. Deur Suzanne Kotzé.

06/10/2022

Voor jy sjampoe kies, ken eers jou jou kopvel

Onhou jou hare is dood, dit is eintlik maar jou kopvel wat jy was. Daarom is dit belangrik om te weet watter tipe kopvel jy het.

Lees meer hier: Wat prober jou kopvel vir jou sê

“As jy ’n gesonde kopvel het, is jou kanse op gesonde, blink hare beter.” Dr. Ian Webster

Sjampoe vir olierige olierige hare

As jy hare het wat vinnig vuil lyk en pap hang het jy waarskynlik ’n olierige kopvel en as ’n gevolg daarvan hare wat ook olierig lyk. Dit is as gevolg van die opbou van sebum (‘olie’) op jou kopvel. Onthou, dit is nie jou hare wat olierig is nie, maar die olie van jou kopvel versprei na jou hare. Jy sal meer gereeld moet ‘hare’ was as iemand met droë hare.

Onthou om nie te veel te skrop as jy jou hare was nie, want dit kan olieproduksie stimuleer. En hou jou hande uit jou hare die res van die dag. Hoe meer jy vat, hoe meer versprei die olie.

Kies sjampoe wat bedoel is vir olierige ‘hare’ en gebruik opknapper (slegs op die punte) om ander kwessies, soos bv breekbaarheid of porieuse hare aan te spreek.

Redken Amino-mint Shampoo (R380, retailbox.co.za ) bevat verfrissende kruisement en versterkende amino-sure om opgehoopte olie en vuiligheid van jou kopvel en hare te verwyder en dit help ook om jou kopvel se pH te balanseer.

Sjampoe vir fyn hare

Fyn hare is ook geneig om olierig te wees, so vermy enige swaar, romerige produkte. Silikoon kan ook jou hare laat swaarder (en pap) hang. Gebruik ligte formules wat volume gee. Onthou om jou hare kop onderstebo droog te blaas en so rukkie kop vooroor te hang nadat jy klaar geblaas het. As jou hare afkoel in die posisie bly die volume beter in. (En hande uit jou hare die res van die dag!). Vermy sjampoe wat minerale-olie en petroleum bevat aangesien dit jou hare kan laat swaar hang.

Schwarzkopf Professional Oil Ultime Light Oil-In Shampoo Marula Rose (R320, labelle.co.za en uitgesoekte salonne) Jy dink dalk olie sal jou fyn hare swaar en pap maak, maar nie hierdie sjampoe met roos- en maroela-olie nie. Dit help om jou hare sag en blink te maak, sonder om dit te laat pap hang. Die reuk is ook ongelooflik.

Joico JoiFULL Volumizing Shampoo (R370, labelle.co.za)

Sjampoe vir droë hare

Volgens bekende trikoloog dr.John Gray is droë hare eintlik hare wat nie genoeg vog het nie. Droë hare word nie noodwendig deur ’n droë kopvel veroorsaak nie, maar eerder deur jou haarvliesies wat met tyd verweer en porieus geword het. Volgens dr. Gray kom dit meer in lang hare voor, aangesien die hare al vir langer groei en ook dus meer verweer. Droë hare voel droog en blink ook nie. Dit kan ook ’n teken van skade wees.

Werk sagkens met jou hare, veral nadat jy dit gewas het. Geen harde gedroogvryf en borsel nie. Druk dit liggies met ’n mikroveselhanddoel (of ’n ou T-hemp) droog.

GLOV Hair Warp Cheetah (R340, sparklesa.co.za)
GLOV Hair Wrap Pink (R340, spraklesa.co.za)

Kyk net hoe mooi is hierdie Glov Microfiber Hair Wrap, en dit is nie sommer iets wat sal verdwyn in jou handdoekkas tussen jou ander handdoeke nie!

As dit by sjampoekeuse kom, kies sjampoe wat vog terugsit in jou hare.

Schwarzkopf Bonacure Clean Performance Moisture Kick Shampoo (beskikbaar by uitgesoekte salonne) is vir normale tot droë of krullerige hare

Al die nuwe formules van die Schwarzkopf Bonacure het nou ’n nuwe skoon formule, met veganistiese keratien en geen sulfate, silikoon of kunsmatige kleurstowwe nie. Die verpakking is ook ten volle herwinbaar en word gemaak van tot 97% herwonne plastiek.

Indola Hydrate Shampoo (vanaf R230, uitgesoekte salonne ) bevat jojobaolie wat jou hare voed en bevogtig.

Inoar Amor Sodia Shampoo (R480, inoar.co.za) bevat geen sulfate en seep nie.

Sjampoe vir krullerige hare

Kies sjampoe wat spesifiek vir krulle bedoel is en vermy sulfate (Ammonia Laureth Sulphate, Sodium Laureth Sulphate en Sodium Lauryl Sulphate). Dit stroop krulle (wat juis geneig is om droog te wees) van vog. Kies bevogtigende bestanddele soos galambotter en kokosneutolie. Soos met droë hare, gebruik ’n mikroveselhanddoek of tulband om jou hare liggies droog te druk.

Inoar Divine Curls Shampoo (R340, inoar.co.za)

Sjampoe vir gekleurde hare

Sjampoe wat kleur beskerm help dat jou kleur nie so vinnig uitwas nie. Kies ook sjampoe wat sulfaatvry is aangesien sulfaat ook jou haarkleur vinniger kan uitwas. Hoe meer gereeld jy was, hoe vinniger mag jou kleur uitwas. Ons sê nie loop met vuil hare nie, maar hou dit in gedagte vir wanneer jy byvoorbeeld jou oefening en haarwas beplan.

Schwarzkopf Professional Fibre Clinix Vibrancy Shampoo (R360, labelle.co.za) help dat jou hare se kleur langer hou.

Sjampoe vir gebleikte hare

Gebleikte hare het baie liefde, sorg en geld nodig!

Dit is belangrik dat jy vog terugsit in jou hare, want die bleikmiddel droog dit geweldig uit.

’n Pers sjampoe so een keer per week help daardie aaklige geel, oranje skynsel voorkom. (Blondines weet waarvan ons hier praat!) Die res van die tyd kan jy ’n hidrerende sjampoe (soos by droë hare) gebruik. En volume sjampoe, as en wanneer jy dit nodig het.

Inoar Absolut Speed Blond Shampoo (R380, inoar.co.za en uitgesoekte salonne, ) hidreer en voorkom geel en is beslis my staatmaker pers sjampoe.

Lees ook: Moets en moenies vir gebleikte, blonde hare


Kry outomaties 5% afslag op alle produkte by La Belle aanlyn winkel deur hieronder te klik. As jy ‘uitcheck’ word die 5% afgetrek.
La Belle
Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
5 Redes vir dowwe vel en wat om daaraan te doen
error: Content is protected !!