Haarstrikke en serpies bly van ons gunsteling maniere om jou haarstyl in ’n japtrap van saai na fraai om te tower. Hier is ’n paar gunstelinge, wat nou in die winkels is. Deur Suzanne Kotzé
25/03/2022
Haarstrikke en serpies op ons wenlysies
H&M haarstrikke (R129 elk)
Nee jy sal nie soos ’n skooldogter lyk met dié twee strikke nie. Behalwe dalk as jy jou hare in twee vlegsels of boksterte dra. Min tyd? Dra dít in jou bokstert. Het jou uitrusting ’n opkikkering nodig? Dra jou hare half-op-half-af met dié strik.
Onthou, kies kleure wat kontrasteer. Met my blonde hare dra ek graag swart, terwyl ligte kleure mooi kontrasteer met Justine se donker hare.
Scarf Scrunchie Hairband (R129, Woolworths)
Hierdie scrunchie-styl haarband sal enige uitrusting meer glansryk laat lyk. Met hierdie serpie in jou hare, ’n groot sonbril en rooi lipstiffie en daar gaan jy, glansryk by die deur uit.
Daisy Hair Claw in Kelly Green (R119, Cotton On)
Jy wil graag die allergewilde Kelly Green skakering dra, maar weet nie hoe nie? Hier is jou antwoord! En die helder kleur sal ewe mooi in donker, vaal of ligte hare lyk!
Oversized Bow (R39,99, Mr Price)
Moet asseblief net nie hierdie strik saam met ’n ‘bubble’ dra nie! Tensy jy soos jou onnie uit die tagtigs wil lyk. En dink jeans, tekkies en wit T-hemp hiermee saam. Rokke en enigiets met valletjies hierby kan te maklik ‘tannie’ lyk.
Sunset Scarf (R1600, Mantua Silkwear beskikbaar by Purr)
Daar is min materiale wat so luuks voel soos sy. Hierdie serpie sal ewe mooi lyk om jou arm gedraai, om jou handsak of op jou hoed. En dit sal perfek werk saam met die 1970’s mode-trend wat groot nuus is vir die winter. Dit is 110 x 110cm, wat ’n lekker groot serp is. Jy kan dit ewe goed ook om jou nek dra.
Kaleidoscope Scarf (R499, Mantua Silkwear beskikbaar by Purr) Hierdie serpie is ’n katoen en sy vermenging en daarom is dit ook goedkoper as die suiwer syserp). Hoe mooi is hierdie ontwerp! Die grootte is 65×65 cm