5 Warmblywenke

Hiberneerweer het aangebreek en indien jou huis ook yskoud raak tydens winter is hier 5 warmblywenke om jouself en jou huis warm, knus en meer snoesig te laat voel. Deur Justine Kroes

09/05/2025

1. Bio Ethanol Verwarmers

’n Blitsige manier om jou spasie warmer en meer knus te laat voel sonder die moeite van vuurhout, rook en kaggel skoonmaak.

Concreo & Co Medium Fire Pit 28cm (R1 099 sluit Bio-ethanol in)

Hierdie slim bio-ethanol “op die tafel staan” verwarmers werk so goed – nie net vir warm en knus bly nie maar sommer ook vir malvalekkers braai in die middel van jou leefarea! Daar is ’n klomp verskillende opsies beskikbaar, die meeste werk met Bio-ethanol.

Concreo & Co Medium Fire Pit 28cm (R1 099 sluit Bio-ethanol in)

Hoekom ons daarvan hou:

  • Dit lyk super stylvol en laat jou spasie dadelik warm en knus voel.
  • Bio-ethanol is ’n omgewingsvriendelike brandstof
  • Kan binne en buite gebruik word
  • Rook nie
  • Maklik en vinnig om te gebruik
  • Jy kan dit enige plek neersit

Hier is ’n paar op ons wenslysie:

Hofats Spin 120 Table Top Lantern – Black (R2 999 iconomy online)
Concreo & Co Medium Fire Pit 28cm (R1 099 sluit Bio-ethanol in)
Alcohol Fireplace Lamp, Indoor Small Heating Glass Atmosphere Lamp (R1 500 takealot)
Lifestyle Contemporary Geometric Steel Cut Tabletop Ethanol Burner (R989 takealot)

2. Stylvolle verwarmers

Dyson P09 Hot & Cool Formaldehyde – White & Gold (R18 999 Superbalist)

Jou verwarmer hoef nie noodwendig soos ’n seer duim in jou vertrek uit te staan nie, kies ’n ontwerp wat by jou huis se styl inpas. Verruil jou reuse ou verwarmer vir ’n moderne weergawe, een wat nie so baie spasie opneem nie, beter kragverbruik het en boonop mooi lyk in jou spasie.

Hier is ’n paar opsies:

Swan Nordic Fan Heater White 1800W (R499 Clicks)
Boden Stark Infrared Bar Heater (R899 takealot)
Xiaomi Mi Smart Tower Heater Lite White Ceramic Indoor Heater (R2 599 Makro)
De’Longhi Ceramic Fan Heater HFX30C18.AG (R799 amazon.co.za)

3. Warmsakkies

Partykeer raak dit so bibberkoud selfs die verwarmer en  ’n japon bo oor jou klere hou jou nie warm genoeg nie. Dan is ’n warmsakkie al wat jou warm hou! Hier is ’n paar opsies van mooi tot slim herlaaibare warmsakkies om oorweeg.

Babylonstoren Delft Water Bottle (R660)
Poetry Anni Mini Hot Water Bottle (R499)
Hou hande warm: Kambrook Hot Water Bottle with Pink Puch (R249 Clicks)
Electric Warm Bag Hot Water Bottle (R160 takealot)

4. Koebaai koue koffie

Hierdie is ’n warmbly truuk wat ons dink superslim is! ’n Klein toestelletjie wat op jou tuis-werk lessenaar staan om jou drankies warm te hou – hoe slim!? Sal natuurlik werk vir enige Ma ook – ons koffie is al ewig koud!

Legami Warm it up Mug Warmer (R245 takealot)
Kambrook Aspire Mug Warmer Set Blue, pink or white (R379 Clicks)
Electric Portable USB Coaster Cup Warmer Set (R400 takealot)

5. Winterlakens en beddegoed

Winterlakens bly een van die maklikste maniere om jou dadelik meer warm en snoesig te laat voel. Dit verhoed daardie yskoue gevoel wanneer jy net in die bed klim en hou jou heel aand warm.

Loer hier vir al die nuutste winterbeddegoed op ons dekor radar: Winterslaapkamer – hierdie beddegoed wil ons nóu hê

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Kies so jou volgende swemhanddoek plus die mooiste handdoeke op ons wenslysie
error: Content is protected !!