Soos enige ander skoonheidsroetine benodig jou naels ook daagliks aandag vir sterk, gesonde en gehidreerde naels. Naelkenner en hoof van opleiding by Bio Sculpture, Tania Biddle, deel haar kennis, wenke asook foute wat jy dalk maak. Hier is raad vir sterker, gesonder naels; Deur Justine Kroes
27/01/2023
Naelsorgfoute
Pasop vir die naelsorgfoute as jy met bros, swak naels sukkel
Jy volg nie ’n naelsorgroetine nie
Tania Biddle, hoof van opvoeding by Bio Sculpture sê “Jou naels word nie korrek geanaliseer deur ’n gekwalifseerde naeltegnikus nie. Dus volg jy die verkeerde of geen naelsorgroetine vir jou naeltipe nie. ’n Bros nael byvoorbeeld het ’n gebrek aan buigsaamheid wat veroorsaak dat jou nael kraak of “chip”. ’n Dun nael is gewoonlik natuurlik dun en sag en kan nie groei sonder hulp van ’n versterkende lagie soos ’n jellagie byvoorbeeld nie.”
Jou jelnaels word nie ordentlik verwyder nie
Dit is BAIE belangrik om jou jel naels deur ’n professionele naeltegnikus te laat verwyder. Om jou jel naels self af te trek kan baie skade aanrig aan jou nael, asook jou nael plat lae en kan lei tot dun sagte bros naels wat maande neem om te herstel.
Jy doen jou eie jelnaels tuis
Baie vroue doen deesdae hul eie naels tuis. Te verstane, die online kit is meer bekostigbaar en jy dink dalk “ek sal my self kan leer om naels te doen”. Tania waarsku hierteen –
“Om jou eie naels sonder die korrekte opleiding tuis te probeer doen kan meer skade aanrig aan jou naels as wat jy dalk mag dink”
Tania Biddle hoof van opleiding by Bio Sculpture
Hier is ’n paar voorbeelde van wat dalk kan skeefloop:
- As jy jou nael oorvul, kan dit sensitiwiteit op jou natuurlike naels veroorsaak en kan tot en met ses maande neem vir jou nael om weer te herstel.
- As die produk aangewend word waar dit aan jou naelvliesies raak, kan dit ook sensitiwiteit of ’n allergiese reaksie veroorsaak.
- Jy sny per ongeluk aan die lewende weefsel wat jy dalk gedink het naelvliesies is. Hierdie eina fout kan lei tot ’n naelinfeksie wat mediese aandag benodig.
- Jy volg nie tuis die korrekte sanitasieprotokol nie, dit kan lei tot ’n swaminfeksie onder jou naels.
- Hou in gedagte, daar is ’n rede hoekom jelnaels duurder is as tuissorg naels – die terapeut of naeltegnikus is ‘n kenner op sy/haar gebied.
Probeer die vir bros en dun naels:
5 Wenke vir sterk gesonde naels
1. Naelanalise en tuissorg roetine
Dink so daaraan, ’n velterapeut doen ’n volledige velanalise voordat daar vir jou ’n tuissorgplan uitgewerk en voorgestel word. Dit hoort ook dieselfde vir ons naels te wees meen Tania; “Laat ’n professionele en gekwalifiseerde naeltegnikus ’n volledige naelgesondheidanalise op jou naels uitvoer. Dit sal jou naelplaattipe asook die kondisie en toestand van jou naels vasstel. Die terapeut kan vir jou ’n tuissorg plan of naelroetine voorstel om seker te maak jou naels bly sterk en gesond.
2. Skilfer af
Gebruik minstens een keer per week ’n goeie afskilferaar om jou hande en naels af te skilfer, dit laat hande soepel sag en gereed om naelolies en rome beter te absorbeer.
3. Hidreer, hidreer, hidreer
Dit is belangrik om jou naels, naelbed en naelvliesies gehidreerd te hou, in ruil is jou hande, vel en naels meer soepel en gesond. Doen dit so:
Wend daagliks ’n goeie naelvliesolie aan.
Wenk: hou jou naelvliesolie daar waar jy sal onthou om dit aan te wend, op jou bedkassie, langs jou rekenaar of sommer voor in jou kar as jy dalk gereeld in stilstaande verkeer sit.
Vermeerder aanwending van jou naelvliesolie tydens koue en droë wintermaande na minstens twee of drie keer per dag.
Wend hierna ’n goeie handeroom aan vir ekstra hidrasie, veral saans voor jy gaan slaap.
4. Gebruik produkte wat jou naels voed asook naelgroei aanmoedig
Jou leefstyl en naelkondisie het beslis ’n uitwerking op hoe gesond en sterk jou naels is, asook hoe vinnig dit groei. Dit bygesê is dit ook baie belangrik om produkte te gebruik wat spesifiek na die gesondheid van jou naels omsien verduidelik Tania. Wees op die uitkyk vir produkte wat vitamines bevat en nie jou naels sal uitdroog nie.
5. Oorweeg jelnaels
Vir sterker, gesonder naels oorweeg dalk ’n stel jelnaels is Tania se raad, “‘n Gel overlay sal nie net jou nael beskerm nie maar sal ook naelgroei aanmoedig”. Om ’n lagie bo oor jou natuurlike naels te hê dien as beskerming teen die elemente en verhoed dat naels verder, kraak, chip, skeur of breek.