Die ghd gold styler van die nuwe Wish Upon A Star reeks, sal hierdie vakansie oral saam met my gaan. Van troue hou tot kamp tot Kersdag met golwende krulle. , waarmee ek my hare óf sysag en reguit (blink!) maak óf omtower tot golwende krulle. Loer hier na die video om te sien hoe ek golwende krulle vir Kersfees skep. Deur Justine Kroes.
Loer na die video hier:
Meer oor die ghd Gold
Vanjaar se ghd Wish Upon a Star reeks is die mooiste spierwit en goud stileerder.
Hierdie haaryster se dubbel-sone (dual zone)-tegnologie bevat nuwe generasie hitte sensors, een op elke plaatjie. Die sensors maak ook seker dat die optimale temperatuur van 185 grade Celsius onderhou word, wat die perfekte hitte is vir stilering sonder dat dit beskadig.
Ek was so beïndruk dat hierdie stileerder net 25 sekondes neem om warm te word (veral goeie nuus vir ’n haastige Mamma wat soggens tyd wil spaar!). Plus die ghd Gold gaan vanself na 30 minute sonder gebruik in ’n ‘sleep mode’ in. Jy hoef nie meer halfpad werk toe om te draai om seker te maak jy het jou haaryster afgeskakel nie.
Loer hier vir die hele ghd Wish Upon A Star reeks – perfekte kersgeskenk!
Golwende krulle, doen dit so:
Ek kon dit nog nooit regkry om my hare met ’n haaryster te krul nie, maar ek het onlangs hierdie truuk raakgesien op pinterest:
- Verdeel jou hare, ek het die boonste helfte vasgeknip en eers die onderste helfte begin krul.
- Begin bo by die wortel, plaas die ghd bo op jou hare en draai jou hare om die ghd en trek die punt van jou hare in die middel deur.
- Knyp hare vas en trek die hele haaryster sagkens afwaarts (jy kan jou hare nog ’n keer omdraai vir ’n stywer krul).
- Sodra die hare gekrul is, draai dit met jou vinger sodat die krul mooi val en set.
- Wenk: Dit neem so ’n paar minute se oefening om die metode onder die knie te kry, maar dit is beslis die vinnigste en maklikste manier waarop ek my hare nóg kon krul.
- Loer na die video hierbo!
Ekstra wenke:
- Moenie silwerskoon hare probeer krul nie, die krul hou nie so lank nie.
- Droë sjampoe op die wortels verfris jou hare en gee ekstra volume.
- Wanneer jou hare afgekoel/geset het, kam met ’n wyetand kam deur die krulle om sagte golwe te skep.
- ’n Skeut haarsproei vanaf die midlengtes tot die punte sal jou krul/golwe nog langer laat hou.
Lees meer oor die ghd glide warmborsel hier