Dit is nie almal wat 6 uur in die oggend so sprankelend soos Zoë Brown voor die TV-kameras kan lyk nie. Hier is haar beste velsorgwenke. Wie weet, dalk kan ons ook so sprankel soos die Expresso aanbieder. Deur Suzanne Kotzé
Zoë Brown se 6 beste velsorgwenke
1. Bêre jou handdoek
Wanneer jy jou gesig was, moet nie jou handdoek gebruik om jou gesig af te droog nie. Gebruik eerder ’n sagte moeselien lappie. Eeek! Onthou dat jy jou hele lyf gewoonlik met daardie handoek afdroog; jy wil nie jou gesig met dieselfde handdoek as jou voete af droog nie!.

Ek gebruik SKOON Bamboo Muslin Cloth (R99) en jy kan dit ook gebruik om jou gesig te was.
2. Hou jou skoonheidsroetine eenvoudig.
Te veel produkte en ’n mens raak te lui om dit ordentlik te doen. Ek was my gesig net in die aande. In die oggende hou ek my roetine eenvoudig ,want ek staan elke oggend half-vier op! My elkedagse produkte is ’n serum (ek gebruik tans Nivea Perfect & Radiant Luminous630 Anti Dark Mark Serum) en ’n dag-, nag- en oogroom.
3. Wat binne in jou lyf aangaan is belangrik

Dis net so belangrik om die fokus te plaas op wat binne-in jou lyf aangaan. Ek drink elke oggend my SKOON! Beauty Smoothie! Dit bevat kollageen en probiotika wat goed is vir die gesondheid van jou ingewande en dit is baie maklik en eenvoudig om elke oggend te drink. Ek gooi dit in my glas lemoensap saam met ontbyt.
Lees ook: Alles in een skoonheidskommel
4. Sonskerm is ’n moet
Gebruik ’n goeie sonskerm! Somer en winter! Ek gebruik elke oggend Heliocare SPF 50.
5. Verwyder altyd jou grimering voor slaaptyd
Ek gaan slaap nooit met grimering aan my gesig nie. Aande wanneer ek verskriklik moeg is, gebruik ek Misselwater en katoen om my gesig skoon te vee.
6. ’n Gesigbehandeling elke ses weke
As jy dit kan bekostig, gaan elke 6 weke vir ’n gesigbehandeling. Ongelukkig laat my skedule dit nie altyd toe nie, so op die oomblik gaan ek nie so gereeld soos wat ek wil nie!