Kies jou NUXE Huile Prodigieuse® droë lyfolie (ons kan nie hiersonder nie!) en bypassende parfuum na aanleiding van jou geurpersoonlikheid; klassiek, blommerig of energiek. Deur Suzanne Kotzé, Foto’s Jessice Delport
promosie
Ons liefde vir NUXE Huile Prodigieuse® se droë lyfolie
As jy gereeld Stylvol lees, weet jy teen die tyd dat ons reuse-aanhangers van NUXE Huile Prodigieuse® se droë lyfolie is. En ons is beslis nie die enigstes nie; een bottel (wat uit ’n mengsel van sewe botaniese olies en 97% natuurlike betanddele bestaan) word elke elf sekondes wêreldwyd verkoop!
Of jy dit nou saans tydsaam wil inmasseer na ’n ontspanne bad of stort (en heerlik ruik terwyl jy slaap) of soggens blitsig aan jou klam stortlyf wil aanspuit, hierdie is ’n staatmaker waarsonder ons nie kan nie.
NUXE Huile Prodigieuse® is nie net vir jou lyf nie
Nadat jy die olie aan jou lyf gespuit en liggies ingevryf het (dit vryf werklik maklik in, sonder dat jou lyf olierig voel), vee jou hande oormekaar sodat dit die agterkant van jou hande ook bevogtig, en smeer die olie ook rondom jou naelvliesies is. Neem daarna jou hande (wat nog ’n klein bietjie olierig is) en druk dit liggies op wegvlieghaartjies.
Nou het jy sommer van een taak ’n drie-in-een gemaak! En hierdie was presies NUXE-stigter, die Franse Aliza Jabès, se idee agter die olie. As ’n jong ma wou sy ’n produk maak wat jy op jou lyf, hare en gesig kon gebruik.
As jy langer hare het, kan jy so een tot twee spuite in jou handpalms spuit en daarna deur jou midlengtes tot punte aanwend. Vir ’n spesiale bevogtigingsmasker kan jy dit ook een keer per week ’n paar spuite aan jou hare aanwend, dit inaanlos vir 10 minute en daarna jou hare soos gewoonlik was.
Ons tik selfs ’n klein bietjie op ons wangbene aan vir ekstra glans! Nog ’n gewilde manier van gebruik is om ’n klein bietjie van die olie met jou dagroom te meng vir ekstra bevogtiging.
Drie verskillende geure NUXE Huile Prodigieuse® en hul bypassende parfuum
Die geur van die oorspronklike NUXE Huile Prodigieuse® is so ongelooflik heerlik dat liefhebbers dadelik ’n parfuum ook wou hê. Al drie NUXE Huile Prodigieuse® lyfolies het nou ’n bypassende parfuum ook!
Klassiek en sensueel met NUXE Huile Prodigieuse® geur
Vanaf die bekendstelling in 1991 is vroue gaande oor die geur van die oorspronklike NUXE Huile Prodigieuse. Dit is ook alombekend dat die bekendstelling en reusesukses van die droë olie bygedra het tot die sukses van Nuxe wat in 1990 as ’n klein Franse aptekersreeks begin het. (PS die naam NUXE staan vir ‘natuur’ en ‘luxe’).
Die legendariese geur van die oorspronklike droë olie is gebruik om ’n sensuele Eau de Parfum te skep. ’n Vroulike geur wat jou aan die somer (dink aan son op jou lyf en sand tussen jou tone) herinner met note van lemoenbloeisels, magnolia en vanielje.
Vrolik en vroulik met NUXE Huile Prodigieuse® Florale
Die ‘Florale’ weergawe wat vanaf 2019 beskikbaar is, is ’n vrolike, vars blommegeur. Jy ruik vars sitrusgeure (pomelo, bergamot en suurlemoen), blomme (magnolia en lemoenbloeisels) en muskus.
Strelend en energiek met NUXE Huile Prodigieuse® Neroli
Die jongste toevoeging is NUXE Huile Prodigieuse® Neroli, wat ook ’n organiese sertifisering het.
Die droë olie bevat vreugdevolle Bergamot, elegante Neroli (wat ’n effense soet sitrus blommegeur het) en aromatiese Laventin. Dit skep ’n geur wat behoorlik jou sintuie streel. Die geur is terselfdertyd strelend en energiek. So asof jy daardie oomblik kan asemhaal en kalmeer voordat jy energie kry om met die dag (en dikwels dolle gejaag) te begin.
Die bypassende parfuum, Prodigieux Neroli, is splinternuut en het aromatiese vars note van Bergamot, Verbena en Petitgrain (die essensiële olie afkomstig van die groen blare en stingels van die bitterlemoenblom). Laventin en lemoenbloeisels skep ’n kalmerende geur terwyl die basisnoot muskus is.
Lees ook: Ons is gaande oor NUXE Huile Prodigieuse® Neroli en dis hoekom