Rachel van Friends
Rachel van Friends

Hare-obsessie: Rachel van Friends

Hoekom is Rachel van Friends se hare 17 jaar nadat Friends opgehou het steeds so ikonies? Na die Friends Reunion het ons al die Friends reekse weer gekyk en is van vooraf verlief op Jennifer Aniston se hare in die reeks. En ja haarstiliste kry ook steeds gereeld versoeke hiervoor en verklap hoekom die ‘Rachel-style’ so gewild is. Deur Suzanne Kotzé

Rachel van Friends se haarkleur

Terwyl die meeste van ons gedurende die noughties ‘Zebra-ligstrepies’ gehad het, het Rachel Green, ja okay, Jennifer Aniston, met die blinkste, natuurlike haarstyl (wat vandag super in is) gespog. 

“Die geheim agter haarkleur was nog altyd, minder is meer.”

Wessel Gerber van Vat dit Kop Toe

“Gewoonlik was dit bitter fyn ligstrepies met goue toner sodat dit lyk asof die kleur haar eie is. Dit is iets wat ek ook baie self doen en mens noem dit lived in blonde. In plaas daarvan om elke keer in al haar hare ligstrepies te sit, word dit om haar gesig gedoen. Dit word gesigomraming (face framing) genoem. Met hierdie tipe kleurtegnieke kan haarkleur gestrek word en sy lyk steeds perfek,” sê Wessel Gerber van Vat dit Kop Toe, Kaapstad.

Hoekom is Rachel van Friends, of eerder Jennifer Aniston, so ’n ‘haar-ikoon’?

“Jennifer Aniston is ’n vrou wat natuurlike hare en grimering dra en dit laat haar plat op die aarde lyk. Daarom volg so baie vroue haar styl, wat al vir jare lank saamkom, na. Haar styl lyk ook ewe goed by enige uitrusting; van jeans tot ’n aandrok.” Francois van der Walt, Tosca Salon, Tygervallei.

Rachel se style deur die jare (en reekse) 

Soos ons Rachel van Friends leer ken het

Baie lae en volume is hoe ons Rachel leer ken het in die eerste seisoen van Friends.

Dïe “Rachel” van seisoen twee

Nadat haarstilis Chris McMillian hierdie snit met woelige (choppy ) lae en groter ligstrepies geskep het, was dit so gewild dat dit bekend was as “The Rachel”. So het duisende vroue wat salonne toe gestroom het, vir die styl gevra. Jennifer Aniston was glo aanvanklik mal daaroor, maar het later erg gesukkel om dit self te stileer en onderhou. Tydens ’n radio-onderhoud in later jare het sy selfs gesê dat sy eerder sou kies om haar hare af te skeer as om weer die styl te hê.

1997. Foto Shutterstock

“Die kleurtegniek wat hier gebruik is, is baba-ligstrepies (baby-lights). Haar hare is in lae geknip,” vertel Charles Junior Louw van Hashtag Colour Lounge, Kaapstad. 

1999 Foto Shutterstock

Baba-ligstrepies is afgewissel met swartkam foelie. Hierdie is ’n topdeck voorkoms, want haar onderste hare is donker. Sy het ’n fyn money piece en haar haarstyl is lank, met tekstuur en lae. Charles Junior Louw. 

2000 Foto: Shutterstock

Baba-ligstrepies word afgewissel met lang stukke kleur. Die styl is ’n lang styl met lae. Hierdie is een van my gunsteling voorkomste,” sê Charles Junior Louw. 

Die ‘Rachel’ bob

Desember 2000 Foto: Shutterstock
Januarie 2001 Foto: Shutterstock

“Haar haarkleur gaan van donker na lig (dit word bleeding of smudging) genoem met ’n money piece voor. Die snit van beide is dieselfde.” Charles Junior Louw. 

“Die klassieke bob sal nooit uit die mode gaan nie en wys hoe veelsydig Jennifer Aniston se voorkoms kan wees.”

Francois van der Walt, Tosca Salon, Tygervallei.

Die bob kan reguit gedra word of gekrul word in sagte strandgolwe. Laasgenoemde gee meer ‘edge’ aan jou voorkoms.” So sê Francois van Tosca Salon, Tygervallei. 

2002 Foto: Shutterstock

“Snit en kuif met tekstuur. Baba-ligstrepies is afgewissel met fyn stroke kleur met ’n skadu-wortel. Hierdie is van van my gunstelinge,” sê Charles Junior Louw. 

Hierdie is ook Wessel se gunsteling-voorkoms. “Dié was die grootste risiko-styl omdat Jennifer van nature reguit hare het. Die kleur en snit met haar langer hare en die sagte geveerde voorste lae skep sagte en natuurlike beweging. Dit werk baie goed saam met haar lived-in blonde voorkoms.  Hierdie is die regte vermenging van tekstuur, snit en kleur.”

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

  1. so pragtig. Gee asb. advies vir dames in die 50 tot 65 ouderdomsgroep vir haarstyle en grimering

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
bad
Pamperlangbad met van ons gunsteling nuwe badprodukte
error: Content is protected !!