’n Dubbelmastektomie was die plan na haar borskanker-diagnose. Tweede en meer opinies later, slaan Stylvol-vriendin, Marli du Toit, se behandeling ‘n nuwe rigting in met die behandeling van haar fase twee lobulêre borskanker. Deur Suzanne Kotzé
Kyk na Marli se video oor haar borskanker-diagnose en meer opinies
Na haar borskanker-diagnose
“Wanneer jy die borskanker-diagnose kry, is dit ’n geweldige skok. ’n Mens se liggaam gaan onmiddellik in ’n veg- of vlugreaksie in. Jou kop staan so ’n bietjie stil en dit is moeilik om te fokus en te luister,” vertel Marli.
Aanvanklik was die plan ’n dubbelmastektomie, waarmee sy heel gemaklik was. “Ek het gevoel ek is jonk, kom ons vang hierdie ding en sorteer hom net gou uit sodat ek kan aangaan met my lewe.”
Tweede en meer opinies later
Sy het toe met ’n iemand anders ook gepraat wat ’n paar jaar gelede dieselfde tipe diagnose gehad het. Na dié gesprek het sy ’n tweede (en derde en vierde opinies) ook gekry. Sy het die besluit geneem om eerder met hormoonbehandeling te begin. Hierdie behandeling was weel een van die opsies vir die behandeling van haar fase twee lobulêre borskanker.
“Ek is glad nie spyt oor al die opinies nie, want hoe meer inligting jy kry, hoe beter stel dit jou in staat om ’n besluit te neem.” Sy maan egter daarteen om alles te google, veral as jy nog nie lekker weet hoe om dinge te interpreteer nie.
“Dit is so belangrik om met ander mense te praat, want so kom mense oor jou pad met goeie raad of informasie.”
Marli du toit
- Marli deel bloot haar storie, en beveel nie aan dat die terapie wat sy ontvang noodwendig vir ’n ander diagnose of pasiënte sal werk nie. Gesels met jou dokter en ander kundiges en kry opinies oor die beste behandeling vir jou.
Stuur gerus Borskanker-diagnose en meer opinies aan vir ‘n vriendin wat jy dink baat hierby kan vind.
Kyk na Marli se eerste gesprek met ons hier: ’n Borskanker-diagnose en nuwe perspektief
Vir borskanker informasie besoek https://www.breastcancer.org