5 Wenke vir ’n gedehidreerde vel na jou somervakansie

Hidrasie stasie; hier’s wenke vir ’n gesonde, gehidreerde Januarie vel na ’n vakansie vol son, swem en see.

Na ’n paar weke in die see, son en langs die swembad deurgebring voel ons velle in Januarie ekstra droog, gedehidreerd en soms self skilferig.

Hier is 5 handige wenke om daardie gehidreerde en songesoende glans blitsvinnig terug te besorg. Deur Justine Kroes

6 Redes waarom jy sukkel met ‘n gedehidreerde vel na jou somervakansie:

Die oorsake van ’n gedehidreerde, droë, trekkerige en skilferige vel ná jou somervakansie is moontlik weens ’n kombinasie van leefstyl en omgewingsfaktore:

1. Oormatige sonblootstelling

Oormatige soonblootstelling verswak jou vel se sperfunksie, en word trans-epidermale waterverlies genoem, wat beteken jy verloor meer vog as gewoonlik deur die boonste lagie van jou vel.

2. Jou vel se pH is versteur

Langdurige tye in water deurgebring, versteur jou vel se optimale pH vlak van 5.5 Byvoorbeeld pH vlakke van souterige seewater is 8.1 en die van chloor swembaddens 7.2. Hierdie verskille in pH vlakke versteur ook die vel se sperfunksie, meestal deur waterverlies.

3. Hitte en humiditeit

Hitte en humiditeit veroorsaak ook vogverlies deur sweet.

4. Reis

Indien jy vir lang ure gereis het, sal die droë lug van die lugreëling verder jou vel uitdroog.

5. Vakansiedieet

Die inname van oormatige suiker, alkohol en kafeïene tydens ’n luilekker vakansie kan dehidrasie aanhits.

6. Verandering in velsorgroetine

Jy mag dalk minder velsorgprodukte inpak, veral as jy ver reis, of ’n ander reiniger of seep gebruik wat gratis in jou hotelkamer beskikbaar is, en hierdie reiniger is nie noodwendig gepas vir jou veltipe nie.

5 Wenke vir ‘n gehidreerde vel:

1. Herstel jou vel se sperfunksie

Wanneer jou vel se sperfunskie beskadig is, kan dit lei tot droë, sensitiewe vel wat rooi, ongemaklik en trekkerig voel; in sommige gevalle kan dit puisies of selfs ’n uitslag of velirritasie veroorsaak.

Dit is belangrik om so vinnig as moontlik weer jou normale velsorgroetine te volg as jou vel oormatig droog en skilferig raak.

Die regte bestanddele help om die vel te herstel, te beskerm en vogverlies te voorkom.

Gebruik ’n sagte reiniger op jou gesig en lyf, wat geen aktiewe bestanddele bevat nie. Die droë, geirriteerde en skilferige vel benodig baie ekstra sorg om die sperfunskie te herstel.

Probeer hierby ook ’n hidrerende room wat effens ryker is as die een wat jy normaalweg sou gebruik.

Sluit hidrerende en vogregulerende bestanddele soos seramides, lipides, panthenol (Vit B5) en lae konsentrasies van Ureum in.

2. Skilfer af

Wanneer jou vel gedehidreerd is, is daar gewoonlik fyn dooie velletjies wat op die boonste lagie van jou vel opeenhoop. As hierdie velletjies nie afgeskilfer word nie, sal jou velprodukte nie behoorlik die dieper lae van jou vel kan binnedring nie en dit mag ’n impak hê op jou vel se vogvlakke en sperfunksie. Dus is dit baie belangrik om minstens een tot twee keer per week tuis met ’n ensiem-afskilferaar jou vel af te skilfer.

Sagter ensiem-afskilferaar moedig boonop selhernuwing van velselle aan sonder om hidrasievlakke te beïnvloed.

OptiPhi Multi Matrix Foliant (R1173)
Lamelle Cathepzyme 1 (R750 Dermastore)

3. Hidreer van binne en buite

Vir gesonde, soepel vel is dit belangrik om interne hidrasie met doeltreffende uitwendige velsorg te kombineer.

Maak seker jy drink genoeg water (waterdrink raad hier); en eet waterryke kosse soos byvoorbeeld komkommer, waatlemoen, sitrusvrugte en tamaties. Gesonde vette en kosse hoog in Omegas 3 en 6 help ook om jou vel se sperfunksie te ondersteun. Probeer gerus meer avokado, neute, sade en vetterige vis soos salm en sardyne geniet.

Beperk jou inname van kafeïene, alkohol en oormatige souterige kosse wat kan bydra tot vogverlies.

Wend jou velsorg in lae aan;

Hou jou roetine eenvoudig, sag en konsekwent. Minder produkte met die regte hidrerende bestanddele is meer effektief.

Begin met ‘n serum en volg dan met ‘n vogroom. ’n Serum het ’n kleiner molekulêre struktuur wat beteken hierdie gekonsentreerde bestanddele kan diep tot in die verskillende lae van die vel inbeweeg. Probeer ’n hidrerende hialuroonsuur serum. Hialuroonsuur werk as ’n bevogtiger en trek watermolekules aan wat velselle opplomp en jou vel hidreer. So ’n hialuroonsuur molekule kan tot ’n 1000 keer sy gewig in water dra.

Avène Hyaluron Activ B3 Serum (R790 Dermastore)
La Roche-Posay Hyalu B5 Serum (R770 Dermastore)

Volg met ’n ekstra hidrerende gesigroom wat vogverlies sal voorkom.

Onthou om nie van jou lippe en droë voete te vergeet nie – lees meer hier.

4. Streel en kalmeer

Om verder jou vel se vogvlakke te verhoog, is ’n meer intensiewe produk soos ’n hidrerende of strelende gesigmasker nodig. Wend altyd jou masker na jou tuisafskilfering aan vir die beste resultate.

Maak seker jou produkte sluit bestanddele soos Centella Asiatica, Niasinamied, Aloe Vera, Seramides en Allantoïen in om verder jou vel te streel, kalmeer en te hidreer.

dermalogica stabilizing repair cream 50ml (R1500 Dermastore)
Huxley Good Night Sleep Mask (R550 Dermastore)

5. Sonbeskerming is steeds belangrik:

Onthou sonskade verdwyn nie oornag in Januarie nie, veral as jy steeds tyd buite in die son see en water deurbring. Gebruik steeds jou hoë faktor UV beskerming, selfs op bewolkte dae om verder enige vogverlies en pigmentasie te voorkom.

Dink aan Januarie as ’n herstelmaand vir jou vel, vereenvoudig jou roetine, hidreer (van binne en buite) en beskerm jou vel vir daardie glansende vel in ’n japtrap!

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Jou 6 beste blosserwenke
error: Content is protected !!