Wat is retinol, hoe moet jy dit gebruik en hoekom is dit steeds so ’n staatmaker bestanddeel om alles van puisies tot plooie en fermheid aan te spreek? Deur Suzanne Kotzé
Inligting verskaf deur Endocare.
Promosie
Wat is retinol, retinoïede (retinoids) en retinoiese suur
Retinoïede
Retinoïede is die versamelnaam vir al die verskillene tipes vitamiene A.
Retinoiese suur
Retinoiese suur kan slegs deur ’n dokter voorgeskryf word en mag nie deur skoonheidsmaatskappye in produkte gebruik word nie. Dit is ook die enigste een wat aan die die RAR (retinoic acid receptors) of RXR aan die selkern bind om sekere gene aan en af te skakel en jou vel kan bevoordeel.
Retinoïede ester, retinol, retinaldehied (retinaldehyde)
Omdat skoonheidsmaatskappye nie retinol mag gebruik nie, het hulle ’n sagter weergawe kosmeseutiese retinoïede ontwikkel. Hierdie kosmeseutiese retinoïede wil dieselfde werk doen as reinoiese suur (wat slegs deur dokters voorgeskryf mag word), en dit kan wel in retinoiese suur verander deur ’n sekere paadjie te volg.
Die verskillende tipes kosmetseutiese retinoïede se sterkte hang af van die hoeveelheid kere wat dit moet verander om in ’n retinoiese suur te verander. Retinoïede esters, soos retiniel palmitaat, is byvoorbeeld minder sterk as retinol omdat dit ’n paar keer moet verander voordat dit in retinoiese suur verander.
Retiniel palmitaat (ook bekend as retinoiese esters)
Moet drie keer verander: Retiniel palmitaat >retinaldehied-> retinoïese suur
Retinol
Moet twee keer verader: Retinol->retinaldehied-> retinoïese suur
Hoe meer keer dit moet verander, hoe minder effektief werk dit.
Dit is verder ook belangrik om te onthou dat enige vorm van Vitamien A (soos retinol, retinoiede ens.) vinnig afbreek wanneer dit aan lug en lig blootgestel word.
Is sterker beter?
Hoe hoër die konsentrasie, hoe groter die effek wat dit op jou vel sal hê. Maar hoe hoër die konsentrasie, hoe groter is die kanse ook dat jy newe-effekte kan hê. As jy dan die produkte ophou gebruik as gevolg van die newe-effekte, het dit dus geen nut nie.
Die ideaal is dus om ’n produk te kry met die hoogste moontlike konsentrasie wat jy en jou vel kan hanteer en aanhou gebruik.
Newe-effekte
Te hoë konstentrasie kan lei tot vel-irrtitasies soos branderigheid, rooiheid, jeukerigheid en vel wat afskilfer.
Die velvoordele van retinol, of meer korrek, retinoïede
Van die voordele sluit in vinniger selhernuwing (soos ons ouer word, neem selhernuwing af), nuwe kollageen word gevorm (teen-verouderend), dit versprei melanienkorrels (wat met pigmentasie help) en dit is komedolities. Laasgenoemde beteken dat dit daardie groot blindepuises (wat gebeur omdat olie en dooie velselle in jou porieë ophoop) help voorkom.
Oor die algemeen kan dit help dat jou vel
- gladder is,
- glansend is,
- met minder plooitjies en lyntjies,
- minder pigmentasie,
- en minder puisies.
Op watter ouderdom moet jy retinoïede begin gebruik
Retinoïede word gereeld vir tieners wat met aknee sukkel aanbeveel omdat dit so goed om olie-produksie te reguleer en selhernuwing aan te help.
Vanaf die ouderdom van 25 wanneer veroudering begin plaasvind, kan dit vir almal voordelig wees aangesien dit help om ons velle gesonder te hou en omdat dit ook help met teenveroudering.
Sonsensitiwiteit
As jy retinoïede in die vorm van medikasie gebruik (pille) kan dit jou vel meer sonsensitief maak. Daar is egter kontroversie oor of dit werklik jou vel meer sonsensitief maak as jy dit topikaal gebruik (aansmeer).
Die meeste dokters beveel egter aan dat jy dit eerder begin gebruik gedurende die wintermaande en ook saans (eerder as bedags).
Onthou sonskerm is die nommer een produk as dit by teenveroudering kom en as jy nie sonskerm dra, of gaan dra nie, (veral as jy baie tyd buitenshuis deurbring) kan retinol jou meer kwaad as goed doen.
Bestanddele en produkte om te vermy as jy retinoïede gebruik
Wees versigtig vir aktiewe bestanddele wat afskilfer, soos alfa-hidroksiesuur en beta-hidroksiesuur, aangesien dit jou vel kan iriteer en meer sensitief maak. As jy dit wel gebruik, gebruik dit in lae konsentrasie en wissel dit af gedurende dag en aand gebruik.
Die gewoondmaakproses
Om velsensitiwiteit en newe-effekte te voorkom is dit belangrik dat jy jou vel gewoond maak aan retinoïede deur dit stelselmatig te begin gebruik. Vir die eerste twee weke, twee keer per week en daarna drie of selfs vier of vyf keer per week. Dit is egter belangrik om daardie balans te vind van waarmee jou vel gemaklik voel. Dit help nie jy begin dit sommer vier of vyf keer per week te gebruik en dan voel jou vel so ongemaklik, dat jy dit dadelik ophou gebruik nie.
Kan jy retinoïede op jou nek en décolletage gebruik?
Ja jy kan, maar onthou dat die vel hier anders as die vel op jou gesig is. So dit is ekstra belangrik dat jy jou vel hier ook gewoond maak, deur dit stelselmatig te begin aanwend (sien bo).
Vitamien A-ryke kos en jou vel
Vitamien A-ryke kos is voordelig vir jou vel. Dit word in jou dunderm omgeskakel na retinol en word dan na die res van jou lyf (insluitend jou vel) versprei.
Plantbronne van vitamiene A sluit geel en oranje groente en vrugte (soos wortels, patat en perskes) in en groen groentes soos spinasie, boerkool en ertjies is goeie bronne. Eiergeel en orgaanvleis soos lewer is ook goeie bronne.
Die aanwending van retinoïede
In die verlede het ’n mens gewoonlik eers retinol aangewend, ’n bietjie gewag en dan jou vogroom aangesmeer. Nuwe data wys egter dat retinol selfs sal absorbeer as jy dit bo-oor jou vogroom gebruik. Die meeste dermatoloë beveel aan dat jy jou serum (’n hidrerende serum werk veral goed saam met retinol), jou vogroom en dan jou retinol aanwend. Deur dit laaste aan te wend, help dit ’n reaksie of senstiwiteit voorkom.
Dit Vitamien A en Vitamien C-wenkombinasie
Om retinoïede saans en Vitamien C bedags te gebruik is baie gewild omdat dit saam kan help dat jou vel glansend en gesond lyk, terwyl dit donker kolle en oneweredigheid voorkom en help met plooitjies en minder ferm vel.
Vitamien C is ’n kragtige anti-oksidant en help veral om jou vel te beskerm teen UV en besoedeling. Dit maak dit ideaal om dit bedags te gebruik.
Retinoïede werk weer goed om saans te gebruik sodat dit kan help om jou vel helderder te maak en veroudering teen te werk terwyl jy slaap.
Endocare Comfort Cream (R658)
Die strelende en hidrerend room is ideaal om te gebruik as jy nog nooit retinolprodukte gebruik het nie en jou vel wil gewoond maak aan retinol of as jy nie retinoiese suur wil of kan gebruik nie. Of as jou vel herstel nodig het. Dit is ook wonderlik om te gebruik om jou vel voor te berei vir prosedures soos IPL, chemiese afskilfering of laser.
Die room help om jou vel se sperfunksie te herstel en jou vel te hidreer en streel.
Die hoofbestanddele van die room is:
Edafence: dit is teen-besoedelend, help skade verminder en om jou sperfunksie te herstel
Bisbolol is strelende en anti-imflammatories
Niasinamied versterk jou sperfunksies en hidreer
RetinSphere tegnologie wat ’n retinoiese ester met retinol kombineer in ’n ingekapsuleerde afleweringsisteem, wat steeds effektief is, maar sonder die irritasie wat jy van retinol mag ondervind
Endocare Renewal Retinol Serum (R1 024)
Hierdie serum wat (0.2% suiwer retinol bevat) help om jou vel te vernuwe, ouderdomsvlekke en plooitjies te verminder en te help met verferming.
Onthou om alle retinol stelselmatig te begin gebruik sodat jou vel eers kan gewoond raak hieraan.
Die hoofbestanddele van die serum is:
Bisabol wat strelend en anti-imflammatories is
Niasinamied wat help om jou vel se sperfunksie te versterk, en so ook jou vel gehidreerd en gemaklik (minder styf) laat voel
Hialuroonsuur wat kruisgeskakel (cross-linked) is om jou vel te hidreerd en te voed
RetinSphere ® Tegnologie wat 0.2% suiwer retinol bevat wat selhernuwing aanhelp
Die serum trek vinnig in, en lyk mat. Dit het ’n lugvrye pomp (aangesien retinol lugsensitief is) sodat presies die regte hoeveelheid uitgepomp word.
Wend dit so aan:
Skud die buisie eers goed. Gebruik die serum oor jou gesig en nek saans. Vermy jou oogarea en slymvliese. Gebruik sonskerm bedags. Jy mag dalk aanvanklik ’n ligte brandgevoel en afskilfering ondervind.
Endocare Renewal Retinol Intensive Serum (R1 225)
Hierdie serum is dieselfde as die Renewal serum, maar bevat ’n sterker konsentrasie retinol, 0.5% Ideaal om te gebruik as jou vel klaar aan retinol gewoond is.