skoon skinside out
skoon skinside out

Alles in een skoonheidskommel

Mens kan deesdae nie tredhou met die verskillende vitamienes wat jy vir jou gesondheid en vel moet neem nie; hierdie alles-in-een skoonheidskommel maak dit maklik. Een keer se drink en jy is klaar. Deur Suzanne Kotzé

Nadat ek seker gemaak het my kinders kry al hulle multi-vitamiene en aanvullings in, is ek gewoonlik so laat dat ek heeltemal van my eie aanvullings vergeet. Ek wil al hoe lank kollageen probeer vir my vel se elastisiteit, maar ek kom net nie so vêr om die potjie wat al ’n jaar lank staan (en seker nou al verval het) oop te maak nie. 

Alles in een skoonheid-skommel

Skoon het vir my hulle nuwe SK!NSIDE OUT – ELASTICITY (R549 vir 10 sakkies, R1295, 50 vir 30 sakkies, faitful to nature) gestuur en eindelik het ek ook kollageen begin drink. Ek kan nou nie juis sê my plooie lyk minder nie, maar my vel (wat so ’n ruk gelede baie droog en styf gevoel het) voel meer gehidreerd. Hierdie Elasticity weergawe is spesifiek vir ‘meer volwasse’ vel-tipes bedoel. Jy kry ook SK!NSIDE OUT – Sensitivy en SK!NSIDE OUT – Breakouts (beide is R549 vir 10 sakkies). 

Wat is in hierdie skoonheidskommel?

Mariene kollageen (gemaak van volhoubare bronne) wat help om die boublokke te vorm vir nuwe kollageen en elastien en help ook met die sintese van nuwe kollageen en elastien en hialuroonsuur. 

10 anti-oksidante; waaronder druiwesaad, groentee, resveratrol en borrie val. Borrie-ekstrak help glo met pofferigheid en irritasie. (As dit maar gehelp het met my lyf se pofferigheid en my siel se irritasie sou dit wonderlik wees.)

Vitamiene en minerale – Vitamiene, A, B1, B2, B3, B5, B6, C, D, E, K2, koper, magnesium, sink en nog baie meer.

6 verskillende soorte pro-biotika

Hoe drink mens dit?

Die poeier van een sakkie opgelos in water, of in jou gewone ‘smoothie’. Ek en Justine het altwee gekies om die ‘smoothie’/skommel roete te volg, want dan kry jy sommer jou ontbyt en aanvullings in een glas. Die geur van die Elasticity smoothie is mango en framboos. Dit is reeds taamlik soet. Ons het dit saam met pynappel, bloubessies, basilikruid en ys gemeng. Ons het eers te veel pynappel en bloubessies bygesit wat dit te soet gemaak het. Daarna het ons meer basilikruid en minder vrugte bygesit en dit was heerlik. 

Lees ook Gesonde eetgewoontes

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
line sketch breërand sonhoed
’n Breërand-sonhoed is ’n moet
error: Content is protected !!