glansende vel
glansende vel

Glansende vel; ’n dermatoloog, grimeerkunstenaar en estetiese velkenner se geheime

Ons het ’n obsessie met glansende vel en het drie vroue; ’n dermatoloog, Dr Suretha Kannenberg, grimeerkunstenaar, Reneé de Wit en estetiese velkenner Sonette Donker gevra vir hul geheime om van dowwe vel ontslae te raak. Deur Suzanne Kotzé

Bygewerk: 31 Maart 2025

Ons jeugdige, glansende velle verdwyn stadig maar seker soos ons ouer word. Die meeste van ons sukkel met ’n dowwe gelaat en veral die boonste lagie van ons vel se vogvlakke raak uitgeput as gevolg van veroudering.

Jonger velle hernu hulself ook elke drie tot vier weke, terwyl ouer vel slegs elke vier tot ses weke hernu. Dit kan lei tot ’n opeenhoping van dooie velselle, wat jou vel dof kan laat vertoon en ook veroorsaak dat jou velsorgprodukte nie behoorlik kan penetreer nie. So dowwer, droëer vel is baie algemeen en as jy hiermee sukkel is jy nie alleen nie.

Dit is egter nie net meer volwasse vroue wat hiermee sukkel nie, danksy trends soos ‘glass skin’ (TikTok se grootste vel trend van 2024!) is glansende vel iets wat vroue en meisies van alle ouderdomme nastreef.

Lees gerus hier: Wat is glasvel en hoe kry ek dit?

Die dermatoloog se geheim vir ’n glansende vel

Dr. Suretha Kannenberg deel met ons wat jy moet doen vir ’n glansende vel

  1. Daaglikse vitamien A-room 
  2. Gereelde in-office prosedures soos chemiese afskilferings en Dermapen (microneedling)
  3. Tussenin weeklikse ligter tuis chemiese afskilferings 
  4. Sonbeskerming – reeds vanaf kinderjare
  5. ’n Goeie vogroom – geformuleer vir jou vel tipe
  6. ’n Gesonde gebalanseerde dieet
  7. Plooie laat definitief jou vel minder glansend lyk. Dit is maklik om aan te spreek, maar moet gedoen word voordat lyne permanent raak. Botulinum toksien (spierverslappende inspuitings) help nie net met plooie nie, maar verminder ook sebumproduksie in die omliggende vel, maak porieë kleiner en laat jou vel dus baie gesonder vertoon. (Onthou as lyne permanent raak, dan is vullers die enigste antwoord.
  8. Velopknapping met ligte oppervlakkige vullers. (Soos Volite of Restylane Vital of Vital light – ‘Skin boosters

Psst: Dr. Kannenberg se praktyk is in Durbanville, Kaapstad, maar jy kan ook ‘n aanlyn konsultasie met haar doen. Klik hier: dr.derma.co.za

Die grimeerkunstenaar se geheime vir glansende vel

Renée de Wit beveel die volgende aan

  1. Maandelikse chemiese afskilfering (peels) is ’n moet.
  2. Micro-needling ten minste vier keer ’n jaar.
  3. Gebruik ’n reiniger wat ook afskilfer. (ZO Skin Health Exfoliating Polish is een van my gunstelinge. Nog ’n gunsteling vir afskilfering is Elemis Dynamic Resurfacing pads om dooie velletjies te verwyder.
  4. Ek Dermaplane my vel een keer per maand. Dit is fantasties vir mense met peach fuzz (ligte, donserige haartjies op jou gesig). Dit help ook dat jou onderlaag perfek aanwend en bly op jou vel. Lees meer oor Dermaplane hier: Stylvol toets Dermaplaning
  5. Ek gebruik ook daagliks ’n Vitamien C-serum (my gunsteling is Matriskin Vit C serum) om my vel plomper te laat vertoon.
  6. Vir ekstra hidrasie en ’n vel wat meer opgeplomp lyk, sit ek ’n druppel hialuriensuur (Matriskin Hyaluronic is tans ’n gunsteling) by my onderlaag.  
  7. Ek drink daagliks kollageenpoeier.
  8. Gebruik onderlaag wat velsorgbestanddele bevat soos LaMer Soft fluid foundation. Dit hidreer jou vel deur die dag.
  9. Gebruik lang-aanbly lipstiffie as blosser, dit lyk vars en douagtig.
  10. Plaas ’n klein bietjie illuminator (produk wat beklemtoon) of balsem op die uitstaanpunte van jou gesig soos jou wangbene, die brug van jou neus en jou kupidobogie. Ek hou van MAC Strobe Cream.

Volg Renée gerus op Instagram

Die estetiese-velkenner se geheime vir glansende vel

Sonette Donker estetiese-velkenner en eienaar van Skin Fundi in Johannesburg se aanbevelings

1. Gereelde afskilfering

Ons raak daagliks van velselle onstlae (shed), maar soms het ons vel hulp nodig met die proses. As daar ’n opeenhoping van dooie velselle is, lyk ons dof, want die velselle sit op die oppervlak van ons vel. Hidroksiesuur is wonderlik om hiervan ontslae te raak. Gebruik twee tot drie keer per week’n afskilferaar wat hidroksiesuur bevat of gebruik ’n reiniger wat sagte hidroksiesuur bevat.

Dermaceutic Foamer 15 (uitgesoekte medi-spas, salonne en aanlynwinkels soos DermaStore) bevat 15% glikolsuur en laat jou vel glansend lyk nog voordat jy room aangesmeer het.

2. Gebruik olie

Hierdie is veral belangrik gedurende die winter, aangesien die oliereserwes van ons vel laer is gedurende winter. Gebruik gesigolie bo-oor jou bevogtiger of jy kan selfs twee tot drie druppels by jou onderlaag inmeng. As ek internasionaal vlieg hou ek my olie by my en wend elke paar uur olie bo-oor my onderlaag aan.

3. Hidreer jou vel

’n Gededihidreerde vel lyk dof en leweloos. Gee jou hidrasie ’n hupstoot met produkte wat hialuriensuur, Pantenol, Aloe Vera en heuning bevat. Verminder ook jou kafeïen- en alkohol-inname.

4. Geen poeier

Poeier bo-oor jou onderlaag kan jou vel dof laat lyk. Belê in ’n roomonderlaag wat ook bevog en hidreer.

5. Chemiese afskilfering

Laat doen ’n professionele chemiese afskilfering elke vier tot ses weke. Dit sal ’n hele paar lagies dooie vel verwyder en gehidreerde nuwe velselle stimuleer en jy sal pragtige glansende vel hê, veral die eerste een tot twee weke na jou behandeling.

Dermaceutic K Ceutic is wonderlik om na jou afskilfering te gebruik. My kliënte is mal daaroor en dit bevat ’n hele rits goeie bestanddele soos byewas, vitamien K, Vitamien C en E en vele meer.

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
neksorg
8 Wenke vir ’n jonger nek en decolleté
error: Content is protected !!