Jimmy Choo ‘I Want Choo’ en ‘I Want Choo Forever’

Meeste van ons kan dalk net droom van Jimmy Choo skoene, maar die speelse dog glansryke Jimmy Choo ‘I want Choo’-fyngeur en die verleidelike ‘I want Choo Forever’ is meer binne ons bereik en laat ons droom van ’n aand saam met vriendinne of ’n sexy ‘date-night’! Deur Suzanne Kotzé

PROMOSIE

Jimmy Choo ‘I Want Choo’-fyngeur

Spuit jy die fyngeur aan, kan jy nie anders as om glansryk te voel nie. Dit is asof jy ewe skielik so ’n ekstra wip in jou stap het terwyl jy droom van aande saam met vriendinne eerder as om weer voor jou TV of rekenaarskerm te sit. Dit is juis drie vriendinne wat saam klaarmaak vir ‘n partyjie-aand, waar rondom die ‘I want Choo’ veldtog draai.

Hoe ruik Jimmy Choo-‘I Want Choo’

Die geur word as ’n kragtige Oosterse blommegeur beskryf wat ontplof van geluk en goeie humor met ’n verleidelike kinkel in die kabel. 

Topnote van sitrus (mandaryn) kontrasteer met fluweelagtige perskegeure wat die gevoel van opwinding en afwagting skep. 

Die rooi spinnekoplelie se vleeslike vanieljenote meng met sensuele Jasmyn-sambak en is saam uitdagend aanloklik as middelnote.

Die basisnote van vanielje en bensoïen skep saam ’n intense ryk en diep geur. 

Die mooi bottel

Jimmy Choo Jimmy Choo-‘I Want Choo EDP R1099 vir 40ml, R1549 vir 60ml en R1999 vir 100ml beskikbaar by Foschini en uitgesoekte winkels

Dit gaan moeilik wees om nie die mooi bottel te wil uitstal nie. (Onthou fyngeure moet liefs nie aan sonlig blootgestel word nie en eerder in jou kas gehou word). Die JC voorletters op die mooi glasbottel en die goudkleurige doppie voel en lyk beslis luuks. 

Wat sê ons van die geur?

Al spuit ons hoeveel fyngeure aan, bly dit ongelooflik hoe parfuum ’n mens kan meevoer en anders laat voel. Met ‘I want Choo’ se kombinasie van note het ons dadelik meer energiek (sitrus note) en glansryk (rooi spinnekop lelie- en jasmynnote) gevoel. Die parfuum het ook lank aangebly (danksy die vanielje en bensoïen). Die geur is soet (maar glad nie te soet of oordonderend nie) en warm; ’n heerlike wintergeur. 

Wees gereed om gevra te word ‘watter parfuum het jy aan?’

Jimmy Choo I want Choo Forever

Jimmy Choo Jimmy Choo-‘I Want Choo Forever EDP R1099 vir 40ml, R1549 vir 60ml en R1999 vir 100ml beskikbaar by Foschini en uitgesoekte winkels

Jimmy Choo I want Choo Forever is in 2022 bekendstel en word as betowerend en verleidelik beskryf. So amper asof die geure jou kan bedwelm en tot ‘n geurverslawing kan lei. Selfs die kurwes van die botteltjie weerspieël dit.

Hoe ruik Jimmy Choo-‘I Want Choo Forever’

Die geur word as ’n vrugtige, gourmand (lekker genoeg om te eet) chypre (uitgespreek ‘sheep-rah’ geur. Vrugte en blomme, soos die soet geur van jasmyn, roos en ook vanielje, gemeng met pienk peper, swart kersie likeur, bitter amandel, amber en tonka bone.

Wat sê ons van die geur?

Hierdie geur is beslis verleidelik en net wat jy nodig het vir ‘n ‘date-night’. Mens kan jouself sommer indink hoe jou ‘date’ (of jou man) in jou nek fluister net om hierdie geur te kan ruik. Die pienk peper en bitter amandel komplimenteer veral die soeter geure. Dit ruik beslis baie verleidelik en bly lank aan!

Waar moet jy jou parfuum aanwend?

Spuit parfuum aan jou liggaam se polspunte, soos jou polse, die binnenkant van jou elmboë en agterjou knieë. Spuit dit ook aan jou nek, sodat die parfuum blootgestel kan word elke keer wat jy jou hare beweeg. Vermy egter jou decoletté, wat aan son blootgestel word aangesien dit veroudering kan veroorsaak.


Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
sothys
Sothys se nuwe reeks vir ’n glansende, eweredige vel
error: Content is protected !!