Kort jy haarkleur-inspirasie? Wees gewaarsku jy gaan wíl kleur na jy hierdie mooi haarkleure wat tans groot nuus is gesien het! Van die mooiste koper skakerings tot die gewilde ‘Louis Vuitton’ brunette. Deur Suzanne Kotzé.
18/11/2022
Charles Junior Louw by Excentric Hair (in Kaapstad) en Wella Professionals kleurspesialis deel watter haarkleure tans groot nuus is.
Haarkleur-inspirasie vir jou volgende salonbesoek
Goue blonde
Die sewentigs is groot nuus en so ook die goue blonde haarkleur wat mens met die era assosieer. As jy op soek is na ’n natuurlik blonde kleur vir somer is hierdie presies wat jy wil hê.


Ysblonde
Net soos ’n goedgesnyde bob-haarstyl altyd klassiek is, so is platinum en ysblond ’n klassieke gunsteling kleur wat nie sommer uit die mode sal gaan nie.

Lees ook: Moets en moenies vir gebleikte blonde hare
Bronde
Die immgergewilde bronde (wat natuurlik soos die naam sê ‘n kruising tussen blond en bruin is) is al vir ’n paar somers gewild, maar dit is nou meer gewild as ooit! Dit is ook makliker om te onderhou as blonde hare, as jy nie van natuurlik ’n ligte basis kleur het nie.

Wella Professionals Lookbook Caramel Gloss Hair Glaze
Aarbei-blonde

Dink aan Nicole Kidman en Amy Adams. Waak wel hierteen as jou vel geneig is om rooi te word.
Sjokolade en karamel balayage

Hierdie is ideaal vir die songesoende voorkoms. Die gewilde ‘Tiktok’ haarkleur chocolate brownie maak juis ook van ’n mengesel van balayage en baba ligstrepies gebruik en met ’n paar money pieces voor.
Wella Professionals Lookbook Amber Hair Mirror Lights
‘Louis Vuitton’ brunette
Hiermee word natuurlik na ’n bruin haarkleur wat ‘ryk lyk’ met verskillende skakerings en BAIE glans.

Wella Professionals Lookbook Transformative Toning Cognac
Goue koper
Hierdie is ’n subtiele weergawe van die ‘oranje hare’ trend met stukkies koper en goud deurweef. Dit is speels en sexy, maar onthou egter as jy ’n blondine is, is hierdie kleur nie goedkoop om te onderhou nie.

Wella Professionals Lookbook Cinnamon Red Shadow Lights
Oranje skakerings
Oranje hare is beslis die ‘showstopper’ vir hierdie somer. Daar is soveel verskilende skakerings om van te kies en jy sal nie sommer verveeld raak hiermee nie! Verander bloot jou skakering.

Kyk net hoe mooi is hierdie koper oranje kleur!

Swart
Middernag blou/swart is ideaal as jy misterieus en effens rebels wil oorkom.
Hierdie kleur is ’n effense ligter weeergawe van die trend.

Grys
Grys hare bly gewild, veral onder die wat gereed is en nie skaam is om hul ouderdom te wys nie!

Lees ook: Wys jou grys hare (met trots)





