Spierbou vir vroue is tans ‘n groot geselspunt, nie net aanlyn nie, maar oral hoor ons vriendinne praat hieroor. ’n Endokrinoloog beantwoord ons spierbouvrae. Deur Suzanne Kotzé
Endokrinoloog Dr Jocelyn Ann Hellig beanwoord ons vrae oor spierbou vir vroue

Aangesien ’n endokrinoloog na die liggaam as’n onderling gekoppelde hormonale stelsel kyk, kan endokrinoloë wetenskaplik gegronde insig bied in waarom die bou en instandhouding van spiere nie net oor voorkoms gaan nie, maar ’n sleutelfaktor in langtermyn gesondheid, mobiliteit en gesonde veroudering vir vroue is. Juis hierom het ons besluit om Dr Jocelyn te nader vir raad.
Spiermassa in ons veertigs
Wat gebeur met vrou se spiermassa soos ons deur ons veertigs gaan, en gebeur dit skielik?
“Daar is nie ’n skielike verskuiwing in vroue se spiermassa in hul veertigerjare nie. Daar is ’n ouderdomsverwante afname in spiermassa wat by beide mans en vroue plaasvind soos ons ouer word. Dit is nie spesifiek tot geslag of menopouse nie.”
Perimenopuse en menopouse
Hoe beïnvloed dalende estrogeenvlakke spiere, metabolisme en vetberging?
Perimenopouse en menopouse, wat geassosieer word met ’n afname in estrogeenvlakke en uiteindelik die staking van estrogeenproduksie deur die eierstokke, lei tot ‘n verandering in die manier waarop vroue vet deponeer.
In plaas daarvan om vet op ons heupe en dye te stoor soos ons as premenopousale vroue doen, begin ons nou visserale vet (ingewandsvet) en abdominale vet (rondom die maag) deponeer.
Hierdie verandering is liggaamsvetverspreiding, waar vet in en om die lewer, pankreas en in die skeletspier neergelê word, is slegte vet wat lei tot ’n toename in metaboliese risiko, soos diabetes, hipertensie en hoë cholesterol.
Menopouse self het min verandering aan skeletspier (wat die grootse gedeelte van die spiermassa in die menslike liggaam vorm); dit is ouderdomsverwant.
Spiere, die metaboliese orgaan.
Hoe meer skeletspiere jy het, hoe meer kalorieë verbrand jou liggaam terwyl jy rus, want spiere is metabolies aktiewe weefsel. Hierdie is waar vir alle ouderdomme, en nie net vir vroue in hul middeljare nie.
Die huidige menopouse-tendens laat dit klink asof spierbou slegs in jou middel-40’s belangrik is. Ons moet van hierdie wa afklim, want dit is belangrik in elke lewensfase.
Dr Jocelyn Ann Hellig
Spierbou en verligting van peri-menopousale simptome

Kan spierbou help om algemene perimenopousale simptome soos moegheid, breinmis of gewigstoename te bestuur?
Dit is ’n moeilike een om te beantwoord. Moegheid het gewoonlik vele faktore. Oefening kan dit vir sommige vroue verbeter, maar die oorsaak moet gesoek en bestuur word.
Oefening kan vir sommige vroue met breinmis help, maar weereens is daar geen direkte bewyse om dit te ondersteun nie.
Oefening sal nie help met gewigsverlies in die afwesigheid van ’n kalorie-tekort nie.
Gesondheidrisiko’s
Wat is die langtermyn-gesondheidsrisiko’s vir vroue wat nie spierkrag in die middeljare prioritiseer nie?
’n Verhoogde risiko van broosheid en sarkopenie, en dit maak gewig moeiliker om te bestuur.
Die ideale tyd om te begin met kragoefening
Is daar ’n ideale tyd in perimenopouse of menopouse om kragoefening te begin, of is dit ooit “te laat”?
Dit is nooit te laat nie! Krag- en weerstandsoefening is belangrik op elke ouderdom en lewensfase – weereens, dit is nie net vir vroue in die middeljare nie!
Volgende week gesels ons met ’n biokinetikus oor kragoefening en spierbou vir vroue.
Lees ook:





