Foto; Witchery

Selfoonbykomstighede

Jy mag dalk dink dit is vreemd – maar ons is gaande oor die nuwe trend, van selfoonhangertjies tot handige selfoonbandjies en selfoonslingersakke. Trendy selfoonbykomstighede wat sal verseker dat ons nie weer ons fone op vreemde plekke agterlaat nie. Hier is ’n paar gunstelinge op ons wenslysie; Deur Justine Kroes

Selfoonjuwele

Die 90’s geïnspireerde selfoonhangertjie/-toutjie lyk nie net mooi nie maar is handig om aan vas te hou of om jou arm te draai sodat jou foon nie (soos ons s’n) alewig op die vloer beland nie.

Cheekababy 90’s Chaos Phone Strap (R200 EGG)

Cheekababy het kleurvolle style om van te kus en keur, jy kan selfs jou eie ontwerp saamstel en die letters van jou naam op jou foonhangertjie bywerk (perfekte geskenkidee vir ’n vriendin!).

Spel jou naam – kontak Cheekababy direk op Instagram

As kleurvol nie vir jou is nie, kyk net hoe mooi is die faux pêrelstring. Ons dra sommer enige dag ons fone so rondom ons nek. Die “royal highness” Pearl Phone Strap, soos al die ander Cheekababy items, is beskikbaar in langer of korter “wristlet” ontwerpe wat jy rondom jou pols kan draai.

Cheekababy faux pêrelstring (bestel op Instagram)

Selfoonhouer met slingerband

Die handige selfoonhouer beskerm nie net jou foon nie, maar het ’n gedeelte waaraan jy ’n tou/koord kan heg om jou selfoon in ’n “crossbody” mode-item te verander. Handig, modieus en nou sal jy altyd weet waar jou foon is.

Daar is verskeie ontwerpe en skakerings beskikbaar, die geel en koraal skakerings het beslis ons oë gevang.

Zac + Grays Signature iPhone Case (Vanaf R490)
Zac + Grays Signature iPhone Case (Vanaf R490)
Phone Cover with Neck Strap (R40 Mr Price)

Selfoongreep (Grip)

Hierdie slim uitvindsel plak eenvoudig aan die agterkant van jou selfoon vas. Een van my gunstelinge, ek laat val nie sommer my foon hiermee nie, en dit maak dit makliker om my foon in my hand rond te dra. Jy kan ook die meeste van hierdie “grips” gebruik om jou selfoon regop te laat staan vir video-oproepe en vergaderings.

Hier is ’n paar gunstelinge wat ons raakgesien het:

Phone Grip (R20 Mr Price)
Hey Casey Go Grips (R159)
My Price Phone Grip (R29,99)

Slinger-selfoonsakke

Dit is beslis een van die bevrydendste gevoelens om ’n klein slinger-(crossbody/sling) sak rond te dra. En om te besef ons het nie reuse handsakke nodig met allerhande onnodighede in nie. Met hierdie stylhandsak weet ons sommer dit sal wonderlik wees om ons hande-vry te hou vir wanneer ons inkopies doen en takies moet verrig. Meet het selfs plek vir jou bankkaarte en dalk ’n lipstiffie ook!

Hier is ’n klompie gunstelinge;

Witchery Elle Mini Bag (R599)
Se.rene Leather gold studded cellphone bag (R1100)
Double Zip Crossbody Bag (R299 Woolworths)

Selfoonliggies

Ons almal weet beligting maak vir die perfekte foto! Probeer een van die sakpas “selfie”-liggies om daardie perfekte foto te neem.

Mr P & CO Cellphone Selfie Light (R25)
Mr P & Co Cellphone Selfie Light (R40)

Lees ook: #youcansitwithus

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Chanel celebrity
Wat beteken dit om bekend te wees?
error: Content is protected !!