Ons weet nie van julle nie, maar ons leef op hierdie stadium in gemaklike tekkies by ons jeans, rokke selfs rompe! Hoewel wit tekkies by baie kledingstukke pas, is dit dalk die moeite werd om nou en dan iets buite jou gemaksone te probeer – kyk net hoe mooi is hierdie unieke tekkies wat ons graag nou wil dra. Deur Justine Kroes.
Pastel skakerings
Pastel-gingham
Gingham en pastel skakerings is tans groot nuus. Die tendens is om sommer ’n klomp pastel skakerings saam te dra Selfs Rolanda Marais is ’n aanhanger van dié paar – kyk net hoe mooi lyk hul aan haar voete hier.
’n Sakpaskopie wat jou sommer vinnig in ’n beter bui sal kry wanneer jy dit aantrek! Mr Price Lace Up Sneaker (R199,99)
Tie-dye tekkies
Die kanniedood tie-dye-trend is steeds hier om te bly, ons hou veral van die subtiele pastelle van knoop-en-doop-kuns op hierdie paar tekkies. Dra dit by ’n monokrome uitrusting of selfs saam met ’n kop tot tone pastel-uitrusting. Mr Price Tie Dye High Top Sneaker (R199,99)
Tikkies van neon
As jy nie van pastel-skakerings hou nie, is helder neon-skakerings dalk eerder vir jou geskik? Die lekker deel daarvan om ’n skoen in ’n helder kleur te dra is, dit hoef nie noodwendig jou “kleur” te wees nie. Omdat jy dit so ver weg van jou gesig af dra, kan jy uitspattig wees met jou kleurkeuses en -kombinasies.
Prettige tekkies
Kyk net hoe prettig is hierdie paar neon tekkies van The Fix, die skakerings werk so goed saam. Ons gunsteling ding is natuurlik die deursigtige gedeelte aan die voorpunt van die skoen. Ons weet sommer as ons hierdie skoen gaan aantrek sal dit dadelik ’n grou en grys winterdag ophelder. Bonus, dit is sakpas genoeg vir ’n seisoenale trends kopie! The Fix Women’s multicolour Chunky Sneaker (R349,99)
Luiperd-motief mooi
Dié paar laat ons ‘tekkieharte’ bokspring! Hierdie neonpienk en oranje saam met die luiperdmotief voel nie oorweldigend besig nie, dalk omdat die grootste gedeelte van die skoen wit is. ’n Goeie kopie vir iemand wat skrikkerig is om die neon trend aan te pak.
Die neutrale wit-en-luiperdmotief sal by die meeste uitrustings pas, jeans, T-hemp en jas of jou gunsteling winter truirok. Adidas SL Andridge orange and screaming pink sneakers (R1899 Superbalist).
Bonkige tekkies bly groot nuus:
Vanjaar bly bonkige skoene met amper trekkerband-styl sole ’n mode moet-hê item.
As swart jou gunsteling is…
As jy graag swart tekkies dra, kies dalk vanjaar ’n bonkige paar soos hierdie van The Fix, die wit en swart en mooi teksture lyk so stylvol saam. Ek sal dit maklik by ’n swart wintersrok en swart sykouse dra vir ’n luukse, maar steeds gemaklike voorkoms.
Women’s Black Vintage Sneaker with Animal Print Detail (R349,99)
Neutraal maar nie vaal!
Hierdie neutrale tekkie (Chunky Hiker Sneaker (R249,99) van Mr Price is gemaak om by enige kledingstuk te pas, denim-, midi-, mini- of self maksirokke vol patrone hierby sal mooi lyk.
Beslis ’n bonkige skoen van formaat, die ikoniese trekkerband sole stel nie teleur nie. Sal jy dit dra?