Borskanker-diagnose
’n Borskanker-diagnose en nuwe perspektief vir Marli du Toit

’n Borskanker-diagnose en nuwe perspektief

’n Borskanker-diagnose gedurende die Covid-tyd, en boonop net ’n jaar na haar egskeiding het Stylvol-vriendin Marli du Toit onkant betrap, maar dit het haar ook nuwe perspektief gegee. Sy deel haar storie, want om te deel en te praat, help haar om positief en veerkragtig te bly. Dalk help haar storie jou, of iemand wat jy ken.  Deur Suzanne Kotzé

 “Ons woorde is baie, baie beduidend in ons lewe en die manier waarop jy praat oor jou eie situasie en probleme en uitdagings bepaal letterlik hoe jy dan daaroor voel en hoe jy dit aanpak.”

Marli du Toit

Meer oor Marli, haar borskanker-diagnose het haar nuwe perspektief gegee.

borskanker-diagnose

Marli (42)  woon in Kaapstad en het ’n sewejarige dogtertjie en ’n driejarige seuntjie. Haar beroepe het al gewissel van model tot kantoorbestuurder en patentreg-adviseur en meer onlangs, voltydse ma.  “Die afgelope twee jaar het my lewe ‘interessant’ geraak”, vertel sy.  Eers het sy veertig geword, ’n jaar daarna is haar huwelik van 10 jaar op ’n einde en is sy geskei. Kort daarna ontdek sy ’n knop in haar bors en word ’n jaar later met borskanker gediagnoseer.    

Hoe het sy die borskanker klont ontdek?

Marli het gestort en toe iets vreemds gevoel terwyl sy gewas het. “Dit was klaar ’n probleem,” vertel sy “as ’n vrou van 41 was ek veronderstel om gereeld my borste te ondersoek en seker te maak alles is reg. Ek het nie, so leer asseblief by my, doen dit gereeld, want hierdie is stap een.”

As jy nie weet hoe om jou borste te ondersoek nie, kyk geruss na hierdie video. 

Dokter toe en terug, mammogramme en ultra-klank

Na ’n besoek aan haar ginekoloog en toe nog ’n besoek aan ‘n chirurg is sy vir ’n mammogram en ultra-klank-toets. Met haar natuurlike positiewe geaardheid het Marli nie verwag dat dit veel meer as ’n knop sou wees nie. Vier dae later lig haar dokter haar in dat haar kans dat dit nie kanker is nie,  98% is. Gerusgestel volg Marli sy raad om vier tot ses maande later nog ’n ultra-klank-toets te laat doen.   

Vier maande later is daar steeds ’n knop ná haar tweede ultra-klank. Haar kanse dat dit nie kanker is nie, is nou 95%.  Hy vra toe “Wil jy nou ’n naaldbiopsie laat doen?”  Aangesien die dokter gedink het die kanse is skraal, het Marli toe bly glo dat sy bloot ’n nie-kwaadaardige knop het. 

Inperking, Covid en die biopsie

Gedurende die Covid-inperking, gaan sy haar ‘moet-doen lysies,’ na en besef dit is weer tyd vir ’n ultra-klank-toets. “Ek het toe sommer self besluit dit is tyd vir ’n biopsie.”

Die borskanker-diagnose nuus

Vier dae na haar biopsie is Marli, gemasker en stoksielalleen, terug dokter toe en kry toe die nuus dat sy borskanker het. “Dit was oorweldigend en vreesaanjaend, maar op ’n manier was dit ook vir my ’n ‘aha’ oomblik. ’n Oomblik van gewaarwording, van ‘hier is my vyand nou.’ Hy is geïdentifiseer, hy het nou ’n naam en nou weet ek wie dit is.”

Stuur gerus vir Marli ’n boodskap of deel jou storie met ons deur kommentaar te lewer of kontak Marli op Instagram

Lees ook Rolene Strauss se top vyf weke vir meer selfvertroue hier.

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
kapasiteit
Geen kapasiteit? Wenke vir die einde van die jaar irritasie
error: Content is protected !!