Binnelanders vakansie-smuktassies
Binnelanders vakansie-smuktassies

Binnelanders-aktrises deel met ons wat in hul vakansie-smuktassies is;

Ons het Binnelander-aktrises Melinda Viljoen, Luandri Rheynders en Maude Sandham gevra wat in hulle vakansie-smuktassies is. Deur Suzanne Kotzé

09/12/2022

In Melinda Viljoen se vakansie-smuktassie

Bevogtiger en sonbrandroom

Wat ek altyd heel eerste inpak is my bevogtiger en sonbrandroom! Gedurende die vakansie is ons baie meer in die buitelug en beskerming teen die son maak dat ’n mens dit sorgvry kan geniet. Soak up that sun with the needed protection vibes! 

Activ 02 Natural Solution Skin Breakout Clearing Lotion (R180 vir 75ml, Clicks)
Eau thermale Avène SPF 50+ Fragrance-Free Fluid (R295, dermastore.co.za)

Grimering

Wat grimering betref is verbloemer, verbronsingspoeier, ’n wenkbroupen en maskara in my 5 minute grimeerroetine. Dit is vinnig en maklik en ek voel natuurlik en mooi.

Catrice Clean ID High Cover Concealer (R99,houseofcosmetics.co.za)
Catrice Brow Definer Brush Pen Longlasting (R88,95 houseofcosmetics.co.za)
Catrice Go Big. Go Bold. 24h Deep Black Extreme Volume Mascara (R113, 95, houseofcosmetics.co.za)
Catrice Holiday Skin Luminous Bronzer (R100,95, houseofcosmetics.co.za)

(Gebruik die kode stylvol10 op houseofcosmetics.co.za vir 10%afslag)

Helder lipkleure

En dán in die kar op pad na waarookal ons volgende avontuur is, kies ek my helder lipkleur vir die dag. Dit is behoorlik asof ek die gevoel vir die dag saam my lipkleur kies. Ek het gewoonlik drie go-to kleure; helderrooi, bloedlemoen, en ’n mat pienk. 

Ek hou daarvan om my lippe te omlyn en in te kleur met ’n lippotlood.

Sorbet Lips Stay Put Lip Line-Up Duo Lip Liner Hot Spicy (R95, Clicks) is ’n wenner, want dit is rooi aan die een kant en pienk aan die ander kant.
Catrice Matt Pro Ink Non-Transfer Liquid Lipstick (R125,95, houseofcosmetics.co.za)

Ek neem ook altyd ’n rooswatersproei saam op vakansie. Dit is ’n ware ‘pick-me up’ vir die gesiggie as dit baie warm is en ek voel my grimering smelt. Dis ook verfrissend. 

In Luandri Reynders se vakansie-smuktassie

Die vakansie is hier! Of ek nou see of bosveld toe gaan is daar ’n paar skoonheidsprodukte wat ek altyd saam met my dra. 

Sonskerm 

Sonskerm is die heel eerste ding wat ek aansit. Dis so belangrik om jou vel te beskerm teen die warm Afrikason. Ek gebruik ’n mat sonskerm van Vichy sodat dit nie te olierig raak deur die dag nie. Dan dra ek ook ’n aansproei sonskerm (ook van Vichy) in my sak wat jy deur die dag oor jou grimering kan aanspuit. Ek maak seker ek dra minstens ’n SPF50

Vichy UV Protect SPF 50 Anti Shine Face Cream (R335, dischem.co.za)

Getinte wenkbrou-jel

Ek dra graag getinte wenkbrou-jel, veral as mens nie baie grimering dra nie. Net om elke haartjie mooi in plek te hou en om dit net ’n bietjie voller te laat lyk.

Essence Make Me Brow Eyebrow Gel Mascara (R69,95 houseofcosmetics.co.za en verskeie winkels)

Waterdigte maskara

Ek dra nie altyd waterdigte maskara nie, maar dit is beslis die beste as dit baie warm is of as jy gaan swem. Dit laat jou oë net pop. Maak net seker jy haal dit baie mooi af, want dit kan jou wimpers breek en niemand wil dit hê nie. 

Maybelline Falsies Lash Lift Waterproof 01 Black (R189,95 Foschini Beauty)

Blosser

Ek het ’n baie ligte vel en blosser gee net altyd vir my ’n bietjie kleur. Ek is mal oor ’n mooi pienk blosser met n bietjie van ’n shimmer in. Dit laat jou vel so mooi en gesond lyk. 

Lip-olie

Ek dra nie graag lipstiffie as ek met vakansie gaan nie. Dit is bietjie te veel as ’n mens nie baie grimering aan het nie.  Daarom geniet ek ’n lekker lip-olie wat nog ’n bietjie kleur gee en jou lippe hidreer. My lippe raak vinnig droog so dit is beslis iets wat ek altyd saam met my dra. 

Lees meer oor die lip-olies hier:

In Maude Sandham se vakansie-smuktassie

Foto: Blyde Smit

Sonroom

Sonroom is ’n moet vir enige iemand (en veral ‘n rooikop!) se vel in die Suid-Afrikaanse son.

Skoon Sunnybonani Day Defense Sun Cream SPF20 (R549,95, skoonskin.com)

Vir my krulle

IntrinsicurlyMe Combo Pack (R500, intrinsicurlyme.co.za) Hierdie is die beste keuse vir gesonde krulle!

Wange en lippe

The Body Shop Lip & Cheek Stain 003 Red Pomegranate (R210, thebodyshop.co.za)

Vir ’n bietjie sparkle

En dan vir ’n bietjie sprankel en kleur wanneer die vakansiegees jou vang . The Glitter Fairy Bio-degradable glitter is in verskeie kleure beskikbaar. (R65 elk theglitterfairy.co.za)

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Wat sê jou puisies oor jou gesondheid? Oosterse gesigsdiagnose 101:
error: Content is protected !!