tuingoeter
tuingoeter
Foto: Gardening.co.za

Mooiste tuingoeters

Ons het onlangs op die oulikste by- en insekhotelle afgekom, en van daar af het ons wenslysie vir tuingoeters net gegroei en gegroei. Loer hier na slim planne met by-hotelle, die mooiste voël-voerders, -baddens en tuingereedskap op ons stylvolle tuingoeters lysie.  Ai, as ons maar net vir onsself groen vingers kon koop! Deur Justine Kroes

28/10/2022

Vir die voëls

Verby is die dae van reuse voëlbaddens wat jou tuin oorneem – kyk hoe slim is die klein en moderne ontwerpe:

Voëlbaddens

Eva Solo Hanging Bird Bath (R829 yuppiechef.com)
Trixie Water Bowl (500ml R281 Vivapets.co.za)

Voerders

Eva Solo Bird Feeder (R839)

’n Handgeblaasde glas kos-balbakkie vir voëls wat aan ’n takkie opgehang kan word – die beste gedeelte, die voëltjie kan reg rondom sien terwyl hy stylvol sit en eet. Hierdie is vir spesiaal vir klein voëltjies bedoel.

Eva Solo Bird Feeder Tube (R699 yuppiechef.com)

So ’n slim ontwerp – die voerder word aan ’n draad gehang en die klein opening aan die onderkant maak dit aanloklik vir ’n klein voëltjie om gemaklik te sit en eet. Hierdie hervulbare voerder kan in die skottelgoedwasser skoongemaak word!

Gawk Ubuntu Chirp ‘n Burp Birdfeeder (R520  made by artisans)
Birds garden Suet Feeder Large (R185)

Eva Solo Wall Mounted Bird Feeder (R819 yuppiechef.com)

’n Keramiek voerder wat stewig teen jou muur sit – maklik om te hervul, stylvol en modern.

Voëlhuisies

Eva Solo Bird Shelter (R729 yuppiechef.com)

Gemaak uit porselein (bokant) en geweefde gras (onderkant) – hou voëltjies droog gedurende die winter en koel tydens somer.

H&S Wood Birdhouse (R399 Superbalist)

By- en insekhotelle, wat presies is dit?

Het jy geweet daar is ’n verskil tussen heuningbye en enkel- (solitary) bye? Heuningbye bly in groot byekorwe waar hul heuning produseer en ook hul koningin beskerm. “Solitary” bye leef op hul eie, op die grond of op sekere bome. Die enkelby is ook minder aggressief as heuningbye omdat hulle nie heuning en ’n koningin het om te beskerm nie – dus is hulle veiliger rondom kinders en diere. Hulle dien as fantastiese bestuiwers en verseker dat plantgemeenskappe gesond bly.

Hierdie enkelbye benodig dan ’n droë veilige tonneltjie om te rus en eiers te lê – en hier is waar die by-hotel die perfekte oplossing is vir die enkelby se voortbestaan. Die by-hotelle dien as ’n veilige hawe vir die enkelby.

Loer hier na ’n paar oulikes:

Gardena Click Up Insect Bee Hotel (R859 beskikbaar op www.gardening.co.za)

Fotos: Gardening.co.za

Butterfly and Bee Hotel (R450 Babylonstoren)

Bee Hotels van www.beehotels.co.za (Pryse vanaf R150)

H&S Insect Hotel (R199 Superbalist)

Tuinmaak, kniel en sit sit so;

Spesiaal ontwikkel vir die van ons wat graag tuinmaak maar wat sukkel met ’n seer rug en knieë – slim stoeltjies waarop jy kan sit terwyl jy tuinmaak en dan weer kan omswaai as jy moet kniel om daardie knieë van jou te spaar. Daar is ook slim stoorplekkies vir al jou nodige tuingereedskap.

Garden Kneeler /Stool/ Standing Aid (R699 takealot)

Garden Kneeler (R595 takealot)

Gardening Tool Storage Tote Folding Stool (R649)

Slim planne met water

Die mooiste waterkannetjies maak tuinnatmaak soveel lekkerder:

Yuppiechef Good Roots Watering Can 4,5L (R379) beskikbaar in vier skakerings
Umbra Quench Stainless Steel Watering Can 1L (R839 yupiechef.com)
Sixth Floor Garden Watering Can Blue (R629)

Reënmeter

Weg met daardie ou songebleikte groen of pers reënmeter – en in met ’n stylvolle plaasvervanger:

Eva Solo Rain Gauge (R1639 yuppiechef.com)

Die rypbestande glas en metaal reënmeter is 116cm hoog en kan in jou skottelgoedwasser gewas word soos nodig!

Mooi en handige handskoene

Tuinhandskoene is prakties, ja ons weet – maar dit kan netsowel mooi ook wees:

Towa Premier Medium Gardening Gloves Set of 2 (R169 yuppiechef.com)

Leroy Merlin Planting Gloves Woman’s Water-Resistant Gloves (R74,90)

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Badkamer-trends en inspirasie
error: Content is protected !!