Beddegoed om die koue te verdryf en jou kamer ’n snoesige wintersgevoel te gee, van aardse skakerings tot tekstuur. Deur Suzanne Kotzé
Beddegoed met tekstuur vir ’n snoesige gevul
Hoe meer tekstuur (veral vir die winter), hoe beter. En daar is sulke mooi opsies beskikbaar op die oomblik.





Warmer, aardse skakerings is in die mode
En dalk help dit ook sommer om die koue te verdryf.






Hoe meer lae hoe beter
’n Ekstra lagie aan die onderkant van jou bed nooi jou uit vir ’n vinnige ‘lê gou onder my vir ’n boeklees of ’n middagslapie’. Enige iets van kunspels tot wol en geweefde kombersies werk veral goed vir die winter.




Strooikussings
Strooikussings is die ideale manier om tekstuur of kleur by jou beddegoed te voeg. As jy wonder hoe om jou strooikussings te rangskik en watter strooikussings vir jou grootte bed te kies, lees gerus Strooikussingswenke vir jou bed


Verruil wit vir room of beige
Of skakerings soos hawermout, amandel ens. Enige iets in die room/beige familie met ’n warmer ondertoon.Dit voel net minder koud vir die winter. En speel met tekstuur en lae.



Winterslakens
Lakens wat sê ‘brushed cotton’ word tradisioneel na verwys as winterslakens.
100% Brushed Cotton Winter Fitted Sheet (R199-R299, Mr Price Home)
Simon BakerBrushed Cotton Flannel Winter Sheet Set (R1 023.20 – R1 327,20, The Bedroom Shop Online)