winterhoede
winterhoede

Winterhoede wil ons dra

Die koue is amptelik hier en ons is winkels toe om die allermooiste winterhoede op te spoor. Hier is ons gunstelinge plus ‘n paar handige hoed dra wenke. Deur Justine Kroes

Hoed-dra wenke

  1. As jy donker hare het, kies eerder ’n hoed in ’n ligter kleur om seker te maak die hoed staan behoorlik uit. As jou hare ligter is, kies dan ’n donkerder hoed.
  2. As jy ’n donkerkleurige hoed dra – maak seker jy dra ’n tikkie ekstra verbloemer onder jou oë, die skaduwee van die hoed se rand kan jou donker kringe meer opsigtelik laat lyk.
  3. Jou hoed is jou beste maat op dae wanneer jy laat is en eintlik gister al moes hare gewas het, kies een wat hard saam met jou klerekas gaan werk.
  4. Wees selfversekerd wanneer jy jou hoed dra, te veel regtrek en op en afhaal sal weggee dat jy twyfel oor jou stylkeuse. Sit jou hoed op en vergeet van hom!

Emmerstyl-bolhoed (bucket hat)

winterhoede

Bucket oftewel emmerstyl hoede leef voort vir die winter, hierdie somertrend is nou beslis ’n moet-hê item vir die winter ook. Dra dit in pastel kleure (R60 Mr Price Fashion) of ’n wollerige (snoesige!) teddystyl soos hierdie een van Foschini (R220) vir die winter.

Baret

Uit is die destydse swart en rooi barets soos ons hulle leer ken het. Kies eerder ’n aardse kleur of ’n pastelkleur vir ’n modieuse manier om die hoed te dra. Ons hou veral van die sagte wol barette van Poetry (R225 elk).

Blinkerbaret

Deesdae is dit heeltemal aanvaarbaar om jou skitterende blinkers (sequins) helder oordag te dra – ons sien sommer al hoe stileer ons die baret met ons gunsteling paar jeans, wit T-hemp en tekkies. ’n Tikkie glans by ’n doodgewone uitrusting is altyd ’n goeie idee. Ons hou van die swart en roosgoud blinkerbaret-hoedjies van Foschini (R220 elk)

Klokhoedjie

Ons was heel verbaas oor hoe gemaklik die klokhoedjies van Poetry (R250) sit. Ons het na ’n tydjie skoon vergeet van die hoede op ons kop. Stylvol, sag, warm en gemaklik – die perfekte winterhoed.

Fedora-styl winterhoed

’n Fedora-styl hoed in luukse winterteksture bly een van ons gunsteling hoedstyle. Die grys (R299) en wynrooi (R299) hoede van Foschini stel nie teleur nie!

Mussie

Die Beanie is beslis die hoed wat ons albei die meeste dra, op koue wintersoggende om die school run meer hanteerbaar te maak. Of selfs net op yskoue lui dae wanneer die idee van nat hare of hare was ons dadelik laat gryp na ons gunsteling mussie! Die pompom-mussies van Poetry (R225 elk) is soveel pret!

Lees ook: Unieke tekkies wat ons nou wil dra!

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Plaaslike winterkopies
Plaaslike winter-modekopies
error: Content is protected !!