naaldwerkkamer
naaldwerkkamer

Wenke vir ’n netjiese naaldwerkkamer

Is jou naaldwerkkamer of -hoekie ‘n deurmekaar en ongeordende spasie vol lappe, patrone en spelde wat oral rondlê? Ons veroordeel jou nie, want dit gebeur maklik! Ons het by Natascha Mostert van Orden aangeklop vir raad vir ’n netjiese naaldwerkkamer. Verwerk deur Suzanne Kotzé.

22/07/2022

’n Naaldwerkkamer moet reg werk

Pinterest inspirasie
Maak gebruik van vertikale spasie. Foto: Pinterest
Foto: Pinterest

’n Deurmekaar naaldwerkkamer is onooglik en glad nie effektief nie. ‘n Naaldwerkkamer moet reg werk! Orden het by vriendin Annalizé Blake ingeloer. Sy werk gereeld met lap en het haar naaldwerkspasie georden met behulp van roomysbakke, plastiese botteltjies en houers wat by enige plastiekwinkel beskikbaar is. Saam deel hulle die volgende inligting.

Deesdae is daar ’n verskeidenheid houers beskikbaar om mee te organiseer, maar kry jou spasie se uitleg reg. Raak ontslae van jou ongemaklike stoel en belê in een wat ergonomies vir jou werk. Dit mag dalk na ’n groot uitgawe lyk, maar so maak jy einlik ’n belegging in jou gesondheid.

Of maak gebruik van ’n rak met laaitjies om gebruiksitems soos skêre, maatbande en ander naaldwerkgereedskap byderhand te hou.

Hoe gemaak met linte, rekke en ritssluiters?

linte-en-gare
  • Deursigtige plastiese botteltjies of pilhouertjies kan gebruik word om items soos knope en garing in te groepeer. Dit is uiters bekostigbaar en so veeldoelig. Loer gerus by Store & More vir sulke plastiek houertjies.
  • Groot glasbottels werk net so goed om ’n verskeidenheid items te groepeer. Stal dit uit op ‘n rak – dit lyk ook sommer mooi!
  • ’n Skoenboks of ’n roomysbak is ideaal om linte, rolletjes Washi tape en versierings bymekaar te hou. 
  • Om gekoekte linte te voorkom kan ’n leë foelierolletjie gebruik word om linte om te draai. Gebruik dan ’n kopspeld om die linte in plek te hou. 
Hieride handige houer, Tray 15 Hobby is van Store & More

Help, die garing is gekoek!

Nog ’n uiters bekostigbare oplossing is vierkantige roomysbakke. Stoor ritsluiters en gare volgens kleur in ’n roomyshouer en merk met ’n etiket. Pak kategorieë bymekaar en sorteer dan volgens kleur soos byvoorbeeld “Gare: Pers”

Hoe om lappe te organiseer

Skaf lekker groot, deursigtige houers aan vir lappe en groepeer. Hier het Annalize byvoorbeeld een houer gebruik vir “Netting, Organza & Facing”. Groepeer materiale saam soos dit vir jou werk. Jy kan ook byvoorbeeld lap volgens kleur organiseer.

Slim wenk vir breipenne

Hierdie rolletje vir breipenne is een van ons gunstelinge. Met ’n stukkie lap en ’n bietjie kreatiwiteit kan jy sommer in ’n japtrap so ’n rolletjie stik. So kan jy breipenne van klein na groot organiseer.

En onthou die goue reël – om iets te bêre waar jy dit gekry het!

Stylvolle fondse om jou naaldwekkamer netjies te hou

Van hierdie oulike organisasie-houers maak ons amper lus om self te begin naaldwerk doen!

60 Spools Foldable Wooden Sewing Embroidery Thread Holder Rack Organizer (, takealot.com)
Umbra Spindle Storage Box 19cm (R699, @home)
Beadalon – Stack Drawers (, doodels-cafe.co.za)
Best Craft Organizer – Ribbon Storage (doodles-cafe.co.za)
Totally-Tiffany – Stamp & Supply Stadium – 4 Level ( doodles-cafe.co.za)
We R Memory Keepers – Craft Caddy Translucent Plastic Storage doodels-cafe.co.za)

Besoek gerus www.orden.co.za of volg Orden op Instagram of Facebook.

Lees ook: Orden jou kunshoekie so

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
glansryke kerstafel
Glansryke Kerstafel met tikkies pienk en goud
error: Content is protected !!