kopvel
kopvel

Wat probeer jou kopvel vir jou sê?

’n Kopvel wat droog, sensitief of olierig is of uitermatig jeuk, probeer dalk vir jou iets vertel. Hier is kundige raad. Deur Suzanne Kotzé.

Jou kopvel het nie verniet die woord vel in nie

“Onthou jou kopvel is vel; wat sweet, olie afskei en dooie selle afwerp. Jy neem jou hare en kopvel na dieselfde plekke as jou gesig en dit word aan dieselfde gifstowwe en besoedeling blootgestel. Jy behoort dus net so goed vir jou kopvel as jou gesig (vel) te sorg,” was van die wêreldbekende oorlede trikoloog Phillip Kingsley se beste raad.

Hoekom is ’n gesonde kopvel gelykstaande aan gesonde hare?

Dermatoloog (en mede-stigter van dermastore.co.za) dr. Ian Webster verduidelik: “Jou haarskag (die deel van jou hare wat jy bo jou kopvel sien uitsteek) is gemaak van dooie vel (keratien). Elke skag word deur jou haarvlies gevorm wat diep in die dermis geleë is met ’n opening op jou kopvel. As daar ’n siekte soos ekseem, psoriase of onsteking, op jou kopvel is, sal dit dus jou haarvlies beïnvloed wat op sy beurt weer die groei en kwaliteit van jou haarskag sal beïnvloed.

As jy dus ’n gesonde kopvel het, is jou kanse op gesonde, blink hare beter.”

Dr. Ian Webster

Wat probeer jou kopvel vir jou sê?

Olierig

Jou oliekliere skei te veel olie af. Elke haarvlies het ’n oliekliertjie en as jy fyn hare het, het jy gewoonlik meer hare op jou kop as mense met dikker of kroes hare. Daarom is mense met fyn hare meer geneig om met olierige kopvelle te sukkel.

Moontlike redes

  • Te min of te veel harewas
  • Vitamientekorte
  • Te veel stileerprodukte
  • Oormatige borsel

Wat kan jy doen?

  • Moenie te veel was nie
  • Was altyd twee keer. “As jy jou hare net een keer was (in plaas van twee) sal jy nie behoorlik ontslae raak van produkte wat agterbly op jou hare nie en ook nie van oortollige olie nie,” sê Karen Botha, verkope en bemarkingsbestuurder van Inoar.
  • Was saggies en gebruik jou handpalms. “As jy te hard was kan dit jou oliekliere stimuleer om nog meer olie te maak,” sê Angela Smith, PPS bestuurder van Henkel Beauty Care.
Matrix Biolage Scalp Cooling Mint Shampoo
Moroccanoil Oily Scalp Treatment

Droog

Jy het te min vog in jou vel wat irritasie op jou kopvel veroorsaak sodat jou vel afskilfer. As jou kopvel droog is, is ander dele van jou lyf waarskynlik ook droog.

Moontlike oorsake

  • chroniese droë vel
  • koue temperature
  • droë lug
  • velirritasie as gevolg van harde stileerprodukte

Wat kan jy doen?

  • “Gebruik sulfaatvrye sjampoe
  • kies sjampoe en opknappers wat Argan- of kokosneutolie bevat,” sê Angela
  • Behandel/masseer met ’n natuurlike olie. “Laat die olie vir ’n ruk (selfs oornag) aan en spoel/was dit met ’n kalmerende sjampoe,” sê sy.
  • Drink genoeg water
  • “Sluit essensiële vette by jou dieet in of oorweegaanvullings soos sleutelblomolie (primrose oil) en omegas as jy dit nie deur jou dieet inkry nie,” sê Angela.
Inoar Virgin Coconut Oil

Skilfers

Jy het nie skilfers omdat jou kopvel droog is nie; dit is juis meer algemeen onder dié met olierige kopvelle.

Oorsake

  • oorgroeiing van ’n tipe gis wat veroorsaak dat jou velselle te vinnig verdeel en skilfers (dooie velselle) is die gevolg.
  • spanning kan dit ook vererger.
  • vetterige suiwel soos kaas, wit wyn en vonkelwyn kan dit ook glo vererger

Wat kan jy doen?

  • Was met ’n teenskilfersjampoe.Jou kopvel se flora moet herstel word en produkte wat die gis teiken is belangrik.
  • tonikum/behandeling of serum wat skilfers teiken.                
  • weeklikse kopvel-afskilfering is ook ’n goeie idee.
Sisley Hair Ritual Soothing Anti-Dandruff Shampoo
Schwarzkopf BC Scalp Genesis Anti-Dandruff Shampoo

Kérastase Symbiose reeks bestaan uit:
Scalp Renewal Exfoliating Anti-dandruff Scalp Scrub,
Antidandruff Shampoo,
Bain Purete Anti-Pelliculaire,Hydrating Conditioner,
Hydrating Hair Mask en
Anti-dandruff Night Serum

Seborrheic dermattitis

Die gis (fungus) malassezia kom natuurlik in die olie-afskeiding van ons vel (en kopvel) voor. As jy egter Seborrheic dermatitis het, het jou imuunstelsel ’n ongewone reaksie op hierdie gis/fungus. Dit veroorsaak dat jou kopvel rooi en onsteek is en dat jy groot, taai skilfers het wat aan jou kopvel vassit.

Hoe weet jy of dit skilfers of seborrheic dermattitis is?

Skilfers is fyner en wit en kom maklik af as jy krap.

As jy Seborrheic dermatitis het, is die vlokkies taaier, effens geel en sit dikwels vas aan jou kopvel.”

Trikoloog Annabel Kingsley.

Cradle cap, wat babas dikwels het, is ook ’n vorm hiervan. By babas gaan dit egter natuurlik weg, waar dit by volwassenes lewenslank voorkom.

Moontlike oorsake

  • Spanning
  • seisoensverandering,
  • dieet
  • sekere siektes soos Parkinsons, depressie, neurologiese siektes en
  • medisyne (soos dié na ’n hartaanval) kan dit ook vererger of selfs veroorsaak.

Wat kan jy doen?

  • “Maak seker jou kopvel is altyd skoon om enige sebum te verwyder en swamme en bakterieë te verminder.
  • Spoel jou sjampoe baie goed van jou kopvel af,” sê Karen Botha van Inoar.
  • “Kies sjampoe wat die groei van bakterieë en swamme op jou kopvel aanspreek.
  • Was jou kopvel daagliks,” sê Angela
  • “Moenie jou hare saans was, dit in ’n bolla vasbind en so gaan slaap nie,” maan Angela. Dit kan die toestand en die groei van swamme vererger.
  • Sien ’n dokter of dermatoloog wat ’n medisinale sjampoe of room kan voorskryf as dit nie help nie.
BioMedical Emporium Scalp serum
Inoar Sensitine Shampoo 

Sensitief

Jou kopvel voel branderig, seer en jeuk.

Bestanddele in sekere sjampoes kan sensitiwiteit vererger.

Moontlike oorsake

  • Sensitiwiteit vir bestanddele in sekere sjampoes wat jou kopvel kan stroop van natuurlike olie en so jou kopvel se sperfunskie (wat vog inhou en slegte bestanddele en kieme uithou) beskadig en ontsteking kan veroorsaak.
  • Veltoestande soos dermatitis kan jou meer geneig maak tot ’n sensitiewe kopvel.
  • Kosallergieë, hormonale wanbalans, besoedeling en weer kan ook ’n rol speel.
  • Psoriase (‘n rooi uitslag op jou kopvel en rondom jou haarlyn, met wit deeltjies bo-op. Dit kan rondom jou haarlyn, agter jou ore en in jou nek voorkom. Sien ‘n dermatoloog as jy vermoed jy het dit.)

Wat kan jy doen?

Dermatoloog dr. Ian Webster sê vermy die volgende bestanddele:

  • swaar geurmiddels
  • formaldehied,
  • sulfate (soos sodium lauryl sulphate)
  • en sjampoes wat baie botaniese bestanddele bevat.
  • Vermy haarkleur wat paraphenylenediamine (PPD) bevat. Dit is ’n donker kleurstof wat deur chroniese gebruik oor die jare ’n allergiese reaksie daarteen kan veroorsaak.
  • Gebruik produkte wat jou kopvel sagkens sal reinig en ’n serum of tonikum om jeukerigheid te verlig.

Tydens my onlangse besoek aan die Avène Hydrotherapy sentrum in Frankryk het ons geleer dat die Eau Thermale Avène Water ook goed werk om ‘n sensitiewe of jeukerige kopvel te verlig. Spuit bloot van die water op jou kopvel. En

Eucerin DermoCapillaire Calming Urea Shampoo
Redken Scalp Relief Soothing Balance Shampoo
Eau Thermale Avène

Lees ook: Haarverlies: hoekom val my hare uit?


Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
5 Redes vir dowwe vel en wat om daaraan te doen
error: Content is protected !!