Watter velsorgtrends gaan groot nuus wees in 2022? Van bestanddele tot produkte en behandelings. Hier is wat die kenners voorspel. Deur Suzanne Kotzé
Velsorgtrend 1: Amandelsuur as bestanddeel vir aknee en teen-pigmentasie
Amandelsuur (mandelic acid) word deur kundiges en voorspellers by Mintel as die vrugtesuur velsorgster beskryf wat hierdie jaar net nog meer gewild gaan word. Met ’n molekulegrootte wat dubbel so groot is as ander vrugtesure neem dit dalk effens langer om te werk, maar dit beteken ook minder velsensitiwiteit. Dit dring ook glo dieper as ander vrugtesure binne, met minder irritasie. Die afskilferingsbestanddeel is gewild in teen- pigmentasie prosedures en -produkte en ook akneeprodukte.

Velsorgtrend 2: Avokado-olie as bestanddeel vir gehidreerde,gesonde en glansende vel

Net soos avo op brood al lank groot nuus is, is avokado-olie as velsorgbestanddeel ook groot nuus. Die ligte olie (propvol omega 3 vetsure en 25 anti-oksidante) gaan ook volgens die kenners en voorspellers by Mintel net nog meer gewild word die jaar vir die wat gehidreerde, gesonde, glansende velle nastreef. Dit help ook met rooiheid en teenveroudering.




Velsorgtrend 3: Vel‘imalisme’ met multi-funksionel produkte
Vel‘imalisme’ (Skinimalism) is tans ’n gonswoord en verwys natuurlike na minimalistiese velsorg. Net soos minimalistiese leefwyses en dekorstyle groot nuus is, is die dieselfde trend ook in velsorg te sien. “Vel‘imalisme’ is beslis ’n ding en sal net aanhou groei,” sê Dr Alek Nikolic, spesialisdokter in estetiese medisyne en eienaar van SkinMiles”.
Minder produkte wat harder en meer werk is waarna verskeie van ons nou op soek is.
Velsorgroetines met 10 stappe is beslis nie iets waarvoor die meeste van ons tyd het nie!
Multi-funksionele produkte is volgens dr. Nikolic ’n trend. Hulle sien al hoe meer dat hulle verbruikers ’n paar regtig goeie produkte wat werk eerder as veelvuldige produkte koop. “Verbruikers is wel geïntereseerd om nuwe produkte te probeer, maar hulle soek veel korter velsorgroetines” sê dr. Nikolic.



Velsorgtrend 4: CBD en hennepprodukte

Dr Alek Nikolic sê: “Ons sal ’n groot fokus in hierdie kategorie sien, veral met die doel om glansende vel te hê na ons Covid ‘hibernasie’.” Hierdie trend spreek veral tot die soektog na meer natuurlike produkte met minder chemikalië en minder impak op die omgewing.
Dr. Nikolic beveel die produkte aan.


Velsorgtrend 5: Tuisbehandelings
“Na die tuisbly-pandemie, het die skoonheidsindustrie dit beslis ook gevoel. Meer professionele tuisbehandelings soos chemiese afskilferings en tegnologiese toestelle soos die Foreo Bear en UFO-reekse sal in die toekoms aangebied word,” sê dr. Nikolic. Dit beteken egter nie dat mense sal ophou salon toe gaan nie. Hierdie tipe behandelings sal eerder ’n ekstra behandeling wees wat ’n mens tuis kan doen.
Dr. Nikolic se aanbevelings
Ons sê probeer ook
Velsorgtrend 6: Volhoubare produkte
Sonskerm is altyd gewild gedurende die somermaande. “
Met die wêreld wat ’n groener en skoner denkwyse begin navolg, is produkte wat koraalrif-vriendelik is, veral op die oomblik gewild.
dr. Alek Nikolic
As gevolg van die aanvraag na ‘skoon-skoonheid’, is daar ook ’n meer eko-bewuste benadering ten opsigte van bestanddele en ook verpakking,” sê dr. Alek.
Dr Nikolic se voorstelle vir koraalrif-vriendelike sonskerm
Ons sê probeer ook:
Velsorgtrend 7 : Vel Beau-tox
Kaapse plastiese chirurg Dr. Nerina Wilkinson sê Vel Beau-tox (Skin Beau-tox) is beslis die behandeling wat op die Hollywood elite se behandelingslysie is.
’n AquaGold toestel word gebruik, wat ’n gepatenteerde goud-oorgeblaaste naaldsisteem het en wat oplossings diep in die vel lewer.
Dr. Nerina Wilkinson
’n Gewilde mengsel van bestanddele is hialuriensuur (om intens te bevogtig) en ’n alombekende neurotoksien (om ’n mooi gladde effek te skep). Met hierdie tegnologie kan ons die vel delikaat, tog baie effektief behandel.

Velsorgtrend 8 : Morpheus 8 vel-hermodelering
“Morpheus8 is ’n medies voorgeskrewe behandeling wat velhernuwing en verstewiging (tightening) in my praktyk gerevolusioneer het,” Die Subdermal Adipose Remodeling Device (SARD) word gebruik om die produksie van kollageen aan te moedig en om die effekte van natuurlike veroudering en sellulêre skade teen te werk.
Mikronaaldbehandeling en radiofrekwensietegnologie word hiervoor gebruik. Lyntjies, plooie, vel wat hang, aknee littekens en rekmerke word hiermee behandel.

Velsorgtrend 9 : Vel Bio-hermodelering
Dr. Wilkinson sê wat anders is omtrent hierdie behandeling, is dat die vel natuurlik gestimuleer (in plaas van geteiken) word om kollageen en elastien te produseer. ‘Gepatenteerde NAHYCO® tegnologie word gebruik om die dermale selle te hermodelleer, stywer te maak en die vel op die gesig, hande en nek te lig. Gestabiliseerde jel word stadig vrygestel wat hoogs-konsentreerde hialuriensuur bevat om die vel te hidreer en hermodeleer. Hierdie is een van die eerste ‘vullers’ wat ons in my praktyk gebruik het wat ook die nek teiken en die nek se velkwaliteit verbeter.’
