Al ooit gewonder oor wenkbroulaminering (brow lamination), wat presies dit is en hoe dit werk? Ons het vir ’n wenkbrou spesialis van Thread and Shape in Kaapstad gevra om vir ons meer te leer oor wenkbroulaminering, hoekom jy dit moet oorweeg, en hoe die proses werk. Al wat ons kan sê is, ons kan nie wag om dit self te toets nie. Saamgestel deur Justine Kroes
19/07/2023
Wat presies is wenkbroulaminering?
Firzana Galsooker van die salon Thread and Shape verduidelik “’n Wenkbroulaminering is ’n innoverende kosmetiese prosedure waar wenkbrouhare geset en op hul plek gehou word deur ’n chemiese bestanddeel op wenkbroue aan te wend. Die resultaat is ’n semi-permanente oplossing vir wenkbroue om voller, netjies en versorgd te lyk sonder elke dag se moeite.
Firzana sê, die behandeling het in Rusland ontstaan en daarna in Europa gewild geraak en is tans een van die gewildste wenkbroubehandelings beskikbaar. Dink aan wenkbrouhare wat meer reguit en vertikaal lê (en al daardie leë spasies/gapings vul).
Hierdie behandeling werk byna nes jou wenkbroujel, net beter!
Firzana, Thread & Shape
Vir wie is ’n wenkbroulaminering geskik?
Enige iemand kan die wenkbroulaminering metode probeer, dit is veral geskik vir dames wat sukkel om daardie hardkoppige, moeilike wenkbrouhaartjies te tem.
Die behandeling is ook wonderlik vir dames wie se wenkbrouhaartjies in verskillende rigtings beweeg en lê.
Gebruik hierdie wenkbroubehandeling om daardie gewenste perfekte simmetriese wenkbroue te skep. Ons almal weet nou al – g’n twee wenkbroue is identities nie.
Firzana verduidelik – die “brow lamination” metode is ook perfek vir dames wat voller en netjiese wenkbroue wil hê sonder die gebruik van naalde soos die tatoeëermerk metode (microblading).
As jy moontlik sukkel met ’n sensitiewe gesigvel of ekseem sal ek aanraai dat jy liewer nie die behandeling probeer nie. Net soos die gebruik van enige chemikalieë moontlik vel kan uitdroog – so kan die middel wat gebruik word vir wenkbroulaminering ook moontlik sensitiewe velle uitdroog sê Firzana.
Die behandeling is pynloos en is ’n nie-indringende (non invasive) behandeling wat ’n reuse verskil maak aan jou wenkbroue op ’n begroting.
Hoe werk die proses van begin tot einde?
Daar word eerste ’n spesiale room op die wenkbroue aangewend. Hierdie room laat dit toe om hare te hervorm (reshape) en jou netjiese gewenste wenkbrouvorm te skep.
Hierna word ’n “neutraliseerder” room aangewend wat seker maak die haartjies se vorm bly nou soos jy dit gevorm het. Daar word daarna ’n olie aangewend om die hare en vel te hidreer.
Jy kan dan hierna steeds voortgaan met ’n wenkbrouwaks, threading en so ook wenkbroue tint of kleur.
Die behandeling hoort tussen vier tot ses weke te hou afhangend van jou wenkbrouhare (almal s’n verskil, nes die hare op ons kop!), en hoe goed jou nasorg is na die behandeling.
Hoe werk die nasorg?
Geen water of stoom op jou wenkbroue vir ’n minimum van 24 uur na die behandeling nie (72 uur sal eerste prys wees.).
Geen gebruik van aktiewe bestanddele in gesigwas nie. Vermy vir eers ’n gesigwas wat glikolsuur of salisielsuur bevat. Gebruik vir ’n rukkie sagte produkte geskik vir ’n sensitiewe vel rondom jou oog-area.
Hoe gereeld is ’n wenkbrou-laminering behandeling nodig?
Die tydlyn sal verskil van persoon tot persoon, dit sal heel moontlik afhang van hoe vining jou haargroei is en jou persoonlike voorkeur. Die behandeling hou min of meer vier tot ses weke. En jy kan daarna besluit wanneer jy weer so ’n wenkbroulaminering benodig.
Vertel ons meer van die Botox behadeling vir wenkbroue?
Brow Botox is ’n voedingsbehandeling vir jou wenkbroue wat bestaan uit bestanddele soos gehidroliseerde keratien en kollageen. Nes ’n haarsalonbehandeling vir jou hare. Die keratien-middel word aan wenkbroue aangewend en geabsorbeer wat wenkbroue sagter, gladder en voller laat lyk. Hierdie behandeling is eie aan die “Thread & Shape” salon.
Om jou eie afspraak te maak kontak vir Firzana hier. Adres The Medispa – 99 Kloof Street, Gardens, Cape Town.