Maak jou doelwitte ’n realiteit; hier is 4 stappe

Die lewe is besig en soms doen ’n mens net-net genoeg om die volgende item op jou ‘moet-doen-lysie’ af te tik. Ons is op “autopilot” en ons kom net-net deur die dag, week, maand, projek of uitdaging tot die volgende dag, maand, week en uitdaging ons tref. Dieselfde patroon herhaal homself keer op keer. Ons bly besig maar beweeg nooit nader aan daardie lewe of drome wat ons vir onsself wil hê nie. Dit is nou waar doelwitte inkom. Lewensafrigter en motiveringstrateeg Lucia Dramat deel 4 eenvoudige stappe om jou doelwitte ’n realiteit te maak. Deur Lucia Dramat. /Saamgestel deur Justine Kroes

08/06/2022

Groei is belangrik

Die woord “doelwit” behoort ‘n baie persoonlike een te wees – want dit is hierdie woord wat die brug span tussen ons huidige realiteit en ons drome.

Wanneer ons gemotiveerd is begin ons herevalueer waaraan ons die meeste van ons tyd en energie bestee. As jy daardie probleemareas identifiseer en raakvat wat in die pad staan van doelwitte, ervaar jy die gevoel van groei.

Groei is uiters belangrik. Die meeste mense voel gefrustreerd of ongelukkig omdat hulle iewers langs die pad ophou groei het, of dit nou geestelik, fisies, akademies, sosiaal of selfs net in hul beroep gestagneer het.

Nou dat ons weet groei is belangrik en doelwitte fasiliteer daardie groei – hier is ’n paar wenke om jou doelwitte ’n realiteit te maak.

4 Wenke om doelwitte ’n realiteit te maak:

1. Kry duidelikheid oor wat jy graag wil hê

Dit klink dalk voor die hand liggend, maar party mense weet nie eintlik wat hul wil hê nie. Hulle het idees van wat ander graag wil hê, dalk iets wat indrukwekkend lyk of selfs iets wat vir ander gaan gelukkig maak (ouers, skoonouers, jou man of vrou of selfs jou baas). Maar die meeste weet nie eintlik wat hul die graagste vir hul volgende hoofstuk wil hê nie.

As jy jou doelwitte wil stel is dit uiters belangrik om te besef wat vir JOU belangrik is en wat jy graag vir jou lewe wil hê.

Lucia Dramat

Partykeer het ’n mens hulp nodig met hierdie stap. Gesels dalk met ’n lewensafrigter of gaan op ’n “retreat”. Maar neem die tyd om duidelikheid te vind oor jou eerlike en outentieke doelwitte.

2. Glo jy kan

Party mense stel nooit duidelike doelwitte nie want hulle is eerlikwaar te bang dat hulle nooit hierdie doelwitte sal bereik nie. “Hoekom probeer, hierdie sal nooit waar word vir iemand soos ek nie”. Klink dit dalk bekend? Het jy al ooit ’n werkswinkel of konferensie bygewoon – jy loop uit en voel onoorwinlik maar sodra jy begin voel die take te veel om aan te pak en jy besluit om eerder maar tou op te gooi.

Dit is belangrik om te besef dat jy jou ingesteldheid gaan moet verander, ’n kopskuif maak om te glo jy kan.

Lucia Dramat

Doen dit deur na aan mense en groepe te bly wat jou herinner wie jy is en waarheen jy op pad is.

Voor jy enige aksie neem om daardie doelwitte te bereik, maak daardie kopskuif en glo jy kan.

3. Beplan, berei voor en beplan weer

Jy kan die grootste begeerte hê en heeltemal in jouself glo, maar as daar nie ’n duidelike plan uiteengesit word nie, dan bly jou doelwit eenvoudig net ’n droom.

Jy hoef nie noodwendig al die stappe reg te hê nie, maar stel vir jouself ’n paar mylpale op in die proses om daardie doelwitte te bereik.

Lucia Dramat

Daar is talle verskillende doelwitbeplanningstrukture daar buite. Maar die belangrike deel van hierdie beplanning is om meetbare stappe soos mylpale uiteen te sit. Of dit nou spaar, gesondheid of besigheids mylpale is – hierdie mylpale maak die bestuur daarvan om doelwitte te bereik meer hanteerbaar en meetbaar daarby.

Aanspreeklikheid is belangrik – kry iemand met wie jy ’n pad kan stap. Iemand wie se kennis jy kan raadpleeg of wat vir jou advies kan gee oor wat die volgende stappe mag wees as jy dalk voel jy stagneer. 

4. Hou die motivering aan die gang

Struikelblokke, moedeloosheid en twyfel gaan altyd daar wees – dus is dit uiters belangrik om ’n konsekwente vloei van motivering en inspirasie in jou alledaagse lewe vol te hou.

Hierdie lyk dalk soos boeke lees, podsendings luister, kursusse of werkswinkels bywoon of selfs ’n lewensafrigter sien.

Ek glo vas aan intervalle en tye van herevaluering. Neem ’n breuk elke nou en dan om vas te stel hoe jy doen. Plekke soos werkswinkels en konferensies bied ’n wonderlike spasie om verder te groei en om daardie motiveringspiere te oefen en bou.

Nog ’n manier waarop jy jou motivering aan die gang kan hou is om al jou oorwinnings te vier. Maak nie saak hoe klein of groot nie.

Lucia Dramat

Partykeer groei ons dalk nie teen die pas wat ons gehoop het nie, en dan vergeet ons om daardie oorwinnings of mylpale te vier. Leer om jou groei, elke mylpaal en sukses te vier. Hierdie aksie bied ’n gevoel van groei wat jou motivering verder sal aanhits.

Daar is ’n sêding “Winners keep winning”. Begin na jouself kyk as ’n wenner met elke klein oorwinning en jy sal sien hoe jou “wen” elke slag net groter en groter raak!

Meer oor Lucia Dramat

Is ’n bekende motiveringstrateeg, lewensafrigter, spreker, skrywer, radio omroeper, gasheer van haar eie podsending en tv aanbieder. Lucia se passie vir die afgelope tien jaar is doelgerig om mense (veral vroue) te motiveer. Hierdie mense aan te moedig en toe te rus om hul beste, duidelike, selfversekerde en gelukkige lewe te leef. Leer meer oor Lucia en haar lewensafrigtingsessies hier: www.luciadramat.com. En volg haar op Instagram hier.

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
moedersdagresepte
Maklikste, min moeite Moedersdagresepte
error: Content is protected !!