Glinsterend en glansend met ons gunsteling droë olie

Ons gunsteling droë olie; NUXE Huile Prodigieuse® se skitterende goue kleur; Huile Prodigieuse® Or is ook nou in ’n roosgoud weergawe Huile Prodigieuse® Or Florale beskikbaar. En ons gebruik dit op ons lywe, gesigte en selfs hare! Deur Suzanne Kotzé

Die glinsterende droë olie duo: NUXE Huile Prodigieuse® Or en Or Florale

Kyk dit is geen geheim dat ons reuse aanhangers isvan  NUXE Huile Prodigieuse® nie. Lees gerus hier: Ons is gaande oor NUXE Huile Prodigieuse® Neroli en dis hoekom

As jy eers hierdie droë lyfolie (wat sewe botaniese olies bevat) gebruik het, verstaan ’n mens  hoekom daar een elke sewe sekondes wêreldwyd verkoop word.

Huile Prodigieuse® Or is die glinsterende, goue weergawe en is reeds vanaf 1998 beskikbaar. Net meer as 20 jaar later in 2019 is die Florale weergawe van die geliefde olie beskikbaar gestel. En dit is hierdie einste Florale weergawe, wat nou in glinstervorm as die Huile Prodigieuse® Or Florale beskikbaar is.

Hoe verskil Huile Prodigieuse®Or en Or Florale?

Altwee het die oorspronklike droë olie formule (wat beteken dat dit supervinnig intrek en glad nie olierig voel nie), en word van dieselfde skoon, veganistiese formule met 100% botaniese olies en skitterende deeltjies van natuurlike oorsprong gemaak.

Huile Prodigieuse® Or ruik soos die oorspronklike Huile Prodigieuse® (dink lemoenbloeisels, magnolia en vanielje). Dit het goue deeltjies en ’n warmer kleur wat ’n subtiele goue glans gee.

Huile Prodigieuse® Or Florale ruik soos die vars blommegeur van Huile Prodigieuse® Florale (pomelo, lemoenbloeisels en magnolia en muskus). Die roosgoud kleur is deursigtig met pêrelagtige, koeler ondertone wat jou velkleur subtiel glinsterend laat lyk.

Met haar donkerder, warm velkleur verkies Justine die Or, terwyl Suzanne met haar ligter, koeler velkleur, die Or Florale verkies.

Gebruik dit so

Gesig

Tik die olie bo-oor jou grimering aan op dele waar jy gewoonlik ’n beklemtoner sal gebruik; die dele waar lig natuurlik val. Soos die bokant van jou wangbene, op die brug van jou neus of in die middel van jou voorkop.

Lyf

Jy kan dit óf oor jou hele lyf insmeer, óf jy kan dit gebruik op dele wat jy wil beklemtoon soos jou borsarea en skouers).

Hare

Dit is nie net wonderlik om lastige wegvlieghaartjies te tem nie, maar ook om subtiele glans te gee.

Wenk: Moenie olie op jou hande sit en dit dan deur jou hare trek nie (dit mag dalk te veel wees.) Gebruik net die oortollige olie wat op jou hande agtergebly het nadat jy dit aan jou lyf gesmeer het en tik dit liggies aan jou hare.

Lees ook: Wat is jou Nuxe Huile Prodigeuse Persoonlikheid https://stylvol.co.za/wat-is-jou-nuxe-huile-prodigieuse-persoonlikheid/

Huile Prodigieuse® Or en Huile Prodigieuse® Or Florale (R555vir 50ml is aanlyn beskikaar by Orleans Cosmetics en by winkels soos Woolworths en Truworths)

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Stylvol Bril
Brilkies-wenke
error: Content is protected !!