Borsel daardie droë velle weg

Al ooit gehoor van die terme body brushing of dry brushing? Daar is glo vele vel- en liggaamsvoordele aan hierdie skoonheidsoefening. Kenner Zoya Nell van Isa Carstens Academy deel meer met ons oor droë borsel, die voordele daarvan en hoe om dit reg te doen. Saamgestel deur Justine Kroes

Wat is droë borsel? (Body brushing)

Body brushing is die gebruik van ’n droë borsel (sonder olies en rome) om vel af te skilfer, bloedvloei te stimuleer en limfdreinering aan te hits, verduidelik Zoya Nell, velkenner van Isa Carstens Academy.

Zoya sê “Hierdie metode is een van die heel beste metodes om daagliks dooie velle van jou lyf af te skilfer. Hoewel daar nog nie wetenskaplike bewyse is wat die voordele van body brushing bewys nie, is daar duidelike opinies en resultate wat dit effektief beaam”.

Voordele van droë borsel

1. Skilfer vel af

Wanneer jy met ’n droë borsel oor jou vel borsel, dan skilfer hierdie borsel enige dooie velletjies op jou vel vinnig af. Na ’n borsel voel jou vel gladder, sagter en warmer as vantevore.

2. Stimuleer bloedsirkulasie

Om jou vel met ’n borsel in lang lyne te borsel, stimuleer bloedsirkulasie wat in ruil suurstof en nutriente na die vel se oppervlak trek. Die voordeel van verbeterde bloedsirkulasie is ’n verbetering van die vel se kleur, tekstuur en glans.

3. Hits limfdreinering aan

Danksy die vermeerderde bloedsirkulasie, word afvalstowwe en gifstowwe wat in selle voorkom gedreineer via die bloed en limfsisteme.

Wanneer jy jou vel borsel, werk jy in lang lyne na jou hart toe, verduidelik Zoya. Een hand borsel en die ander hand volg met ’n oop hand oor dieselfde lyn. Dit is ’n sistematiese, ritmiese metode wat die limfsirkulasie stimuleer en verantwoordelik is vir die skoonmaak van die liggaam op ’n sellulêre vlak.

Die limfsisteem is ook verantwoordelik om ekstra vog en vloeistowwe te verwyder, wat natuurlik swelling en waterretensie verminder.

Zoya sê “weereens is daar nie wetenskaplike bewyse nie, maar ’n daaglikse droë borsel blyk baie effektief te wees om die voorkoms van selluliet te verminder, ek glo self dis die heel beste manier!”

4. Ontspannende proses

Die body brushing proses is ontspannend. Jy fokus jou aandag en energie op jouself, jou gesondheid en jou grootste orgaan, jou vel sê Zoya.

Droë borsel jou vel so;

Daagliks is ’n moet

Vir droë borsel om effektief te werk is dit baie belangrik om dit daagliks te beoefen, vertel Zoya.

Soggens voor bad of stort

Borsel droë vel met ’n droë borsel voor jou stort of bad. Zoya sê, doen dit verkieslik soggens, dit is ’n fantastiese opkikker en afhangend van hoe vinnig jou hande beweeg, kan dit ’n goeie wakkermaak oefening wees. Die borselaksie is ook goeie oefening vir jou bo-arms.

Borsel altyd na die hart toe, volg spesifieke limflyne

Begin by jou voete verduidelik Zoya, en werk sistematies opwaarts. Trek lyne met die borsel (volg met ’n oop hand agterna). Die lyne is ongeveer ’n voorarmlengte of korter.

Op die rug werk jy na die nek en skouers toe, jou liggaam sal self die res doen.

Op jou lae rug werk jy vorentoe na jou maag toe, en van die maag af op na die hart toe, ’n paadjie wat ’n mens volg sê Zoya.

Volg die limflyne:

1.           Van die voete na die knieë voor en agter

2.           Van die knieë na die lies voor en after

3.           Die lae rug en boude na die maag

4.           Maag en bors (saggies of glad nie oor die borste self)

5.           Voorarms en bo-arms – reg rondom

6.           Bo-rug na die skouers

7.           Van die skouers na die nek

Probleem areas? Doen dit so

Daar waar daar probleem areas is, byvoorbeeld jou bobene, maag en bo arms, kan daar meer lyne getrek word, of meer herhalings van die aksie gedoen word.

As jy graag wil fokus op selluliet, knoppies (acid bumps) of selfs swartkoppies (comedones) dan is effe meer drukking nodig sodat die vel lekker pienk en warm word. Maar hard borsel is nie nodig nie verduidelik Zoya.

Moets en moenies

Vel bly droog

Moenie enige rome, water of olies vooraf op jou vel aanwend nie. Smeer wel ’n room of vogroom aan na jou bad of stort om jou vel van buite te voed is Zoya se wenk.

Moenie té hard druk nie

Dit is nie nodig om hard te druk nie, die doel is om die oppervlak van jou vel te behandel en stimuleer, die bloed- en limfstimulasie is bonusse. Druk effens harder op probleemareas maar steeds nie hard nie. As jou vel tintel is dit reg, as jou vel brand, is dit verkeerd, is Zoya se raad.

Hou jou borsel skoon

Gebruik ’n sanitizer op jou borsel na elke gebruik. Spuit die borselhare eweredig en laat die borsel goed droog word. Dit is ook goed om die borsel ten minste een keer per maand te was en goed te laat droog word, in die son indien moontlik, verduidelik Zoya.

Die soort borsel maak saak

Zoya sê die soort borsel wat jy gebruik is belangrik. Gebruik ’n borsel wat van natuurlike hare gemaak is, omdat dit vriendelik en sagter is op jou vel. Sintetiese borsels kan hard wees en mikroskopiese skade aan jou vel doen.

The Olio Store Natural Body Brush (R299)
Dermastore Dr Barbara Sturm Body Brush (Medium) (R710)
The Olio Store Lymph Drainage Bundle (R798)
The Harvest Table Natural Body Brush (R199)
Clicks My Earth Bamboo Body Brush (R51,99)
The Body Shop Cactus Brush (R325)
Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
asblonde charlies Junior Louw
Asblond bo
error: Content is protected !!