Nadat ons die afgelope ruk loopplanke, naelkenners en naeltegnici op sosiale media fyn dopgehou het, kan ons ’n paar duidelike naeltrends identifiseer wat moontlik gunstelinge op eie bodem sal word. Die uitstaande tema van naels hierdie jaar is skoon, minimalisitiese, sjiek naels, hoewel die meer-is-meer maksimilistiese naels ook ’n plekkie in die son geniet. Hier is die top sewe naeltrends wat vermoedelik hierdie jaar groot nuus gaan wees. Deur Justine Kroes
24/02/2023
1. Netjiese, skoon, gesonde naels “Lipgloss trend”
Kenners noem hierdie trend die “clean girl aesthetic” of meer onlangs “Lipgloss nails”. Dink nudes, pienke en sagte, natuurlike of effe skakerings wat ultra gesond lyk met ekstra baie blink.
Die trend is veral gewild op kort of amandelvormige naels. Die fokus is op gesonde naelvliesies en netjiese naels. Minimalisties, sjiek en o, so elegant!
Bio Sculpture Vitamin Dose hou ons naels sterk en ons naelvliesies gesond, klik hier vir 10% afslag op alle Bio Sculpture-aankope.
Bio Sculpture het nou ook ‘n “lipgloss nails” doen dit tuis stel vrygestel, Klik op die foto om te koop of gebruik die kode Stylvol10 vir 10% afslag op jou aankope.

2. Magenta naels,
Na Pantone hul kleur van die jaar vir 2023 as “Viva Magenta” aangekondig het, het hierdie pienkrooi, amper pers skakering ’n onmiddelike gunsteling geraak en ons vermoed dit sal selfs nog meer gewild raak deur die loop van die jaar.
Viva Magenta is ’n rooi wat beide koel en warm ondertone bevat en sal by heelwat mense se veltoon pas.
3. Mikro Franse manikuur
Hierdie trend word beskryf as die “micro French” of “barely there French”. Dink aan die gewone Franse manikuur met ’n ekstra dun, superfyn lyntjie aan die bopunt van jou naels. Hierdie naeltrend is selfs op ’n hele paar mode-loopplanke insluitend Fendi Resort 2023 se vertoning gesien.
Party dra die naeltrend met so ’n fyn dun lyntjie dat dit amper nie eers sigbaar is nie. Selfs “Pinterest Predicts 2023” noem dat Millennials en die Gen Z generasies die sjiek en minimalistiese “micro French” naels geniet en die soektog vir “micro French” naels bly gewild.
Vir ’n ekstra dramatiese effek lyk hierdie mikro Franse manikuur die heel beste op vierkantige naels.
4. “Glazed doughnut” of “chrome” naels
Die “Chrome” naelskakerings staan nou ook bekend as die “glazed doughnut” skakering. As jy dink aan ’n “glazed doughnut”, daardie amper pienk, wit melkerige naelkleur maar met ’n baie subtiele, sagte blink (pêrel-agtige/ “chrome”) glinster bo oor.
Hierdie skakering, oftewel tegniek, word beskryf as die “glazed doughnut” tendens. Hierdie naelskakering is deur Hailey Bieber gewild gemaak toe sy die skakering op haar naels gedra het by die 2022 MET Gala. Selfs in 2023 geniet hierdie naeltrend soete faam!
Naeltegnici maak gebruik van ’n superfyn glansende poeier om die effek te skep. Jy kan natuurlik die naeltrend tuis ook probeer met ’n deursigtige, glinsterende naellak:
5. “Glittercore”
Dink aan naels wat blink of met glinsterende blinkers – die naeltrend was voorheen meestal gewild tydens feesseisoene maar word nou as ’n “enige tyd van die jaar” stapel gesien.
Blinkers op enige naelkleur laat naels dadelik meer uitstaan. Dit is boonop ook een van die maklikste naeltrends om te dra. Wend eenvoudig ’n lagie glinsterende naellak bo oor jou natuurlik naels (of naelkleur) aan.
As jy nie jou volle nael wil laat glinster nie, probeer ’n ombre effek waar jy net blinkers aan die boonste helfte van jou naels aanwend.
6. Naeljuwele
Ja, naeljuwele bestaan werklik – amper soos oorringe, maar vir jou naels. Party naeljuwele word deur die nael gedruk “nail piercings” met klein hoepels of blink diamante.
As dit vir jou na te veel moeite klink, kan jy eenvoudig jou nael versier met metaal afwerkings soos superfyn kettings of pêrelknopies. Hoewel dit dalk nie so prakties mag wees nie, lyk dit indrukkwekkend!
Kyk net hoe fyn en elegant lyk hierdie naeljuwele deur naelkenner tot die sterre Betina Goldstein;
7. Metaalskakerings & Magnetiese (fluweel) naelkleure
Metaalskakerings silwer en goud bly ’n gunsteling. Van net silwer of net goud, of “mixing metals” waar albei skakerings saam op die nael gedra word. As jou hele nael dalk te veel is probeer ’n Franse manikuur hiermee, of selfs ’n omgekeerde Franse manikuur met die metaalskakerings.
Die nuwe weergawe van metaalskakerings is die huidige magnetiese naellaktrend. ’n Effek waar ’n magneet gebruik word om die fyn blinkers in die naellak rond te beweeg vir ’n fluweel naeleffek. Die blinker effek is so fyn dat die naels byna na fluweel lyk:
Nog ’n glinsterende glanseffek op ons moet- probeer lysie vanjaar. Nael tegnici gebruik ’n magneet om die effek te skep, maar jy kan tuis ook probeer met een van hierdie naelskakerings:
Lees ook gerus: